• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Fotografie Nuus Junie 2021

Hierdie is die eerste van ons maandelikse fotografie-nuusbriewe. Die Vereniging ondersteun fotografie-aktiwiteite as `n kragtige bewaringsinstrument wat op tak en individuele vlak beoefen kan word.

SA Jagters Fotografieklub


Die SA Jagters Fotografieklub is begin om fotografie in die Vereniging te bevorder. Die klub is oop vir alle lede van SA Jagters, asook familie en vriende wat die SA Jagters se belangstelling en waardes deel. Ons beplan `n verskeidenheid aktiwiteite soos uitstappies, uitdagings en opleiding. Die klub se Facebook-groep is reeds aan die gang en ons nooi almal uit om aan te sluit.


Ons gaan twee keer per maand aanlyn-sessies van twee-uur elk aanbied oor die verskillende aspekte van wild- en natuurlewefotografie wat lesings en groepbespreking (V&A) of `n kombinasie van beide sal insluit. Datums sal binnekort bekend gemaak word.


Kliek hier vir die skakel na die SA Jagters Fotografieklub Facebook-groep

Rig enige navrae aan sahuntphoto@gmail.com


Ons beplan ook `n foto- en natuurklub vir junior-lede. Meer inligting volg binnekort.


SA Jagters Fotokompetisie

Die SA Jagters Fotokompetisie het vir die eerste keer hierdie jaar goud toegeken aan twee lede. Baie geluk aan Tommy en Miekie Liverage wie se fotografie nuwe hoogtes bereik het. Baie geluk aan die ander deelnemers wat silwer, brons en hoogs prysenswaardige toekennings ontvang het. Kliek hier vir Mei-maand se toekennings.

Die kategorieë vir inskrywings is soos volg:

  1. Bewaring in aksie
  2. Plant- en dierelewe
  3. Ons kulturele erfenis

Kliek hier vir meer inligting

Inskrywings word gestuur na sahuntphoto@gmail.com met die volgende inligting:

  1. Naam en van
  2. SA Jagters-lidnommer
  3. Kontaktelefoonnommer
  4. Kategorie waaronder die foto ingeskryf is
  5. Titel of beskrywing van die foto
  6. Plek waar die foto geneem is
  7. Kamera en lens model of slimfoon model

Fotografie opleiding

Om fotografie verder binne die vereniging te bevorder, het die bestuur van SA Jagters die bekende natuurfotograwe Marette Bennett en Brett Stanleyvan Refined Edges Wildlife Photography and Training  genader om hul kennis en strategie tot sukses met lede te deel in die vorm van werkswinkels. Tommy en Miekie Liversage het in Maart die fotografiekursus `n toetslopie gegee en was aangenaam verras. Die foto’s wat hulle daarna in die Kgalagadi geneem het, is uit die boonste rakke en van glanstydskrifgehalte.

Vanweë die derde vlaag Covid-19 wat op ons is, sal werkswinkels eers later in die jaar aangebied word omdat dit intensiewe interaksie en kontak vereis. Sodra die SA Covid-19 kurwe omdraai, sal ons nog datums bekend maak. Datums vir later in die jaar is vasgestel en die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs agt mense word per werkswinkel toegelaat. Plek is dus beperk en belangstellendes moet vroegtydig bespreek om teleurstelling te voorkom. Takke wat groepbesprekings wil doen, kan Marette Bennett kontak by sahuntphoto@gmail.com SA Jagters-lede wat individuele private opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys.


Kliek hier vir datums, pryse en meer inligting


Vriendelike Groete,
Marette Bennett

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles