Fotografie Fotokompetisie – Reëls en Inligting
Deelname aan die Vereniging se fotokompetisie neem jaarliks toe, en ons nooi weer eens alle opbetaalde lede van die Vereniging uit om aan die 2023 Amateur Fotokompetisie deel te neem.
Die doel van die kompetisie is om die fotoportefeulje van die Vereniging uit te brei. Deur in te skryf vir die SA Jagters Fotokompetise, gee lede SA Jagters toestemming om lede foto’s oor ‘n wye verskeidenheid platvorms te gebruik. Lede sal ten alle tye erking ontvang vir die gebruik van foto’s.
Die 2023 kompetisie is oop vanaf 1 Oktober 2022 tot en met 30 September 2023.
Beoordelaars sal die foto’s volgens tegniese kwalitiet en die temas van die jaar beoordeel.
Erkenning aan kwalifiserende foto’s word as volg toegeken:
-
- 60% tot 74%: Brons sertifikaat
-
- 75% tot 89%: Silwer sertifikaat
-
- 90% tot 100%: Goue sertifikaat
Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se eerste goud-, silwer- en bronssertifikate sal binnekort op hulle lidprofiel gelaai word. Lede kan via hulle tak, goud, silwer- of bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, bestel. Lede sal ook via e-pos ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat kry vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang.
Aan die einde van die jaar se fotokompetisie word ʼn wenner in elke kategorie aangewys, Fotograaf-van-die-jaar en Foto-van-die-jaar gekies.
-
- Fauna en Flora DSLR/spieëlloos *(alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
-
- Fauna en Flora slimfoon/tablet *(alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
3) Takaktiwiteite en Bewaring *(die doen en late van lede op takvlak /enige bewaringsaksies of die teenoorgestelde van bewaring, soos besoedeling en strikke in die veld)
4) Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(die gebeure op die skietbaan en gedurende kompetisies. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5) Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(mense en diere in die jagveld, wat gebeur om die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
6) Mentorskap DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(die SA Jagters Mentorskap program kan hier besigtig word en graag wil ons die foto’s ontvang wat die program uitbeeld)
Vir kategorie 1 en 2 (Fauna en Flora) kan lede in totaal 5 foto’s per maand inskryf, en vir kategorie 3, 4, 5 en 6 (Takaktiwiteite en Bewaring, Die Skietbaan, Die Jagveld, Mentorskap) kan lede in totaal 5 foto’s per maand inskryf. Dus kan lede in totaal 10 foto’s per maand inskryf soos uiteengesit.
Reëls vir die Kompetisie
-
- Die kompetisies is oop vir alle opbetaalde lede van SA Jagters maar is uitsluitlik vir amateurfotograwe (persone wat nie fotografie as ʼn beroep beoefen nie)
-
- Inskrywings is gratis.
-
- Deelnemers mag slegs foto’s inskryf wat hulleself geneem het en dus die kopiereg op die foto besit.
-
- Deur in te skryf, gee deelnemers aan SA Jagters toestemming om die foto’s onbeperk vir die Vereniging se doeleindes te gebruik, sonder vergoeding, maar met volle erkenning aan die fotograaf.
-
- Inskrywings moet een foto per e-pos ingestuur word na sahuntphoto@gmail.com met die maand waarvoor ingeskryf word, in die onderwerpslyn.
-
- BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
-
- Naam en van:
-
- SA Jagters-lidnommer:
-
- SA Jagters-tak:
-
- Selfoonnommer:
-
- E-posadres:
-
- Kategorie:
-
- Plek:
-
- Titel/beskrywing:
-
- Kamera:
-
- Lens: (lens inligting nie vir slimfone nie)
-
- BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
(Wenk: knip en plak die 10-punte lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing)
-
- BAIE BELANGRIK: Foto’s moet 300dpi, groter as 2MB en verkieslik kleiner as 10MB wees.
-
- Alle metadata moet sigbaar wees.
-
- Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees, geen volraamfoto’s nie.
-
- Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.
-
- Foto’s moet geen watermerke, handtekeninge of ander erkenningsmerke bevat nie.
-
- Beide volkleur en swart-en-wit foto’s word aanvaar maar aangesien volkleur vir meer doeleindes gebruik kan word, vra ons dat lede wat swart-en-wit foto’s inskryf ook die volkleur foto saamstuur vir die vereniging se foto portefeulje.
-
- Foto’s mag tot ‘n mate verwerk word, maar geen komponete mag bygevoeg of verwyder word nie. Die beoordeellaars behou die reg om foto’s te diskwalifiseer wat oormatig verwerk is.
-
- Dit is deelnemende lede se verantwoordelikheid om te verseker dat hulle die reëls van die kompetisie verstaan en nakom. Rig enige navrae aan sahuntphoto@gmail.com.
-
- Foto’s wat erkening onvang sal op www.sahunters.co.za en in die SA Jagters nuusbrief bekend gemaak word.
-
- Slegs fotos van inheemse fenotipiese fauna en flora in hul natuurlike habitat en fotos van verantwoordelike en volhoubare jag- en skiet- praktyke sal aanvaar word.
-
- Foto’s kan slegs een keer vir die kompetisie ingeskryf word en soortgelyke foto’s van vorige inskrywings (bv. verskillende ”crop” of uit ‘n ander hoek afgeneem) sal nie vir die kompetisie kwalifiseer nie.
-
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie in die verband sal gevoer word nie.