• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Jagsake Nuus Mei 2019

Ek vertrou dat baie lede reeds vanjaar die voorreg gehad om `n draai in die jagveld te maak en die buitelewe te geniet. Andersins maak julle sekerlik voorbereidings om binnekort te gaan jag.

Met al die opwinding wat met só `n vooruitsig gepaardgaan, herinner ek julle veral aan die verskeie virussiektes waarteen jagters voortydig voorsorgmaatreëls behoort te tref. Sekere dele van die land en streke oorkant ons grense het `n goeie reënseisoen ervaar wat die teenwoordigheid verhoog van insekte wat gevaarlike virussiektes oordra. Die doel van hierdie nuusbrief is nie om lede bang te praat nie, maar eerder om julle bewus te maak.


Eerstens: Kongo koors “Crimean-Congo haemorrhagic fever” het dusvêr vanjaar in Noord-Wes, Vrystaat en die Noord Kaap voorgekom. Kongo-koors word hoofsaaklik deur bosluise en deur liggaamweefsel van besmette persone oorgedra. Daar is nie `n teenmiddel nie en sowat 10 tot 40% van mense wat die siekte kry, sterf. Lees meer hieroor by: Maroela Media en by WHO

Tweedens: Malaria kom veral voor in die Laeveld en die oostelike kusgebiede. Lede wat na hierdie gebiede reis, word aangeraai om hulle aptekers en/of huisdokters te raadpleeg vooraf vir die korrekte profilakse teen malaria. Hou jou gesin veilig. Sien `n verspreidingskaart vir malaria hier.

Bevestigde gevalle van Slaapsiekte het veral in Zimbabwe uitgebreek. Hier is `n brief van `n beroepsjagter wat sy ondervinding met ons deel. Dit is waardevolle inligting vir enigeen wat bevoorreg is om in die Tsetsi-vlieggebiede te gaan jag.

Vierdens, Afrika-varkpes het reeds in vier provinsies uitgebreek, nl. Mpumalanga, Noord-Wes, Natal en so pas in die Vrystaat. Daar heers tans `n verbod op die vervoer van alle varke – mak en wild – in hierdie gebiede om die verspreiding van varkpes te beheer. `n Kwarantyn is ook van toepassing. Raadpleeg gerus u plaaslike boereverenigings en hou die koerante dop vir meer inligting. Die siekte is baie ernstig vir varke maar hou geen risiko in vir verbruikers van varkvleis nie. Lees meer hier.

Baie dankie aan almal wat deelneem aan die Universiteit van Pretoria se Afrika Varkpes navorsingsprojek. SA Jagters doen `n beroep op alle deelnemende grondeienaars om die nodige bloedmonsters vir ons te stuur. SA Jagters reik ook vervoerpermitte vir wilde varke uit. Lees meer hier.

Ek wens julle almal `n baie voorspoedige jagseisoen toe. Onthou daar is nog tyd om in te skryf vir ons kompetisies om `n Buffeljag– en Tiervisvang geleentheid te wen. Die sluitingsdatum vir die buffeljag is 31 Julie 2018 en 13 Augustus 2019 vir die Tiervisvang.

Groetnis
Boetie Kirchner
Bestuurder: Jagsake

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles