Standerton
Chairman / Voorsitter:
Stoffel Bester (083 944 4244)
e-mail / e-pos
Voorsitter: | Stoffel Bester | 083 944 4244 | stoffel777b@yahoo.com |
Ondervoorsitter: | Iwan Lues | 082 650 1593 | llues@yahoo.com |
Skietkoördineerder: | Iwan Lues | 082 650 1593 | llues@yahoo.com |
Sekretaresse: | Carla Lues | 073 819 1325 | carla@vrkaudit.co.za |
Kommunikasiebeampte: | Elri Bester | 083 673 1473 | elribwester@yahoo.com |
Tesourier: | Rudi J van Rensburg | 082 559 8420 | rudi@vrkouditeure.co.za |
Opleiding | Harry Beukes | 072 184 7746 | beukesharry@gmail.com |
Jagkoördineerder | Ricardo Botha | 082 447 4415 | sales1@prosport.co.za |
Trofeekoördineerder | Christo Bailey | 083 443 3062 | christobailey76@gmail.com |
Sosiale koördineerder: | Elri Bester | 083 673 1473 | elribester@yahoo.com |
Bewaring: | Helen Ellis | 083 406 0589 | helenellis@yahoo.com |
Faktotum: | Evert Genis | 082 710 1490 |
Algemene nuus
Edelvalk-tak maak gebruik van ‘n Whats App en Facebook om relevante inligting aan hul lede deur te gee.
Die tak beoog om later alle lede op Telegram-groep te kry, om sodoende vinnige, volledige inligting te kan deur gee.
Die tak hou die plaaslike koerante op die hoogte van nuusgebeure en kompetisie-uitslae.
Ons het ‘n goeie verhouding met die media wat gereeld oor die Tak se aktiwiteite berig.
Skietaangeleenthede
Skietdae word maandeliks by die Evert Genis-skietbaan gehou en sluit 4 skietoefeninge in.
3 September: Uitdaag Spanskiet, rooibok met rus, vlakvark, semi-outomaties
Intertak / President skiet
Edelvalk het regdeur die jaar uitstekend gevaar met die Presidentskie.
Die tak se skuts en spanne het huself met die nasionale geleentheid in Bloemfontein bewys.
Edelvalk het 3 spanne ingeskryf en al drie spanne het onder onder die top 20 geeindig.
Edelvalk Swartwildebeeste stap as wenners weg, asook in die ope klas.
Uitslae te Meerkatgat
1) Stoffel Bester
6) Drian Podges
10) Christo Bailey
20) Jaco Booysen
29) Xander Bailey
61) Neil Gräbe
93) JC Schoeman
125) Jaco Booysen Jnr
125) Jako Steenkamp
132) Helen Ellis
137) Carla Lues
165) Corrie Visagie
169) Evert Genis
1)Edelvalk Swartwildebeeste
13) Edelvalk Ribbokke
17) Edelvalk Blesbokke
Luggeweer skietoefeninge
Edelvalk-tak het lugdrukgewere aangekoop en bied elke maand ‘n binneshuise skietgeleenthede by die Standerton-skougronde aan.
Die skiet is nie beperk tot die tak se lede nie. Die tak wil juis die gemeenskap betrek, en sodoende juniors en selfs hul ouers wat nie
die toerusting het om te skiet nie, die geleentheid bied om die sport te beoefen.
Tot dusver was daar ‘n baie goeie opkos van nie-lede.
Tydens die eerste sessie word die juniors gehelp om die regte skietposisie in te neem en oor skietstokke te skiet.
Gedurende die tweede skietsessie bied ons ‘n liga aan waaraan seniors en juniors kan deelneem.
Skietoefeninge is vanaf die sit-, kniel-, en staanposisie oor ‘n enkel rus binne ‘n bepaalde tyd. Tellings word op rekord geplaas.
Vergaderings
Komiteevergaderings vind op die eerste Dinsdag van die maand plaas, of soos aan lede gekommunikeer.
Die ledevergaderings vind op die tweede Dinsdag van elke tweede maand by die Vaalrivierskool se kriekethuis plaas.
Ledevergaderings is voorlopig geskeduleer vir 11 Oktober.
Jaareindfunksie: Die voorlopige datum vir die jaarafsluiting en prysuitdeling is 26 November 2022.
Bewaring
Edelvalk-tak bied tydens skietdae lesings aan oor bedreigde spesies as deel van ‘n bewusmakingsprogram onder lede.
Opleiding
Opleiding vir toegewyde jagter- en sportskutstatus word elke kwartaal aangebied of volgens lede se behoeftes.