• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

375 Holland & Holland Magnum – steeds ‘n staatmaker!

Die .375 Holland & Holland Magnum (ook bekend as die .375 H&H Mag) kaliber is in 1912 deur die Engelse geweermakers Holland & Holland in Engeland bekendgestel. ʼn Paar ontwikkelinge in aksie, patroon en geweer ontwerp het die ontwerp van hierdie patroon voorafgegaan en beïnvloed en die uiteindelike gewildheid daarvan onder jagters bepaal.


Aksie:
Die Gewehr 98 (M98) is ʼn gekontroleerde voer grendelaksiegeweer deur Mauser (bekendgestel in 1898) in ʼn 7.92x57mm Mauser kaliber met ʼn 5-rondte interne magasyn wat met ʼn stripper clip gelaai word. Dit was die Duitse Weermag se diensgeweer sedert 1898 tot 1935 en opgevolg deur die Karabiner 98kurz (Carbine 98 Short), ʼn korter geweer met dieselfde basies ontwerp. Hierdie gewere is d.m.v. massaproduksie in groot getalle onder kontrak vervaardig vir die weermagte van Duitsland en heelwat ander lande. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 het die Duitse Weermag ongeveer 2,300,000 Mauser 98-gewere van alle tipes gehad en ʼn addisionele 7,000,000 is tydens die oorlog vervaardig.


Patroon:
Toe die Duitse wapensmid Otto Bock die 9.3x62mm Mauser patroon in 1905 bekendgestel het kon hy nie voorspel wat ʼn belangrike invloed die patroon op jagters in Afrika sou hê nie! Die 9.3x62mm Mauser patroon is ontwerp om te pas in die gekontroleerde voer grendelaksie van die Mauser M98 hierbo beskryf en dit het die 286 grein patroon afgevuur teen ʼn trompspoed van 2362 vt/s en in die Mauser gewere het dit slaankrag en terugskop (recoil) effektief gebalanseer. Europese jagters en Duitse setlaars in Afrika het gereeld militêre kalibers gekies vir hul betroubaarheid en lae koste, maar koloniale regerings was altyd bang vir rebellies en het dikwels die gebruik van militêre kaliber gewere en patrone verbied. Die  9.3×62mm was nooit ʼn militêre kaliber nie en het nie hierdie probleem ondervind nie.


Geweer
: Die ontwikkeling van die 9.3x62mm Mauser patroon in die Mauser M98 grendelaksie het ʼn goedkoop magasyngeweer tot gevolg gehad wat een van die mees veelsydige patrone vir jagdoeleindes gevuur het. Die relatiewe hoë spoed (onthou dit was 1905) van die 286 grein koeël teen 2362 vt/s het voldoende penetrasie voorsien en ʼn platter trajek tot op 250m in vergelyking met baie van sy tydgenote. Britse wapensmede soos Rigby het die voordele van die Mauser se M98-aksie raakgesien en dit aangekoop vir gebruik in hul eie gewere met hul eie kalibers (patrone) wat die invloed van die aksies op spesifiek jaggewere bevestig het. Die 9.3x62mm Mauser gewere was baie goedkoper in vergelyking met die duur Britse dubbelgewere wat nie soos die Mausers voordeel getrek het uit massaproduksie nie. Die lae koste van die Mauser gewere tesame met die effektiwiteit van die 9.3x62mm patroon en die 286 grein koeël op gevaarlike wild met dik velle het spoedig veroorsaak dat Duitse boere in Afrika en jagters vanaf Europa hul dubbels en ander minder kragtige magasyngewere vervang het met die 9.3x62mm Mauser.


Kompetisie vir die
9.3x62mm Mauser: Bogenoemde tendens is deur die Britse geweer vervaardigers opgemerk en tussen 1909 en 1911 het Holland en Holland, Jeffrey, Rigby en Westley Richards hul eie patrone bekendgestel om ʼn alternatief te vind vir die 9.3x62mm Mauser in ʼn poging om die tendens te stuit en hulle deel van die mark te behou.


Ontwerp van die .375 H&H Mag
: Die .375 H&H Mag was Holland en Holland se bydrae en die voorbeeld van die 9.3x62mm Mauser het die ontwerp van die 375 H&H Mag tot ʼn groot mate beïnvloed:

  • vir voldoende penetrasie op gevaarlike wild met dik velle het Holland & Holland bepaal dat ʼn koeël met ʼn seksionele digtheid soortgelyk aan die 286 grein koeël van die 9.3×62mm met impak spoed van ongeveer 2,150 vt/s benodig word;
  • vir hierdie penetrasie op langer afstande word ʼn hoë trompsnelheid benodig;
  • die patroon moet betroubaar funksioneer uit ʼn geweer met ʼn magasyn in tropiese toestande en dit benodig ʼn tapse (tapered) dop en teen lae kamerdruk;
  • Die .375 H&H dop is ontwerp met ʼn gordel (belt) om korrekte kopspasie te verseker met ʼn tapse dop, wat andersins nie betroubaar sou wees nie, gegewe die nou skouer van die dop. 
  • Die dop is ontwerp vir gebruik met kordiet wat in lang stringe vervaardig word – nog ʼn rede vir die tapse dopvorm, wat as ʼn addisionele newe effek ook verseker dat die dop glad voer in die kamer en die uitwerp daarna.


.375 H&H Magnum – die finale produk:
Holland & Holland se nuwe patroon word in 1912 bekendgestel as die .375 Holland and Holland Magnum, die dop met ʼn gordel (belt), met ʼn 300 grein koeël (met dieselfde seksionele digtheid as die 286 grein 9.3×62mm koeël) teen ʼn trompspoed van 2,500 vt/s. Die patroon het kordiet verbrand met ʼn relatiewe lae werksdruk gemeet teen moderne standaarde van 47,000 psi (3,200 bar) wat veroorsaak dat leë doppe betroubaar uittrek en uitwerp veral in die tropiese en warm toestande van Indië en Afrika.


Die .375 H&H Mag patroon was ʼn ontwerp waarop Holland & Holland die patentreg gehad het, anders as die 9.3×62mm patroon en was aansienlik langer as die 9.3x62mm patroon. Met ʼn totale patroonlengte van 91.4 mm (in teenstelling met die 83.6mm vir die 9.3x62mm), is die .375 H&H Mag patroon te lank vir gebruik in ʼn standaardlengte aksie sonder sekere aanpassings. Holland & Holland het die skaaarser en duurder magnum lengte Mauser-aksie gekies vir hulle .375 H&H Mag. Die .375 H&H Mag gewere aanvanklik slegs beskibaar vanaf  Holland & Holland was duur en dit was vir ‘n lang tyd ‘n minder aantreklike opsie in vergelyking met die 9,3x62mm Mauser indien prys ‘n oorweging was.   


Belangrike nota
: Soos reeds genoem is die 9.3x62mm Mauser patroon ontwerp deur Otto Bock om te pas in die standaardlengte Mauser M98 aksie. Standaardlengte aksies kan gebruik word vir die langer .375 H&H Mag patroon maar dit het noukeurige aanpassings nodig (nou word die korter aksie aangepas by die patroon) om foutlose werking te verseker. Indien ʼn .375 H&H Mag gebou word op ʼn standaardlengte aksie, maak gebruik van ʼn kundige wapensmid wat dit al suksesvol gedoen het. Die volgende is enkele voorbeelde van aanpassings op die standaardlengte aksie wat  korrek/perfek gedoen word om probleme te verhoed: die magasyn moet aangepas word vir die langer .375 H&H Mag patroon om te verseker dat dit inpas en die voer van die patroon uit die magasyn na die kamer moet glad verloop, sonder enige haakplekke.  Die uittrek en uitwerp van die dop of patroon moet ook sonder haakplekke geskied. Enige probleem in die proses wat jou verhoed om ʼn volgende patroon vinnig in die kamer te voer en die skoot te skiet is onaanvaarbaar in enige geweer, maar veral in ʼn magasyngeweer bedoel vir gevaarlike wild waar jou opvolgskoot/-skote dalk ʼn stormloop op kort afstand moet stop!


Teen die einde van die Eerste Wêreldoorlog stel Holland & Holland die .375 H&H Mag patroon vry aan die publiek vir algemene handel
. Verder maak daar nuwe markte oop in die VSA en al meer jagters stel belang om in Afrika te jag en Amerikaanse vervaardigers begin om die .375 H&H Mag te vervaardig tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog en Winchester stel die Model 70 in .375 H&H Mag bekend in 1937. Tydens die Tweede Wêreldoorlog periode van 1939 tot 1945, kon private individue nie vryelik reis nie en jagsafari’s in Afrika kom feitlik tot stilstand. Die vernietiging van die Mauser-fabriek teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog beëindig produksie van onder andere die 9.3x62mm Mauser.  


Teen die einde van die Tweede Wêreldoorlog is daar heelwat wapenvervaardigers wat begin wapens maak vir die siviele mark soos militêre kontrakte beeindig is.  FN, Mauser, Remington en Winchester begin gehalte grendelaksiegewere vervaardig en met toenemende getalle jagters wat in Afrika jag, word die .375 H&H Mag al meer gewild. Die safaribedryf herstel gedurende die tweede helfte van 1940’s en vroeg 1950’s. Die meerderheid van die kliënte is van die VSA en jaggewere in .375 H&H Mag raak ʼn algemene gesig in Afrika. Die .375 H&H Mag met goeie gehalte koeëls van die regte gewig en korrekte skootplasing bewys homself keer op keer as ʼn effektiewe kaliber op groot gevaarlike wild wat  die meeste jagters met gemak kan gebruik. Vir baie beroepsjagters word die 375 H&H Mag die geweer op bystand vir kliënte indien hul eie swaarkaliber jaggewere een of ander probleem op safari ontwikkel. Tipiese probleme is die kliënt se geweer wat buite werking raak of ʼn nog meer algemene probleem is die ondervinding van beroepsjagters met kliënte wat té swaar kaliber gewere (skop te hard), kort voor ʼn safari koop. Hierdie kliënte skiet nie genoeg met die nuwe gewere voor hulle daarmee gaan jag nie en kan dus nie die gewere met vertroue hanteer en akkuraat daarmee skiet nie.

My .375 H&H Mag BRNO jaggeweer op die ZKK602 magnum lengte aksie met ‘n 1.75–5x 20mm Tasco teleskoop. Die enigste veranderinge wat ek op die fabrieks vervaardigde geweer laat aanbring het was die houtwerk agter op die kolf om dit langer te maak (die vorige eienaar het dit laat korter maak), die verandering aan die “Bavarian” or “hogs back” tipe geweerkolf na die reguit  kolf  wat ek verkies en twee crossbolts aan beide kante van die magasyn om die kolf te versterk.


‘n Verdere hupstoot in gewildheid van die .375 H&H Mag kom toe Afrika-kolonies wetgewing uitvaardig dat die .375 kaliber die minimumkaliber is vir gevaarlike wild
. Hierdie wetgewing verbied die sub-minimum kalibers vir gebruik op gevaarlike wild en die gebruikers van die kalibers moes noodgedwonge oorslaan na ʼn kaliber wat voldoen aan die vereistes. Die logiese keuse is die .375 H&H Mag. Een van die slagoffers van die wetgewing was die 9.3x62mm Mauser wat oornag nie meer kwalifiseer vir die skiet van gevaarlike wild nie! Hierdie was ʼn onreg teenoor ʼn uitstekende kaliber/patroon wat dit nie net self bewys het op gevaarlike wild nie, maar dit was die patroon wat die ontwerp van die .375 H&H Mag patroon tot ʼn baie groot mate beïnvloed het, soos hierbo beskryf!  

Aanvanklik was daar drie koeëlgewigte aangebied vir die .375 H&H Mag in 235gr, 270gr en 300gr en die oorspronklike trompsnelhede was 2800, 2650 en 2550 vt/s onderskeidelik. Baie gou na die bekendstelling van die 375 H&H Mag het tevrede jagters wat dit gebruik het begin terugvoer gee oor die effektiwiteit van kaliber. Die besondere penetrasie op bv. olifante met goeie gehalte 300 grein soliede koeëls het gou duidelik geword en die platter trajek van die ligter koeëls vir langer afstande op ander wild, het die .375 H & H Mag gevestig as ʼn baie veelsydige jagpatroon! Met moderne koeëlgewigte wat nou wissel van 220 to 380 grein is daar ʼn wye verskeidenheid koeëls met die nodige slaankrag vir klein tot medium wild sowel as vir gevaarlike wild met dik velle. Die mees algemene koeëlgewig in die kaliber is die 300 grein. Veldgidse, beroepsjagters, jagters en bewaringsbeamptes betrokke by die beheer van gevaarlike wild in Afrika het herhaaldelik hul duidelike voorkeur vir die .375 H & H Mag aangedui as ʼn veelsydige kaliber indien hulle slegs met een geweer kan jag. Veldgidse in Alaska waar bruin- en ysbere voorkom het ʼn soortgelyke voorkeur aangedui.  

Die jagter is verantwoordelik daarvoor en skuld sy prooi ʼn doodskoot met die eerste skoot. Enige beroepsjagter wat sy sout werd is doen alles in sy vermoë om sy kliënt in die beste posisie moontlik te kry vir ʼn akkurate eerste skoot op ʼn dier. By die jag van gevaarlike wild is skootplasing nog belangriker aangesien ʼn gekweste dier van veral die groot 5 ʼn baie gevaarlike opponent is! Vir hierdie rede verkies die meeste beroepsjagters ʼn geweer met ʼn kaliber in die klas van die .375 H&H Mag in die hande van ʼn kliënt wat dit met vertroue kan hanteer vir akkurate skootplasing. Aan die anderkant is dit met goeie rede dat beroeps-jagters vir ʼn persoonlike jaggeweer swaarder kalibers soos bv. die 458 Win Mag en groter kies wanneer hulle kliente begelei. Beroepsjagters staan jagters (kliënte) by en is verantwoordelik vir hul veiligheid tydens die jag van gevaarlike grootwild wat potensieel gekwes kan word, en die dier moet stuit wat oor kort afstande kan storm. Die beroepsjagters hanteer hulle gewere op ʼn daaglikse basis en skiet gereeld daarmee. Dit word ʼn goedgebruikte gereedskapstuk en hulle skiet in die algemeen die swaar kaliber gewere baie goed en akkuraat, veral onder druk.

Vandag, meer as 100 jaar na die bekendstelling van die .375 H&H Mag is dit onmoontlik om te skat hoeveel 375 H&H Mag gewere daar in Afrika is, maar dit moet baie duisende wees, vervaardig deur ʼn verskeidenheid geweermakers regoor die wêreld. In Suid Afrika met ons nuwe Wapenwet (Wet 60 van 2000) en gepaardgaande probleme om vuurwapens te lisensieer, moet jagters baie mooi dink wanneer hulle ʼn nuwe jaggeweer aankoop. Veral wanneer dit ʼn tweede of derde jaggeweer is en daar die behoefte is om ʼn groter kaliber te koop wat dalk eendag gebruik kan word om ʼn buffel of iets soortgelyks mee te jag, maar steeds vir die jag van algemene wild aangewend kan word. In kort, ʼn groter kaliber waarmee jy enige wild in Afrika en elders kan jag en waarvan die ammunisie goedkoop genoeg is, met hanteerbare terugskop (recoil) om ook gereeld op die skietbaan te skiet om te verseker dat jy jou geweer en ammunisiekombinasie onder alle omstandighede doeltreffend kan gebruik. Dus ʼn swaar kaliber vir die gemiddelde Suid Afrikaanse jagter! Nie sleg vir ʼn oubaas wat 109 jaar jonk (2021) is nie!

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles