• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Genetiese manipulering van wild ‘n groot bedreiging

Die Suid-Afrikaanse Jagters-en-wildbewaringsvereniging (SAJWV) asook ander bewaringsinstansies is met reg bekommerd oor die departement van landbou en visserye se “eensydige” besluit dat wildboere nou met 12 wildspesies mag teel soos met vee om nuwe variëteite te vestig.  Die “vreemde” of meer korrek, resessiewe kleurvariante wat nou vry algemeen deur wildtelers dmv selektiewe teelmetodes geproduseer word, hou sonder twyfel ‘n groot bedreiging in vir natuurlike wildbevolkings.  Resessiewe kleurvariante is ‘n natuurlike verskynsel, maar diere wat kunsmatig geselekteer en geteel word om sekere “unieke” uiterlike kenmerke na vore te bring, skep ‘n besliste risiko vir wild wat in die natuur voorkom. Dit geld veral wanneer sulke geneties gemanipuleerde diere se getalle deur inteling tot kommersiële vlakke vermeerder word – en dit is presies wat nou op groot skaal aan die gebeur is.  

‘n Algemene probleem met ingeteelde of “gedomestikeerde” diere, is dat hulle weens ‘n gebrek aan genetiese variëteit, blootgestel is aan siektes, afwykings of beide en in baie gevalle swak genetiese eienskappe oordra aan hul nageslagte.  Sulke praktyke (insluitend die teel van trofeediere met langer en groter horings) hou veral ‘n genetiese besoedelingsgevaar in vir skaarsboksoorte soos bontebok, swartwitpens, baster-gemsbok, blou-duiker, oorbietjie ens.  In die praktyk het die populariteitsborrel van kunsmatig geteelde kleurvariante soos swart-rooibokke, wit- en swartspringbokke asook wit blesbokke reeds gebars.  Die gevolg was drastiese verlagings in markpryse en landbou-ekonome begin alreeds verwys na ‘n ooraanbod van sekere diere.  Indien sulke geneties minderwaardige diere vir watter rede ook al terug gemeng word in natuurlike wildbevolkings, is dit niks anders as genetiese besoedeling nie. Onder die voorgestelde nuwe regulasies, sou kruis teling ook heeltemal aanvaarbaar wees.  Dit sou dus in orde wees om naverwante wildsoorte soos die bles- en bontebok, asook die swart- en blou-wildebees, om slegs enkeles te noem, te kruisteel om nuwe “unieke” variëteite te skep.  ‘n Mens sidder as jy dink aan die “unieke” drogdiere wat uit sulke praktyke kan voortspruit.

Wildtelers se primêre doel met die teel van vreemd of “uniek” gekleurde wildsbokke of buffels met abnormale groot horings, is natuurlik om sulke “rare” diere uiteindelik as jagtrofeediere aan oningeligte buitelandse jagters te bied.  Bravo dus aan die SAJWV en sekere internasionale trofeejag-organisasies wat hewig gekant is teen enige vorm van genetiese manipulering van wild vir trofeejag doeleindes.  Dié instansies se verklaarde doelwitte is om slegs jagtrofees van wild soos dit in die natuur voorkom te erken.  

Die vraag is dus of daar ‘n voldoende kommersiële mark vir die SA wildtelers se geneties gemanipuleerde wild gaan wees wanneer hierdie diere se getalle voldoende opgebou het om dit aan ‘n beperkte trofeemark beskikbaar te stel?  Soos die “skaarsheid” van hierdie diere afneem, is daar ‘n goeie kans dat die geldwaarde ook gaan afneem en wat word dan van sulke diere?  Wie gaan toesien dat sulke diere nie ons kwesbare skaars wildsoorte geneties besoedel nie?  Dit het werklik tyd geword dat formele bewaringsinstansies effektiewe stappe neem om hierdie bedreiging te stuit voor die situasie onomkeerbaar is.

Dr Kas Hamman
Paarl

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles