Die Vereniging werk onverpoosd voort om die belange van ons lede en die omgewing voor op te stel gedurende die Covid-19 pandemie. Met die wêreldwye impak van Covid-19, is daar druk van verskeie oorde om alle handel in wildlewe produkte te stop. Dit is egter ondeurdag en kan wesenlike onverwagte negatiewe impakte hê vir natuurlewe en veral kwesbare landelike mense.
SA Jagters en Wildbewaringsvereniging ondersteun ‘n ge-integreerde en holistiese benadering tot die probleem en heelwat meer werk is benodig voordat ons ingeligte langtermyn strategië kan voorstel. Vir die rede, ondersteun SAJWV hierdie ope brief aan die Wêreld Gesondheidsorganisasie en die United Nations Environmental Programme