Die somer is hier met temperature wat reeds in sommige dele van die land diep in die dertig grade draai. Voor die einde van hierdie week stuur ons die kongresdokumentasie na Takvoorsitters ter voorbereiding vir die SA Jagters se 2018 Kongres. Dis soms ongelooflik om te ervaar hoe vinnig `n jaar verbygaan.
1. Bydraes vir die Regshulpfonds
Soos ek berig het in die tussentydse nuusbrief in September het mev. Rhonette Reid die wenner van Oom Ossie Penzhorn van Orpen Wapens en sy kleinseuns se pasmaakgeweer. Sy is nie `n lid van SA Jagters nie. Sy werk by die Polisie in Krugersdorp en `n kollega van haar het die kompetisiekaartjie vir die geweer by HuntEx gekoop en haar selfoonnommer verskaf.
2. Membership
On 30 September 2018 the membership of SA Hunters stood at 43 000 paid up members after the names of those members who did not pay their membership fees had been removed from the list.
Every member of SA Hunters who recruits ten or more ordinary members qualifies for free membership for the next year. Branches that recruit new members will receive R100 of the membership fee of the new member, other than the branch subsidy.
Please note that either the member or the Branch will receive the incentive for recruiting new members.
3. Dedicated Status
Teen die einde September 2018, het 11 518 van ons toegewyde jagters reeds voldoen aan die vereistes om die status te behou, terwyl 5 681 van hierdie lede verdere aktiwiteite moet registreer.
6 713 toegewyde sportskuts voldoen reeds aan die vereistes om die status te behou, terwyl 3 964 van hierdie lede verdere aktiwiteite moet registreer.
Ons eerste kennisgewing aan die lede wat nog nie aan die vereistes voldoen nie sal binnekort per SMS aan lede gestuur word.
4. Sportskutnuus
Skietkompetisies
Die Valschrivier-tak het die Nasionale Presidentskietkompetisie op 15 September in Kroonstad aangebied. Gideon Scheepers het die Ope klas gewen en Yvette Aggenbag het die damesklas gewen. Herman Nieuwoudt het geseëvier in die junior klas terwyl Hennie de Beer gewys het wie is baas onder die seniors.. Baie geluk aan hierdie skuts met die prestasie wat ook tydens die Kongres erkenning sal geniet.
By die bogenoemde geleentheid het 65 skuts Platinum-tellings geskiet waarvan 26 dit vir die eerste keer behaal het. Die eerste drie junior skuts het ook by dieselfde geleentheid platinum-tellings geskiet waarvan die jongste skut slegs 12 jaar oud is. Dit is voorwaar `n uitsonderlike prestasie. Baie geluk ook aan elkeen van hierdie skuts.
Sandrivier 58-tak het op Saterdag 29 September `n ope skietdag vir gestremdes en ook `n klompie kinderhuis kinders in Welkom aangebied. Hierdie geleentheid het baie suksesvol afgeloop met 24 gestremdes wat deelgeneem het.
Dieselfde tak bied ook hierdie week die Junior Skietkampioenskap en afrigtingsklinieke in Welkom aan. Ons sal later berig oor hoe die juniors by die geleentheid gevaar het.
Borge
Baie dankie aan ons borg, Lynx en Mike Rogers, vir die borgskap. Dit word opreg waardeer. SA Jagters lede kan gerus hierdie borg ook ondersteun en hulle so bedank vir hulle bydrae tot SA Jagters.
Die volgende finale kompetisies is nog aan die kom:
Gallery Sporting Rifle Nasionale Kampioenskap op 13 Oktober 2018, aangebied deur die Riemland-tak te Bethlehem;
Die volgende nasionale skietkompetisies word aangebied op die grondslag van oop inskrywing deur enige lid of spanne. Die spesifieke reëlings per kompetisie sal gepas kommunikeer word:
- Intertak Ghong Spanskietkompetisie op 20 Oktober 2018, aangebied deur die Duiker-tak te Balfour.
- Sportskietkampioenskap op 25 Oktober 2018; Ope dag en 26 en 27 Oktober 2018 Sportskietkampioenskap, aangebied deur die Sandrivier-58-tak te Welkom.
Maak seker dat u die uitgenooi word of skryf betyds in as `n individuele deelnemer of deel van `n span.
5. Handaflewering van die SA Jagter
Ons het voorheen berig dat die SA Jagter per hand by u woonadres afgelewer kan word. Hierdie aflewering is baie meer betroubaar as die poskantoor se aflewerings. Om dit te kan doen moet u straatadres korrek op ons stelsel wees. Indien u die SA Jagter per hand afgelewer wil hê, maak seker dat u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel en stuur dan `n e-pos aan admin@sahunt.co.za
6. Hunting Affairs
Yesterday was the last date for enrolling trophies for registration. If you missed the deadline, try again next year. Andy is busy with the processing of the registrations and we expect the results next week.
7. Bewaring
Die Departement Omgewingsake het twee nuwe beleidstukke beskikbaar gestel. Die eerste is vir implementering en die tweede is `n beleidstuk wat beskikbaar gestel is vir kommentaar voor 21 Oktober. Kyk gerus hierna as u wil kommentaar lewer. Beide hierdie dokumente fokus op die handel in renosterprodukte. U sal die dokumente kry by die skakels hieronder.
Two new published policy developments by Department of Environmental Affairs related to rhino trade:
FOR IMPLEMENTATION: Government Notice No. 41913 – Norms and Standards for implementation on the marking of rhinoceros and rhinoceros horn and for the hunting of rhinoceros for trophy hunting purposes. Available here.
FOR COMMENT: Government Notice No. 41919 – Draft regulations relating to domestic trade in rhinoceros horn. Members of the public are invited to submit written representations or objections to the new proposed regulations by 21 October 2018. Available here.
8. Fotokompetisie
Ons fotokompetisie vir die jaar het gesluit en die beoordelaars is gevra om `n wenfoto te soek tussen die inskrywings wat ons van lede ontvang het. Ons het reeds `n Canon kamera as prys gekry van `n borg en ons sal graag hierdie prys tydens die Kongres wil oorhandig. Baie dankie aan ons lede wat ook die moeite gedoen het om foto’s te neem en in te skryf. Ons waardeer u bydrae opreg.
Daar was `n groot hoeveelheid puik inskrywing in September. Kyk gerus hier na die maand se finaliste. Die jaar se goue toekennings sal in die volgende nuusbrief bekend gemaak word.
9. Availability of S 365 and other Propellants
Despite the disastrous explosion at the Denel Rheinmetal plant in Somerset West it seems as if the required propellant for reloading is fairly freely available. I wish to express our condolences to Denel Rheinmetal (or Somchem as we knew them) as well as those families that lost loved ones in the explosion.
10. Simpatie
Een van die oud-presidente van SA Jagters, Oom Jim Cameron is gedurende September oorlede. Ons meegevoel gaan uit na die al die familie, sy seun James Cameron, en die dogters Christa Cameron, Helena van Wyk en Susan Vermaas. Ons sal die ou groot man mis en vertrou hy is rustig daar in die ewige jagveld saam met ou vriende en geliefdes wat hom vooruitgegaan het.
11. Firearms Licences
There is nothing new to report regarding the firearm licence matter. The SAPS is still uncertain what to do and both the Police as well as the Minister have gone quiet.
Our advice to members with firearms with lapsed licenses lapsed and who did not apply for renewal in time, the situation remains the same. Lock away the firearms safely and do not use them. Let us wait and see what will come from the present uncertainty.
12. Buffeljag-geleentheid
Die International Wildlife Fellowship Foundation bied kaartjies in `n gelukstrekking aan teen R50 elk. Vir `n enkele bydrae van R50 staan jy die kans om `n sewe-dag buffeljag in die Lebombo Game Management Area in Mosambiek ter waarde van sowat R 340 000 te wen. Kyk hier vir meer inligting.
13. National Congress of SA Hunters
SA Hunters holds its annual Congress on 2 and 3 November 2018. This serves as further notification to all members of the annual Congress.
Please note that attendance at the National Congress is based on Branch membership. Branches elect delegates. The agenda and relevant documentation for the annual Congress are sent to branches for discussion and preparation. Please ensure that you become active in your branch should you wish to participate in this process.
The Congress documentation is sent to the respective Branch Chairmen on 3 October 2018. They have the responsibility to distribute the documentation to delegates.
Branches are welcome to discuss the documentation provided and make it available to members. Members may for instance be allowed access to the Consolidated Annual Statements of the Association and the Group.
Should any members have any questions or queries on the financial statements, these could be discussed with Tommy Liversage by appointment during the week before the Congress from 30 October 2018 to the morning of 2 November 2018. Please make an appointment with Tommy in this regard.
14. ManMagnum Tydskrif
Magnum tydskrif, wat uit dieselfde stal as SA Jagter/SA Hunter kom, nooi alle lede uit om by hulle Facebook-blad aan te sluit. Daar word gereeld nuwe inligting gepubliseer asook kompetisies waarin groot pryse gewen kan word. Kliek hier om direk na die bladsy toe te gaan en onthou om die “Like” skakel te kliek!
Magnum Magazine, from the same stable as SA Jagter/SA Hunter invites SAHGCA members to join their Facebook page. The page is updated regularly with new information as well as news about competitions with great prizes up for grabs. Click here to be taken directly to the page and remember to click the “Like” button.
15. Leesstof
Dit gebeur soms dat mens op die mees onverwagte plekke iets interessant raakloop. Tydens `n onlangse besoek aan die Natalse Middeland het ek op `n klein plekke net buite Howick afgekom op `n kopie van die boek Macpherson’s Elephant geskryf deur Edward Ostrosky. Alhoewel die boek `n novelle is, is dit gebaseer op sy ervaring as die stigter wildbewaarder van Tembe Olifantpark in die Noorde van Kwazulu-Natal. Die boek lees lekker en ek kon, nadat ek so `n derde daarvan gelees het, dit nie neersit voordat ek nie klaar gelees het nie.
Ed verkoop die boek vir `n relatief goedkoop prys van R299 per kopie en hy sal die posgeld vir lede van SA Jagters in hierdie prys insluit. As u een van die boeke wil bestel, lees meer daaroor hier. Wanneer u bestel bevestig dat u `n lid is van SA Jagters en stuur u lidnommer saam dan sal die posgeld gratis wees en hoef u nie daarvoor te betaal nie.
16. History of SA Hunters
SA Hunters will be 70 years old in 2019. In 2016, we started with a process with Oom George Nell to compile the history of SA Hunters over this period with a view to publish a book in 2019, when SA Hunters turns 70. Unfortunately, Oom George fell ill and passed away recently. We requested Prof. Pieter Potgieter, a former president of SA Hunters, to continue with this task.
We will appreciate any information on the Association, its activities, role-players and how the Association grew during the 70 years since its establishment. Please contact Prof. Pottie at pieter.potgieter@safricom.co.za Please be patient while we peruse the documentation for possible inclusion in the book. He will take good care of your possessions.
17. Kommersiële sake
Soos gebruiklik, sluit ons skakels in na ons webwerf vir meer inligting oor spesiale aanbiedings vir SA Jagters se lede. Kliek op die skakel waarin u belangstel. Daar is hierdie maand `n splinternuwe aanbod beskikbaar van Helle messe teen 15% korting op hulle gewone pryse.
Ons sluit kort beskrywings in van spesiale boodskappe of inligting oor nuwe verskaffers wat afslag aan lede bied.
Die volgende leweransiers bied spesiale voordele aan lede van SA Jagters.
- Toyota SA
- Westvaal Nelspruit
- Hinterland Groep
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- Die Wildshoekie Vleismark
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Heartech Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle messe
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
18. Ivoorprojek
Die ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 62 messe verkoop.
The first set of commemorative knives available on order are known as the Doctari/Nico van Rooyen knives. Each knife is hand-made. Therefore, a waiting period of approximately three months from the receipt of your order and payment, to the date of delivery will apply.
Only 150 of these knives will be made and each knife will be numbered. Should you wish to order one of these knives, please do the following: transfer R5 500 to the account of SA Hunters by means of an EFT. The account of SA Hunters is held at ABSA with the account number 01443990077. The Branch Code is 632005. Please use the following reference: Knife and your Cell phone number. Please forward proof of payment to admin@sahunt.co.za.
19. Baobab Custom Knife Show
`n Groep van ongeveer 27 mesmaker hou op 26, 27 en 28 Oktober `n uitstalling van hulle werk in die Kudu-saal by Safari Kwekery in Pretoria. Toegang is R 30 per persoon maar lede van SA Jagters sal gratis toegang tot die skou kry. SA Jagters lede sal ook outomaties in aanmerking kom vir `n handgemaakte mes wat teen die einde van die skou na `n gelukstrekking geskenk sal word. Ondersteun gerus hierdie uitstalling. Vir meer inligting, kliek hier.
20. Regsoptrede teen voormalige lid van SA Jagters
Heelparty lede is bekend met die feit dat `n voormalige lid van SA Jagters `n klomp ongefundeerde negatiewe standpunte oor SA Jagters het op verskeie Facebook bladsye sowel as webwerwe gepubliseer het. Die Raad het besluit dat `n lastereis ingestel moet word teen Gerrie Meintjes. Hy het beswaar teen die eis aangeteken en voortgegaan met die publiseer van sy negatiewe bewerings.
Die Raad het uiteindelik besluit om `n interdik teen Meintjes te vra. Beide die interdik sowel as Meintjes se aansoek is gedurende September 2018 aangehoor en beslis. Beide hierdie aansoeke is in die guns van SA Jagters beslis met koste, die laasgenoemde met `n strafkostebevel. Die lastereis moet nog beslis word.
Hopelik sal die uiteinde van hierdie proses wees dat individue baie versigtig sal dink voordat hulle sonder enige meriete negatiewe kritiek teen vrywillige lede-organisasies soos SA Jagters op sosiale media plaas.
21. Navrae aan SA Jagters se Nasionale Kantoor
Dit gebeur gereeld dat enkele van die bestuurders algemene navrae ontvang en nie noodwendig die betrokke lid kan help met die inligting wat hy/sy benodig nie. Vir spoedige diens, maak seker dat u navrae na die regte afdeling verwys. Hou asseblief u lidnommer byderhand omdat dit dikwels baie makliker is om navrae te kan beantwoord.
Die kontaknommers en e-posadresse vir navrae is soos volg:
• Navrae oor lidmaatskap, administrasie en finansies
Tel (012) 808 9300 vra vir Finansies: e-posadres: admin@sahunt.co.za
• Navrae oor opleiding
Tel (012) 808 9300 vra vir Opleiding; e-posadres: nic@sahunt.co.za
• Vuurwapenhulplyn, endossemente, motiverings en navrae oor lisensie-aansoeke
Tel (012) 808 9300 vra vir Vuurwapenhulplyn; e-posadres: firearmsupport@sahunt.co.za
• Toegewyde status en registrasie van aktiwiteite
Tel (012) 808 9300 vra vir Toegewyde Status; e-posadres: dedicated@sahunt.co.za
• Bewaringsaangeleenthede
Tel (012) 808 9300 vra vir Bewaring; e-posadres: vanessa@sahunt.co.za
• Navrae oor Takaangeleenthede en verwante sake
Tel (012) 808 9300 vra vir Takaangeleenthede; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
• Navrae t.o.v. skietsake en verwante aangeleenthede
Tel (012) 8089300 vra vir Skietsake; e-posadres: andrevdm@sahunt.co.za
• Navrae oor enige aanlynstelsels, webwerf, tablette
Tel (012) 8089300 of e-posadres: johanvo@sahunt.co.za
• Enige algemene of ander navrae
Tel (012) 8089300 of e-posadres: info@sahunt.co.za
`n Verkiesing van streekkoördineerders vind tans plaas. Sodra die proses afgehandel is, sal ons ook hierdie persone se kontakbesonderhede in die nuusbrief plaas.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB