• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathi Park Nuus Augustus 2022

Geagte kollega

Die laaste klompie dae het ons heerlike weer gehad hier in Pretoria. Snags raak dit koel, maar die dagtemperatuur is aangenaam. Daar kom waarskynlik nog `n vlaag koue of twee. Die ou Transvaal het al sneeu gehad op 13 September, maar die lente is aan die kom en die jagseisoen agter die rug.

Indeling van die nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

Nuwe boodskappe

  1. Jagsake

1.1 2023 Jagproklamasies Weskaap

Die Wes-Kaap wil begin met die hersien van jagproklamasies vir 2023. Cape Nature het op 22 Augustus betrokkenes en belangstellendes genooi om skriftelik kommentaar te lewer op die jagkennisgewing No 141/2021 soos gepubliseer in die Staatskoerant op 12 November 2021. Enigeen kan hierdie geleentheid benut om kommentaar te lewer op daaglikse jagkwotas en verbode jagmetodes vir spesifieke spesies in die Wes-Kaap vir 2023.

1.2 Bek-en-klouseer

Die minister van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het op 16 Augustus beheermaatreëls afgekondig om die verspreiding van Bek-en-klouseer verder te beheer deur `n algehele verbod te plaas op die vervoer van beeste. Hierdie maatreëls sal voorlopig vir 21 dae geld, maar word  weekliks hersien. Om dit makliker te maak vir lede is daar ook `n interpretasie van die regulasies hier beskikbaar.

Lede moet asseblief daarop let dat hoewel die aankondiging slegs op beeste van toepassing is, dit geensins die vervoer van wild en wildsvleis vrystel van die beperkings wat geplaas is op die beheergebiede vir Bek-en-klouseer in Limpopo en KwaZulu/Natal wat op 25 Mei 2022 afgekondig is nie. Dit bly van toepassing. Met `n kommerwekkende 122 verskillende diagnoses van die siekte sedert 13 Junie in ses provinsies, is dit vir seker `n saak wat dringende aandag verg. Die volledige verslag oor die uitbreek van Bek-en-Klouseer is hier beskikbaar.

Die Direkteur van Veterinêre Dienste van Botswana het ook `n algehele verbod op die beweeg en vervoer van alle spleethoewige diere vir Botswana bekend gemaak. Dit verbied ook die vervoer van enige spleethoewige diere, vleis en rou dierlike produkte.

1.3 Noordwes Universiteit doen navorsing oor biltongjag

Die Noordwes Universiteit se Skool vir Toerisme doen weer vanjaar `n opname oor die bydrae van biltongjag tot die ekonomie. Die resultate van die 2018 vraelys het aangedui dat die plaaslike jagbedryf bykans R13 miljard tot die ekonomie bydra. Lede word versoek om asseblief die vraelys te voltooi wat hier beskikbaar is.

.

1.4 Buffeljaggeleentheid

SA Jagters in samewerking met die SA Jagter/Hunter en Rhino Bullets bied `n geleentheid aan om gedurende die laaste week in November 2022, `n buffel in die Coutada 11 jagkonsessie in Mosambiek te jag. Alle koste is ingesluit. Meer inligting is hier beskikbaar. Kaartjies om hiervoor in aanmerking te kom, kos R100 elk. Jy kan soveel kaartjies koop soos jy wil.  

Betaal R100 of veelvoude daarvan in SA Jagters se bankrekening per EFT. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik jou Selfoonnommer en Buffel as verwysing. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Hierdie jaggeleentheid sluit in

  • Een trofee buffelbul
  • Een trofee Lichtenstein Hartbees
  • Een trofee Soenie
  • Alle reiskoste
  • Alle verblyfkoste in die jagkamp vir 7 aande
  • Taksidermie dienste

Kyk gerus na die detail beskrywing van die volledige prys by die skakel wat hierbo verskaf is.

  1. Skietsake

2.2 Browning- SA Jagters Nasionale Haelgeweer Kampioenskap 2022

Die haelgeweer streekskietgeleenthede vir die 2022 is afgehandel. Let wel haelgeweerskiet het nie tot stilstand gekom vir die jaar nie en alle streekskiete wat van nou af tot 31 Julie 2023 plaasvind se tellings kom in aanmerking vir die 2023 kompetisie.

Baie geluk aan elke skut wat gekwalifiseer het vir `n uitnodiging na die Browning SA Jagters Nasionale Haelgeweerkampioenskap op 17 September 2022 by Hippo Creek. Hou u e-pos dop vir die uitnodigings aangesien die nasionale kampioenskap berus op uitnodiging van die top 100 kwalifiserende skuts.

Haelgeweerskiet het tydens die 2022 seisoen uit sy nate begin bars met 14 streekskietgeleenthede in 10 streke waaraan 458 skuts deelgeneem het. Die tellings het ook die hoogte ingeskiet en demonstreer lede se toewyding.

Baie geluk aan die 65 skuts wat kwalifiseer vir SA Jagters se streekkleure in haelgeweerskiet. Skuts wat `n 85% telling behaal by die Nasionale Haelgeweerkampioenskap en reeds streekskleure verwerf het, sal SA Jagters se nasionale kleure vir haelgeweerskiet verwerf.

2.3 Nasionale Presidentskiet en Intertak Spanskiet

Die Nasionale Intertak Spanskietkompetisie en die Presidentskietkompetisie het op 19 en 20 Augustus 2022 plaasgevind. Die Nasionale Intertak Spanskietkompetisie is op Vrydag, 19 Augustus 2022 aangebied. Baie geluk aan die Edelvalk-tak se Swartwildebeestespan wat as wenners uit die stryd getree het; aan Safari Outdoor wat die dag geborg het; en aan die Vrystaat Sandveld-tak vir die suksesvolle aanbied van die dag. Volledige uitslae hier beskikbaar.

Die Bloemfontein-tak het die Nasionale Presidentskietkompetisie op Saterdag, 20 Augustus 2022 aangebied. Baie geluk aan die kampioene in die volgende klasse:

  • Ope klas – CCJ Bester van Edelvalk-tak. Volledige uitslae hier beskikbaar.
  • Dames klas – CJ Kilian van Brits-tak. Volledige uitslae hier beskikbaar.
  • Junior klas – FJ van Heerden van Diamant-tak. Volledige uitslae hier beskikbaar.
  • Senior klas – HH Louw van Riemland-tak. Volledige uitslae hier beskikbaar
  • 56 skuts wat nasionale platinumkleure verwerf. Volledige lys hier beskikbaar

Dankie aan die L&O Groep wat die dag geborg het aan die gasheer, Bloemfontein-tak.

Die Intertak UITDAAG Spanskietkompetisie op streekvlak vir 2022 is ook afgehandel (daar is nie `n nasionale kompetisie nie). Baie geluk aan die Vaalharts Trigger Fingers wat die hierde kompetisie gewen het. Volledige uitslae is hier beskikbaar.

2.4 Nasionale Sportskietbyeenkomste

Baie dankie aan al die sportskuts wat ons streek sportskietkompetisies ondersteun het. Kwalifiserende skuts sal hul uitnodigings na die nasionale kampioenskap in September ontvang. Die datums vir die onderskeie Nasionale kampioenskappe is soos volg:

Nasionale Junior Kompetisie (7 & 8 Oktober 2022)

  • September 2022 – Uitnodigings word uitgestuur

19 September 2022 – Inskrywings sluit

Nasionale Limited Bolt Action Kompetisie (15 Oktober 2022)

14 September 2022 – Uitnodigings word uitgestuur

26 September 2022 – Inskrywings sluit

Nasionale MDS Kompetisie (19 – 22 Oktober 2022)

21 September 2022 – Uitnodigings word uitgestuur

3 Oktober 2022 – Inskrywings sluit

Nasionale Sportskiet Kompetisie & IGRF (27-29 Oktober 2022)

21 September 2022 – Uitnodigings word uitgestuur

3 Oktober 2022 – Inskrywings sluit

Sterkte aan skuts met die finale voorbereiding. Rig enige navrae oor die sportskietkampioenskappe aan Nic Roets by (012) 808 9300  of nic@sahunt.co.za.

  1. Bewaring

3.1 Rondloper huiskatte benadeel biodiversiteit

`n Onlangs studie oor die skade wat rondloperhuiskatte in Kaapstad en die Tafelberg Nasionale Park aanrig, dui aan dat katte ongeveer 27.5 miljoen prooidiere in dié gebied vang, waarvan sowat 203 000 uit die nasionale park afkomstig is. Die gemiddelde huiskat in Kaapstad vang tussen 59 en 123 diere per jaar. Reptiele en voëls maak sowat 74% hiervan uit en word meestal snags gevang en doodgemaak. Ons wil lede bewus maak van hierdie bedreiging vir biodiversiteit en vra dat hulle help om die impak te verlig deur:

  • nie rondloperkatte te voer nie;
  • troetelkatte te steriliseer en minder katte aan te hou; en
  • troetelkatte se bewegings snags te beperk.

Meer inligting oor die navorsing is hier beskikbaar.

3.2 Bewaring van bromvoëls

SA Jagters is lid van die Bromvoëlbewaringwerkgroep wat die bewaring van hierdie spesie met ander rolspelers bespreek. Tans is daar minder as 400 broeipare in die natuur oor.

Hoewel habitatverval en die doodmaak van bromvoëls vir tradisionele gebruik die spesie bedreig, het intensiewe monitering van bromvoëls wat in die natuur hervestig is, aangedui dat dié voëls tekens toon van loodvergiftiging. In hierdie spesifieke gevalle was die bron van vergifting loodfragmente afkomstig van diere-afval wat in die veld agtergelaat is. Dit wil voorkom of bromvoëls meer sensitief is vir lood as aasvoëls. Hierdie navorsing is by die Mabula Bromvoël-projek gedoen.

Elke bromvoël-familiegroep benodig sowat 100 km². Ons vra lede se hulp om voldoende grond beskikbaar te stel waar hierdie voëls veilig en sonder blootstelling aan loodfragmente kan oorleef.

  1. Kennisgewing vir SAJWV Kongres 2022

SA Jagters se jaarlikse kongres vind op 5 November 2022 om 08:00 vanaf die kantoor van SA Jagters te Inyathipark in Pretoria plaas. Dit is `n virtuele vergadering met Zoom. Let asb. Op die volgende belangrike inligting en sperdatums:

  • 5 September 2022 is die sluitingsdatum vir die indien van beskrywingspunte.
  • 20 September 2022 is die sluitingsdatum vir indien van nominasies vir verkiesing van raadslede.
  • 20 September 2022 is die sluitingsdatum vir die registrasie van kongres afgevaardigdes.
  • Teen 5 Oktober 2022 sal die volledige stel kongresdokumente aan Takvoorsitters gestuur word om aan afgevaardigdes te versprei.
  1. Vlieg met Vuurwapens na en van Bloemfontein

SA Jagters het `n belangrike brief ontvang van Marakalalo Vuurwapens, `n koerier wat vuurwapens by die lughawe ontvang vir passasiers wat met vuurwapens vanaf en na Bloemfontein vlieg. Hierdie verskaffer vereis vier (4) dae vooraf kennisgewing om die diens te lewer. Neem asseblief kennis om betyds reëlings te tref. Lees die brief hier.



Spesiale Aanbiedings

Ons deel inligting oor `n paar nuwe verskaffers wat spesiale korting aan lede bied.

6.1 Shanin Weir

Shanin Weir druk trofeefoto’s vir jagters en vissermanne op A3-grootte hout. Lede van SA Jagters kry korting van R30 per foto.. Meer inligting is hier beskikbaar.

6.2 Humansdorp Koőperasie

In September 2022 bied Humansdorp Koöperasie 10% korting aan lede van SA Jagters op die aankoop van alle Walther lope

Herhalende boodskappe

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 43 018.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters het ingestem dat Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor is reeds voorheen per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub van SA Jagters lok steeds wye belangstelling. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

  1. Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek eindig binnekort. Daar is slegs 15 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 20 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

  1. Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop.

Bestellings: Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

  1. Buck-knipmesse

Daar is slegs 42 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadhold Skietstok
  • Die Vleishoekie Vleismark
  • Thermal Imaging Warehouse
  • Pangolin Vuurwapenkluise
  • Reloading Technologies
  • Shanin Weir Trofeefoto’s

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles