“Op die ou end sal ons net bewaar waarvoor ons lief is;
Ons sal net liefhê wat ons verstaan:
en ons sal net verstaan wat ons geleer is”
Baba Dioum, Afrika
Wat is Mentorskap?
- Mentorskap is die leiding of rigting wat ʼn mentor bied.
- ʼn Mentor bied kennis, hulp of advies aan ʼn minder ervare en dikwels jonger persoon.
- Mentors het ervaring en kundigheid waaruit ander kan leer.
- SA Jagters: ʼn kultuur van mentorskap – bv. ouers na kinders na kleinkinders
Wat is ons nalatenskap vir ons nageslag?
- Jag, vuurwapeneienaarskap en ʼn liefde vir die natuur
- Ons voorgeslagte – aangewese op vuurwapens en jag
- Die San en die Inuit – in harmonie met die natuur
- Volhoubare benutting – benut oordeelkundig en bewaar vir môre
- Kritici wil jag en vuurwapen-eienaarskap stop – “nie meer nodig vir ons voortbestaan nie”
- Verstedeliking en toenemende behoefte aan lewensmiddele bedreig ons natuurerfenis en vernietig habitat van diere en plante
- Jagters betaal vir bewaring van habitat
- Wildplase in Suid-Afrika: 20 milj hektaar – twee keer meer as provinsiale en nasionale parke saam
- Wildspesies – sedert 1960 groei getalle van 600 000 na 17 miljoen diere (nasionale parke en reservate uitgesluit)
- Jagbedryf se bydrae tot ekonomie (R15 miljard p.j. en binnelandse jagters se bydrae is R12 miljard p.j.)
- Erf passie vir skiet, jag en natuur van pa/oom/oupa as mentor
- Nie almal het hierdie voorreg gehad nie (verstedeliking, ruimte en tyd)
- Sit tradisie voort en tree op as mentor vir ander
Watter verskil kan ek maak?
- Lede met ʼn positiewe gesindheid en waardes is ideale mentors
- Benut geleenthede vir mentorskap onder vriende en familie
- Moedig lidmaatskap aan – Jou Voordele / Ons Fokus
- Verduidelik die omvattende voordele van SA Jagters
- Nooi mense uit na Takke se aktiwiteite
- Jongmense onder 16 jaar: Gebruik die junior handleiding, Mentorskap Safari
- Advies met koop van vuurwapen
- Oefen skietvaardighede
- Vergesel na eerste jag en stel voorbeeld van verantwoordelike jag en gedrag
- Gee raad oor verwerking en benutting van wildsvleis
- Fokus op persone in die 20 tot 40 jaar ouderdomsgroep wat waardering en respek vir wildlewe aan hulle kinders wil oordra.
- Jou mentorskap kan die begin wees van `n nuwe lewensstyl vir landgenote by SA Jagters.
- Elke lid kan bydra om SA Jagters se ledetal uit te brei.
- Die toekoms van vuurwapeneienaarskap, jag en bewaring in Suid-Afrika maak staat op my en jou.
SA Jagters se suksesverhaal
- Individue/jagters dra liefde vir jag en ons natuurerfenis oor na nageslag
- Ongeveer 44 000 lede by meer 82 takke landwyd bied ‘n verskeidenheid aktiwiteite uniek aan SA Jagters
- Benut die geleentheid om hierdie suksesverhaal van SA Jagters voort te sit
- Tree op as mentors en moedig ander lede aan om jou voorbeeld te volg
- Werf lede met dieselfde waardestelsel en groei SA Jagters se ledetal
Voorbeelde van mentorskap
- 50 Jagters stig die Vereniging in 1949
- Nico van Rooyen – oud President – nalatenskap vir SA Jagters
- Oom Nic van der Merwe – oud President – aktiewe betrokkenheid
- Basie Bergh – President –besoeke aan takke
- Fred Camphor – HUB – kennis oor vuurwapenwetgewing en advies aan lede met lisensiëring van vuurwapens
- Danie Momberg en kollegas – nalatenskap by Springbok-takbestuur
- Oom Lukas du Preez by Springbok-tak