3 Mei 2022
Uiteindelik is die jagseisoen hier en kan lede weer sonder noemenswaardige beperkings die jagveld besoek. Die eerste skote het reeds die naweek geklap en die vleis word bewerk. Die aandlug knyp. Dalk lê daar `n koue winter voor.
Indeling van die nuusbrief
Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.
Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.
Nuwe boodskappe
- HuntEx
HuntEx het redelik goed afgeloop. Daar was 277 uitstallers en net minder as 21 000 besoekers oor die 3 dae. In ag geneem dat ons eintlik maar HuntEx van voor af moes reël in slegs tien weke vanaf Januarie 2022, het dit goed gegaan. Met die kort kennisgewing en min tyd beskikbaar was dit voorwaar nie maklik nie. Baie dankie aan Adriaan Woudstra wat die haas uit die hoed gepluk het. Bykans alle wapenhandelaars kla oor `n tekort aan voorraad en dit was sekerlik ook sigbaar by HuntEx. Ons sien uit na `n groter skou in 2023.
- Jagsake
Loting van Vaalribbokjag
SA Jagters bied `n ongelooflike geleentheid aan vir die jag van `n vaalribbokram in Sutherland se omgewing teen slegs R50 per kaartjie wat alle verblyf vir twee aande en etes ingesluit. Die wenner van die tweede prys kan `n blouwildebees gaan jag. Vir meer besonderhede klik hier. Koop asseblief nou u kaartjie en ondersteun hierdie poging van SA Jagters. Die sluitingsdatum vir hierdie loting is 18 Junie 2022.
SA Jagters geakkrediteerde jagpakkette
SA Jagters bied vanjaar 42 geakkrediteerde jagpakkette teen billike pryse aan sy lede. Hierdie jagpakkette wat beskikbaar gemaak is deur die Vereniging se eie lede is onderhewig aan die SA Jagters se jagterskode. Besigtig die beskikbare jagpakkette hier.
Bespreek jou SA Jagters geakkrediteerde jagavontuur. Rig navrae aan Vanessa by vanessa@sahunt.co.za
- Dui aan in watter pakket jy belangstel
- Dui aan watter datum jou pas
- Vanessa sal datums verifieer en met jagters bevestig
- Vanessa sal die jagbestemmings se normale pryslys en jagreëls aan jagters verskaf.
- Die Jagter betaal die volledige prys van die jagpakket direk aan SA Jagters om die bespreking te bevestig.
- Direk na afloop van die jag, gee jagters per e-pos terugvoer van hulle ervaring aan vanessa@sahunt.co.za
Bek-en–klouseer
Met die uitbreek van bek-en-klouseer op 56 eiendomme in vyf 5 provinsies synde Limpopo, Gauteng, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal kan streng beperkings van toepassing wees op die vervoer van lewendige spleethoewige diere en hul vleis.
Op 11 April het minister Didiza `n persverklaring hieroor uitgereik wat bevestig dat kwarantyn slegs op die 56 eiendomme (plase) waar besmette diere bevestig is, toegepas word en nie op die hele distrik waar hierdie plase voorkom nie. Die bestaande vervoerbeperkings in Limpopo en KwaZulu-Natal bly van krag.
Ons raai lede aan om vooraf navraag te doen oor die status van plase waar hulle wil gaan jag. Die situasie kan baie vinnig verander. Hoewel dit blyk dat die huidige uitbraak redelik goed onder beheer is, kan die siekte baie vinnig versprei. Sekere spesies wild is weerstandig teen die virus en toon dalk ligte simptome wat moeilik waarneembaar is. Jagters moet asseblief baie versigtig wees hiermee.
Minister Didiza het op 20 April by `n vergadering met die lewendehawebedryf `n gesamentlike verklaring uitgereik oor die impak van die huidige uitbraak van Bek-en-klouseer. Lede word ernstig versoek om nie lewendige diere uit besmette gebiede te vervoer sonder om aan die nodige protokol te voldoen nie. Die gesamentlike verklaring is hier beskikbaar.
Munisipale belasting op wildplase
Daar is toenemend meer munisipaliteite wat hul beleid verander rondom die munisipale belasting wat op wildplase gehef word. Die veranderde beleid het tot gevolg dat wildplase as kommersiële ondernemings belas word en nie meer as landbougrond nie. Dit het tot gevolg dat munisipale belasting met tot 15 keer kan toeneem. Ons raai lede aan om die gebeure in hul plaaslike munisipaliteite deeglik dop te hou en skriftelik te reageer op enige kennisgewings wat hieroor mag verskyn.
Jag van olifante, renosters en luiperds
Op 21 April 2022 is die tydelike interdik teen die jagkwota vir olifante, swartrenosters en luiperds vervang deur `n besliste verbod teen die jagkwota in die uitspraak van die Kaapse Hooggeregshof. Die Humane Society International se teenstand kos die jag-en wildbedryf in Suid-Afrika minstens R300 miljoen aan verlore inkomste waarvan ongeveer 60% aan teenstropingswerk bestee sou word. Die Humane Society gaan sekerlik nie pa staan vir hierdie verlore poging om teenstropingswerk te doen nie.
- Toegewyde jagter- en sportskutstatus
Lede met toegewyde jagter- en/of sportskutstatus word herinner om aktiwiteite aan te meld en gereeld by te werk op SA Jagters se aanlyn lede-administrasiestelsel. Hulle kan ook die App gebruik wat vir die doel ontwikkel is om tred te hou van aktiwiteite wat jaarliks teen 31 Oktober op rekord moet wees om hul status te behou.
- Wagtydperke vir lisensies en hernuwings
Dit is redelike algemene kennis dat aansoekers vir nuwe bevoegdheidsertifikate en lisensies, of hernuwing van bevoegdheid en lisensies buitengewoon lank wag vir die goedkeuring daarvan. Die prestasievereiste van die Polisie en Sentrale Vuurwapenregister is dat sodanige aansoeke binne 90 dae afgehandel moet wees.
Die parlementêre portefeuljekomitee op Polisie het in hul program `n Firearms Forum vir 1 Junie 2022 geskeduleer. SA Jagters sal graag duidelikheid wou kry oor die wagtydperke vir bevoegdheidsertifikate en lisensies. Ons het `n doelgemaakte vraelys beskikbaar op ons lede-administrasiestelsel wat lede wat langer as 90 dae wag vir enige bevoegdheidsertifikate of lisensies, kan voltooi.
Volg die skakel hieronder, teken in jou profiel in die lede- administrasiestelsel en voltooi die vraelys voor of op 27 Mei 2022. Lede se samewerking word waardeer.
http://secure.sahunters.co.za/SurveyLanding.aspx?entry=ded70784-bc0c-478f-85cc-10d96c2e2a12
- Aflewering van tydskrifte
Met die Poskantoor se diens wat in duie gestort het, kry ons toenemend klagtes van lede wat hulle tydskrifte glad nie ontvang nie of baie laat of ongereeld ontvang.
Media24 het kontrakteurs wat handaflewerings in stedelike gebiede en groter dorpe doen. SA Jagters sal hierdie diens gebruik om tydskrifte aan sowat 7 000 lede te lewer. Hierdie handaflewering het geen assosiasie met die poskantoor nie. Ons raai lede aan om hierdie opsie te kies vir tuisaflewering. Maak net seker dat u woonadres korrek in SA Jagters se lede-administrasiestelsel ingesleutel is, of rig navrae aan admin@sahunt.co.za of michel@sahunt.co.za
Herhalende boodskappe
Die volgende groep is boodskappe wat u reeds voorheen ontvang het.
- Fotografieklub
Die fotografieklub van SA Jagters lok steeds wye belangstelling. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse.
- Spesiale aanbiedings
Doctari-messe
Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. `n Beperkte reeks messe is gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 21 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 21 messe wil bekom.
Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
Gedenkboek
Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop.
Bestellings:
- Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.
Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
Buck-knipmesse
Daar is slegs 65 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za
Humansdorp Koöperasie
In Mei 2022 bied Humansdorp Koöperasie alle Hornady produkte teen 10% korting aan lede van SA Jagters.
Ondersteuning aan lede
Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te helGoeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
SA Jagters het tans 44 104 lede.
Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.
Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Dovetail Wooden Boxes
- 4Deadhold Skietstok
- Die Vleishoekie Vleismark
- Thermal Imaging Warehouse
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB