Hier is ons teen einde November en Kersfees is skaars 3 weke weg. Gelukkig loop `n jaar soos hierdie een ook ten einde en kan ons uitsien om weg te breek, al mag dit kort wees vir sommige van ons lede. Hierdie is die laaste formele nuusbrief vir 2020, wat `n baie vreemde jaar was.
Indeling van die Nuusbrief
Soos u waarskynlik nou reeds gewoond geraak het, plaas ons belangrike inligting en boodskappe eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.
Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.
Nuwe Boodskappe
- Ou Groen Lisensies
SA Jagters het `n voorstel aan die Polisie gemaak om die ou groen lisensies uit te faseer. Ons het so pas `n antwoord op die voorstel gekry en bestudeer nog die inhoud. Ek is van mening dat die twee belanghebbende partye saam `n aanvaarbare proses kan vind wat `n billike geleentheid aan eienaars van wapens met geldige ou groen lisensies sal gee om hierdie lisensies na die nuwe wit lisensies te migreer.
Die belangrikste vereiste hiervoor sal wees dat `n wapeneienaar bevoeg verklaar moet word om `n vuurwapen te mag besit. Maak dus solank seker dat u bevoegdheid in orde en geldig is want u sal dit nodig kry.
Ons sal lede op die hoogte van enige verwikkelinge.
- Vuurwapenamnestie
Amnestietydperk
Daar is hoogstens 44 werkdae van die amnestietydperk oor. Lede wat wel `n wapen besit waarvan die lisensie verval het en nie meer die wapen wil hê nie, kan die wapen tydens die amnestie inhandig of iemand anders wat wel die wapen wil hê, kan dit inhandig.
Indien u wel van die amnestie wil gebruik maak, doen dit nou. Moenie wag tot Januarie 2021 nie, omdat dit `n baie besig maand sal wees met waarskynlik baie mense wat in `n lang toue sal staan om wapens in te handig.
Advies aan Lede
Ons volstaan by ons advies aan lede dat indien u enige wapens onwettig besit, of `n wapen besit waarvan die lisensie reeds verval het en nie betyds aansoek gedoen is vir die hernuwing nie, handig die wapen in tydens die amnestie en doen aansoek vir `n nuwe lisensie.
Die volgende is belangrik om te onthou
- U moet bevoeg wees om `n vuurwapen te mag besit. Maak seker dat u bevoegdheid op datum en gepas hernu is soos die Wet vereis.
- U sal die wapen onder die amnestie moet inhandig. Daar is nie ander genade nie.
- U sal binne 14 dae moet aansoek doen vir `n nuwe lisensie vir die wapen wat u ingehandig het. Doen daarom verkieslik gelyktydig met die inhandiging van die wapen ook aansoek vir `n nuwe lisensie daarvoor.
- Maak seker dat die dokumentasie vir die lisensie-aansoek vir die betrokke wapen volledig en korrek is. Dit sal die kans om wel `n lisensie te kry verbeter.
- Die individu wat die wapen inhandig mag binne 14 dae aansoek doen vir `n nuwe lisensie vir die wapen wat ingehandig word.
- Kry vooraf al die dokumentasie gereed (amnestie aansoek, en aansoek vir nuwe lisensie) voordat u die wapen inhandig en doen terselfdertyd aansoek vir die nuwe lisensie.
- Navrae by Sentrale Vuurwapenregister oor Vordering met Lisensie-aansoeke
Die SAPD se webwerf maak voorsiening vir individue om aanlyn navraag te doen oor die vordering met lisensie-aansoeke. Dit is maklik om die inligting te kry maar dit versnel nie die proses nie. Lede kan gerus hierdie fasiliteit gebruik om vas te stel hoe die proses vorder eerder as om die SVR of u DFO te bel of om SA Jagters se kantoor te bel.
Kyk hier vir `n beskrywing van hoe dit werk.
- SA Jagters en Sosiale Media
SA Jagters was by `n paar geleenthede aan die ontvangkant van negatiewe reaksie op sosiale media met venynige boodskappe. In enkele gevalle het ons terugbaklei. Die Raad het so pas besluit om self tot sosiale media te wend om SA Jagters se kant van die storie te vertel. Wees op die uitkyk vir meer hieroor vroeg in 2021.
- Skietsake
Die Skietkomitee het versoeke ontvang om skietstokke soortgelyk aan die 4Deadhold hunting sticks te oorweeg vir gebruik op SA Jagters skietbane en tydens skietkompetisies.
Hierdie tipe skietstok verskaf uitstekende ondersteuning wanneer gejag word, maar dit voldoen nie aan die vereistes in SA Jagters se reëls (veral vir veiligheid) wanneer dit op skietbane gebruik word nie. Die betrokke skietstok mag dus nie by enige skietkompetisie van SA Jagters gebruik word nie. Die belangrikste rede hiervoor is die reël wat bepaal dat slegs een steunpunt gebruik moet word. Die 4Deadhold hunting stick werk egter nie só nie Lees die evaluasieverslag vir meer inligting.
- Bewaring
Impak van loodammunisie
SA Jagters is deel van nasionale en internasionale gespreksforums om die risiko van loodvergiftiging vir mense en wildlewe te verminder. Lede word deur verskeie aktiwiteite waarby hul betrokke is, blootgestel aan lood wat nadelig vir hul gesondheid mag wees.
Dit is daarom belangrik dat lede ingelig bly oor die nuutste wetenskaplike bevindinge rondom lood, die inisiatiewe waarby SA Jagters betrokke is en die implikasies wat verwikkelinge ten opsigte van loodammunisie vir skuts mag inhou.
Gaan lees gerus die artikel oor die risiko’s van lood in die nuutste uitgawe van die SA Jagter tydskrif. `n Opvolgartikel oor risiko’s van lood vir wildlewe sal in die volgende uitgawe verskyn. Die laaste artikel in die reeks sal handel oor die implikasies vir diegene wat besluit om loodvrye ammunisie te gebruik.
African Wildlife Consultative Forum
Die African Wildlife Consultative Forum (AWCF) se jaarlikse byeenkoms is saam met ander jag- en bewaringsorganisasies uit verskeie lande in Afrika elektronies bygewoon. Sake van gemeenskaplike belang is bespreek soos onder andere:
- Strategieë om die impak van Covid in die wildlewesektor te bekamp;
- Posisionering teenoor CITES en ander internasionale ooreenkomste;
- Uitvoere van wildleweprodukte en jagtrofee;
- Bevordering van verantwoordelike jag en bewaring;
- Die impak van jag op landelike gemeenskappe in Afrika; en
- Groter samewerking tussen jag en bewaringsorganisasies in Afrika.
SA Jagters het ook vroeër vanjaar saam met ander lidlande skriftelik standpunt ingeneem teen voorgestelde internasionale wetgewing wat `n verbod sou plaas op die invoer van jagtrofeë uit Afrika. `n Brief wat die positiewe bydra van jag vir bewaring, gemeenskappe se oorlewing en ekonomiese ontwikkeling uitlig, is aan die Kaliforniese parlement in die VSA gestuur.
Dit is duidelik dat die samewerking tussen lede van die AWCF `n wesenlike bydra gelewer het om voorgestelde wetgewing te laat misluk. SA Jagters sal voortbou op plaaslike en internasionale samewerking met ander eensgesinde organisasies om bewaring en verantwoordelike jag te bevorder.
- Fotokompetisie
Ons fotokompetisie is afgehandel en daar is `n algehele wenner aangewys. Baie geluk aan Jimmy Kruger (Lidnommer 099361) met sy puik foto van twee leeumannetjies. Ons sal eersdaags reëlings tref om sy prys te oorhandig.
Kategorie: Ons Erfenis
Wenner: Jimmy Kruger (099361) – Brotherly love
1ste naaswenner: Jan Saunders (045219) – Kaapse Kliplyster
2de naaswenner: Chané de Bruyn (097282) – Spilpunt sonopkoms
Kategorie: Die Jagter
Wenner: Jan Saunders (045219) – Die Dief
1ste naaswenner: Mariana Coetzer (085065) – Misty hunting mornings
2de naaswenner: Jan Saunders (045219) – Walter on the retrieve
Kategorie: Mens in die Natuur
Wenner: Chané de Bruyn (097282) – Vroegoggend mis
Verskeie goue toekennings is ook in elke kategorie gemaak. Gaan kyk gerus hier na al lede se pragfoto’s.
Volgende jaar maak ons dalk weer so!
HERHAALDE ARTIKELS
- Kersgeskenke! Kersgeskenke!
2020 was `n ongewone jaar maar ons hoef nie kersinkopies prys te gee nie. Oorweeg gerus een van die volgende:
Publikasie oor die Nasionale Krugerwildtuin
SA Jagters het die geleentheid om eksemplare van `n boek oor die suksesse en terugslae in die ontwikkeling van die Nasionale Krugerwildtuin van 1898 tot 1994, teen `n spesiale prys van R1000, aflewering ingesluit, te bekom.
Dit bestaan uit drie volumes geskryf deur een van die voormalige parkhoofde van die Nasionale Krugerwildtuin, Dr Salmon Joubert, wat ook die boek sal onderteken. Hy beskryf hoe die begrip `natuurbewaring’ nie eens bestaan het toe die eerste parkhoof, kol J Stevenson-Hamilton, in 1902 aangestel is nie.
In die drie volumes word daar uitgebrei oor die ontwikkeling van bewaring asook die filosofiese ontwikkeling van natuurbestuurspraktyke, opnames van die geologie, gronde, plantegroei, ongewerwelde en gewerwelde gediertes, die monitering van die wildbevolkings en die beleidsontwikkeling van intervensies soos watervoorsiening, veldbrande uitdunning van oortollige wild en roofdierbeheer.
Die bestelvorm is hier beskikbaar. Sluit u lidnommer in om in aanmerking te kom vir die spesiale aanbod.
4Deadhold Skietstok
4DeadHold het so pas die eerste skietstok bekend gestel wat in alle posisies van sit tot staan gebruik kan word. Die stok verstel baie vinnig in hoogte met behulp van fliplocks, vanaf 77cm tot 177cm. Enige persoon, selfs kinder- en vroueskuts kan dit gebruik vir optimale skootplasing. Persone van tot 2m kan gemaklik die skietstok gebruik. Die stok is baie stabiel; die bene word van fluted aluminium gemaak en is liggewig. Dit weeg net 1kg.
SA Jagters se lede kan die skietstok koop teen R1 950,00. Meer inligting is hier beskikbaar.
Doctari Messe
Die Doctari ivoormes-projek is weer op dreef. Die messe se hewwe is gemaak uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Slegs 50 van hierdie messe is beskikbaar. Plaas bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom en betaal die R5 500 per mes in SA Jagters se bankrekening by Absa, rekeningnommer 01443990077 en takkode 632005. Gebruik die Mes en u selfoonnommer as verwysing, en stuur die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
Gedenkboek
Die gedenkboek is nou beskikbaar. Dit is voorwaar `n uitstekende publikasie. Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede luukse weergawe met `n buffelleeromslag. Slegs 100 eksemplare met buffelleer is beskikbaar teen R1000 elk. Vir bestellings, doen die volgende:
- Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor in SA Jagters se bankrekening by Absa, rekeningnommer 01443990077 en takkode 632005.
Gebruik u lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker u lidnommer is korrek sodat ons die bestelling kan uitvoer.
Buck-knipmesse
Daar is slegs 220 van die beperkte reeks van 500 Buck-knipmesse oor wat teen R 1 000 elk beskikbaar was. Hierdie knipmesse met ivoorinlegsels op die hef en SA Jagters se logo op die hef gegraveer is iets besonders. Plaas die R1 000 elektronies oor in SA Jagters se bankrekening by Absa, rekeningnommer 01443990077 en takkode 632005. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za
Spesiale Aanbiedinge
SA Jagters het verwantskappe met verskeie handelaars wat spesiale korting aan lede bied. Sommige van hierdie verskaffers stel van tyd tot tyd spesiale aanbiedings vir `n beperkte tyd beskikbaar.
- Uitverkoping SA Jagters Winkel
SA Jagters wil die produkreeks verander en raak dus van die ouer klerereekse ontslae. Talle items is beskikbaar op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan René by (012) 8089300 of rene@sahunt.co.za
- Humansdorp Koöperasie
Humansdorp Koöperasie bied vir Desember 2020 alle Lapua doppe en punte, sowel as alle Hornady punte en doppe teen `n addisionele 10% korting aan. Dit is `n aansienlike korting van 15% op hulle standaardpryse. Wanneer u die bestelling plaas, dui asseblief aan dat u `n lid van SA Jagters is.
- Ondersteuning van Lede
Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede om mekaar te help.
- Goeie droë bosveld vuurmaakhout beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
- Compunit Kersgeskenke – Ranger hoede, Fishermans-pette, camo- en ZA-pette en nekdoeke. Al die kopbeskerming wat u nodig het vir die somer! Sien ook die nuwe reeks prettige “emoji” herbruikbare gesigmaskers. Meer inligting is hier
- Wildsvleisresepteboek – Lede kan R50 afslag kry per eksemplaar. Ouma Leonè de Lange gee R50 afslag en skenk R50 aan SA Jagters vir elk resepteboek wat sy op https://www.ouma-se-wildsboek.co.za Gebruik die “SAHUNT” promosiekode wanneer jy die boek bestel. Die resepteboek is perfek vir die jagter, en sluit 220 resepte in om op die kampvuur te maak; omskakelingstabelle vir gewig en oondtemperature; en die slaankrag van verskeie kalibers.
- Toyota en Mybonus
Indien u tussen Junie 2020 en nou `n nuwe Toyota gekoop het maak seker dat u die detail van die transaksie na Mybonus deurgee om die nodige punte te kry. Kliek hier vir meer inligting.
- Jagsake
Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safari’s
Archers Rock Safari’s borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan, is soos volg:
Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.
Aangesien ons nie nou die jaggeleentheid kan benut nie het Archers Rock Safari’s ingestem om hierdie geleentheid uit te stel na 2021. Diegene wat reeds `n kaartjie gekoop het, sal nie die kans verbeur nie. Vir die res, is hier nou weer `n geleentheid om deel te neem. Lees meer hier oor Archers Rock Safari’s se jaggeleentheid. By voorbaat dankie aan Archers Rock wat reeds aangedui het dat ons die jaggeleentheid na volgende jaar kan aanskuif. Met die sluit van alle jag op 28 Julie sou ons in elk geval nie nou die geleentheid kon gebruik nie.
Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:
- Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
- Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.
Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 30 Maart 2021. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.
Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za.
Hierdie jaggeleentheid sal tussen Junie en Augustus 2021 kan plaasvind.
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
SA Jagters het nou 42 683 lede. Ons ledetal is op pad terug na 43 000.
Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Takke kan ook hierdie vorms by Dorothy Ras aanvra by dorothy@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bestaan reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Dit is `n uitstekende aanbod. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir 5% spesiale korting op aankope van jag- en skietverwante produkte. Volg die skakel by die lys van produkte hieronder vir inligting oor afslag.
Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte dalk later kan plaasvind.
Om hierdie geleentheid te benut:
- Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
- http://firearms.humkoop.co.za/
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
- U moet `n opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
- Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:
E-pos Adresse
Sodra die bestelling ontvang en die rekening betaal is, sal die koöperasie die produk laat aflewer.
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat sommige van hierdie verskaffers gesluit kan wees gedurende die inperking.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Westvaal Nelspruit
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- Die Wildshoekie Vleismark
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Archers Rock Safaris
- Dovetail Wooden Boxes
- 4Deadlock Skietstok
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
Ek wens al ons lede `n Geseënde Kersfees toe. Mag die vreugde en vrede van die Christusfees vir elkeen vanjaar juis besondere betekenis inhou.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB