Hier teen die einde van November kry ons skielik `n nuwe variant van Covid-19. Omicron soos die gogga gedoop is, is in RSA identifiseer, maar wanneer ons kyk na die reaksie van die res van die wêreld, dan sal mens glo dat ons die gogga geskep het. Skielik is daar `n reisverbod op bykans die hele suider-Afrika, asof ons melaats geraak het.
- Reis na VSA
Ek het so pas die jongste reisverbod ontvang. Die VSA het besluit om vanaf 29 November 2021 enige besoekers uit die hele suider-Afrika te verbied as hulle nie VSA burgers of regeringsamptenare is nie. Kyk asseblief na die detail hier.
Hierdie inligting is baie belangrik vir beroepsjagters wat hulle jaggeleenthede vroeg in die nuwe jaar in die VSA by die groot jagskoue gaan bemark. Hou maar die situasie fyn dop. Ons weet u het reeds die plek op vliegtuie en by die skoue bespreek en betaal.
- Covid-19
Die Omicron variant van Covid-19 is uiters aansteeklik. Wees asseblief baie versigtig en pas uself mooi op. Dis nog te vroeg om te voorspel wat die uitwerking van hierdie weergawe van Covid sal wees.
Ons herinner Takke en lede wat aan SA Jagters se aktiwiteite deelneem om die voorgeskrewe protokol te volg. Dit is lankal reeds aan Takbesture verskaf maar vra gerus indien u dit benodig.
- IGRF Wêreldkampioenskap
Skuts wat aan die IGRF skietdissiplines deelneem, het `n week gelede die goeie nuus ontvang dat die IGRF se Wêreldkampioenskap in Mei 2022 te Phoenix in Engeland sal plaasvind. ` Paar dae later het die nuus oor Omicron gebreek en het Brittanje onmiddellik sy grense vir besoekers uit Suid-Afrika gesluit en bykans alle vlugte kanselleer. Beplanning vir internasionale deelname is byna onmoontlik. Die tyd sal leer of SA Jagters se lede wel sal kan deelneem.
- Voorgestelde Wysiging Wet op die Beheer van Vuurwapens
Die parlementêre portefeuljekomitee op Polisie het die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens terug verwys na die Polisie. Dit is ook nie op die sakelys van die portefeuljekomitee nie. Dit bewys dat die publiek wel besluite oor wetgewing kan beïnvloed.
SA Jagters bedank al sy lede, ondersteuners en lede van die publiek wat kommentaar gelewer het oor die voorgestelde wysigingswet. Meer as 118 000 kommentare is ontvang. Dit bewys ook dat politici hulle wel aan negatiewe kommentaar steur.
- Rol van die Raad
By die Raadsvergadering op 25 November 2021 het die verkose raadslede besluit om elkeen die verantwoordelikheid te neem om bystand te verleen aan drie streke. Streekkoördineerders en Takvoorsitters in die onderskeie streke kan dus `n oproep of e-pos van `n raadslid te wagte wees.
Die verantwoordelikheid is soos volg verdeel:
André van Heerden Wes-Kaap, Noord-Kaap, Suidoos-Kaap
Kobus Maree Vrystaat, KwaZulu Natal, Drakensberg Oos-Kaap
Basie Berg Vaalrivier, Stellaland, Kalahari Bosveld
Danie Momberg Gauteng-Suidoos, Gauteng-Suidwes, Gauteng-Noord
Richard Sowry Mpumalanga-Suid, Mpumalanga-Noord, Limpopo
- Handaflewering van Tydskrifte
Meer poskantore is gesluit omdat hulle nie die huur kan betaal nie. Dit skep `n ernstige met die aflewering van tydskrifte aan lede.
Ons versoek lede in die groter stedelike gebiede om hulle voorkeur vir aflewering van die tydskrifte (SA Jagter en Magnum) te verander na handaflewering. Die tydskrif word teen presies dieselfde koste vir die lid, per hand by u woonadres afgelewer (soos koerante dikwels afgelewer was). Verander u voorkeur van pos na tuisaflewering met een van die volgende maniere:
- Skakel Michel Schoeman by (012) 8089300 of stuur `n e-pos aan michel@sahunt.co.za
- Dui verandering aan op u eie ledeprofiel op SA Jagters se webwerf of op die SA Jagters App.
Onthou om seker te maak u woonadres is korrek.
- Fotografieklub
Die fotografieklub geniet buitengewone belangstelling en gaan van krag tot krag.
Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.
- Spesiale aanbiedings
Die volgende spesiale aanbiedings verskaf goeie idees vir Kersgeskenke.
Doctari Messe
Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. `n Beperkte reeks messe is gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 31 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 31 messe wil bekom voor Kersfees.
Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
Gedenkboek
Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop. Dit is `n ideale Kersgeskenk vir `n toegewyde lid van SA Jagters. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Bestellings:
- Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
Buck-knipmesse
Daar is slegs 105 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za
Uitverkoping SA Jagterswinkel
SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan René by (012) 808 9300 of rene@sahunt.co.za
Humansdorp Koöperasie
In Desember 2021 bied Humansdorp Koöperasie steeds die volgende produkte teen 10% korting aan lede van SA Jagters:
- Beretta APX Centurion Pistole
- ZeissTeleskope
- Xerotech Teleskope
- Schmidt und Bender Teleskope
Ondersteuning aan lede
Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.
- Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
SA Jagters se ledetal staan nou op 44 079.
Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.
Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Ras by dorothy@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Dovetail Wooden Boxes
- 4Deadlock Skietstok
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
Hierdie is die laaste geleentheid in 2021 om elkeen van u `n welverdiende ruskans toe te wens. 2020 en 2021 sal onthou word as die moeilike en onseker jare waarin Covid-19 elkeen van ons se lewens beïnvloed het.
Aan diegene wat vriende en familie aan die dood afgestaan het, ons innige simpatie. Mag die Vader u berusting gee. Ons vergeet nie maklik nie, maar leer wel mettertyd om met die verlies van `n geliefde saam te leef.
Mag die vrede en vreugde van Kersfees vir elkeen van u en u geliefdes rustigheid bring. Mooi wense vir 2022.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB