Safari & Outdoor/SAJWV Nasionale Intertak Span- en Presidentskietkompetisies 2021
A.g.v. die beperkings en onsekerheid rondom die COVID-19 regulasies is daar tydens die beplanning van die twee skietkompetisies besluit om dit later as gewoonlik in die jaar aan te bied en wel op 24 en 25 September 2021 op die Meerkatgat skietbaan. Hierdie twee kompetisies verskil van mekaar aangesien die Intertak Spanskietkompetisie bestaan uit dertig 5-man spanne (150 skuts) en die Presidentskietkompetisie is ‘n kompetisie vir 150 individue wat teen mekaar kompeteer.
Skiettoestande: Gedurende die twee dae was die wind baie wisselvallig en by tye tot 20km per uur, baie warm teen die middel van die dag en met die mirage wat ook ‘n redelike rol gespeel het. Die skuts het hulle egter nie daardeur laat ontsenu nie en die skietstandaard was baie hoog soos die tellings getuig.
Baanoffisiere: Corne Swart van die Riemland tak was die hoofbaanoffisier en saam met sy span baanbeamptes het hulle die twee dae baie professioneel aangebied en seepglad laat verloop. Baie geluk en baie dankie aan Corne en sy span baanbeamptes wat oor twee dae gewerk het in baie warm en winderige toestande om die twee skietkompetisies vir die skuts moontlik te maak, ons is trots op julle.
Borg: Safari & Outdoor het beide dae geborg met ‘n reuse borgskap en was teenwoordig met ‘n uitstalling, gazebos en baniere waarmee hulle die hele terrein versier het. SA Jagters bedank graag vir Safari & Outdoor vir hul besondere ondersteuning van die twee skietkompetisies. Die reelings i.v.m. die medaljes en pryse vir plekwenners sal met deelnemers gekommunikeer word gedurende Oktober/November 2021.
Intertak Spanskietkompetisie 2021
Op Vrydag, 24 September 2021 het Vrystaat Sandveld tak die nasionale Safari & Oudoor /SA Jagters Intertak Spanskietkompetisie op die Meerkatgat skietbaan aangebied. Baie geluk en baie dankie aan die Vrystaat Sandveld tak vir hulle gasvryheid en ‘n baie suksesvolle skietkompetisie deur hulle aangebied!
Top 10-plekke Intertak Spanskietkompetisie 2021 | ||
No | Span | Tak |
1 | Mambas | Marico Bosveld |
2 | Riemland A | Riemland |
3 | Swartwildebeeste | Edelvalk |
4 | Buffels | Baviaanspoort |
5 | Zebras | Vrystaat Sandveld |
6 | Blou klippies | Diamant |
7 | Swartwitpense | Pretoria Oos |
8 | Savanna | Suikerbosrand |
9 | Duiker ramme | Duiker |
10 | 1914 Rebelle | Genl de la Rey |
Baie geluk aan die Marico Bosveld tak se Mamba span wat die dag gewen het, met die Riemland tak se A span in die tweede plek, en die Edelvalk tak se Swartwildebeeste span in die derde plek.
Marico Bosveld se Mamba span: – v.l.n.r. Johan Coetzee, Alewyn Conradie, Gawie Hugo, Rainier Hugo en Dolf du Preez
Wildehonde spantoekenning: Die kwalifiserende standaard vir die Wildehonde toekenning is ‘n minimum van 3240 (90%) uit die totaal van 3600 vir die span en ‘n minimum van 1530 (85%) uit die totaal van 1800 vir elkeen van die skietoefeninge. Hierdie toekenning word op streek en nasionale vlak toegeken en elke spanlid van die kwalifiserende span kry individueel erkenning daarvoor. Baie geluk aan die Marico Bosveld tak se Mamba span wat die toekenning verwerf het op die nasionale Intertak Spanskietkompetisie van 2021. Op streekvlak het vyf spanne vir die Wildehonde toekenning gekwalifiseer gedurende 2021. Die reëlings i.v.m. die toekenning op streek en nasionale vlak sal met die skuts gekommunikeer word gedurende Oktober 2018.
Presidentskietkompetisie 2021
Op Saterdag, 25 September 2021 het Bloemfontein tak die nasionale Safari & Oudoor/SA Jagters Presidentskietkompetisie op die Meerkatgat skietbaan aangebied. Baie geluk en baie dankie aan die Bloemfontein tak vir hulle gasvryheid en ‘n baie suksesvolle skietkompetisie deur hulle aangebied!
Gedurende 2019 het 1299 skuts op streekvlak gekompeteer om uitgenooi te word na die nasionale Presidentskietkompetisie. Ten spyte van die uitdagings van COVID-19 gedurende 2021 het daar steeds 1114 skuts op streekvlak gekompeteer om ‘n uitnodiging vir 2021.
Baie geluk aan die wenners van die verskillende klasse:
Ope klas en kampioenskut: Brent Collie – Riemland tak
Junior Klas: Xander van Eck – Bosbok tak
Dames klas: Karien Lubbe – Diamant tak
Senior Klas: Dolf du Preez – Marico Bosveld tak
Ope klas en kampioenskut
Brent Collie – Riemland
Junior Klas 2021 wenner
Xander van Eck – Bosbok
Dames klas wenner
Karien Lubbe – Diamant
Senior Klas wenner
Dolf du Preez – Marico Bosveld
Top 20 | ||||
No | Tak | Klas | ||
1 | B | Collie | Riemland | Ope |
2 | GL | Strydom | Sterland | Ope |
3 | JH | Lubbe | Diamant | Ope |
4 | AP | Conradie | Marico Bosveld | Ope |
5 | SE | Janse van Rensburg | Pretoria Oos | Ope |
6 | HS | Steyn | Diamant | Ope |
7 | AD | van Eck | Bosbok | Junior |
8 | CP | De Jager | Riemland | Ope |
9 | AJ | Steyn | Cheetah | Ope |
10 | R | Mostert | Mpungini | Ope |
11 | PSJ | Botha | Duiker | Ope |
12 | WF | Strydom | Witrenoster | Ope |
13 | HJ | Louw | Pretoria Oos | Ope |
14 | PJ | Cronje | Duiker | Ope |
15 | WJA | Kriel | Genl de la Rey | Ope |
16 | NJ | Lotter | Genl de la Rey | Ope |
17 | H | Viljoen | Bloemfontein | Ope |
18 | CCJ | Bester | Edelvalk | Ope |
19 | JDJ | Taljaard | Baviaanspoort | Ope |
20 | JP | van der Walt | Hartbees | Ope |
Juniors | ||||
No | Tak | Klas | ||
1 | AD | van Eck | Bosbok | Junior |
2 | CL | Swart | Riemland | Junior |
3 | X | Bailey | Edelvalk | Junior |
Dames | ||||
No | Tak | Klas | ||
1 | CAJ | Lubbe | Diamant | Dames |
2 | RM | Fourie | Riemland | Dames |
3 | CM | Kriel | Genl de la Rey | Dames |
Seniors | ||||
No | Tak | Klas | ||
1 | RC | du Preez | Marico Bosveld | Seniors |
2 | EJD | Genis | Edelvalk | Seniors |
3 | GJ | Hattingh | Centurion | Seniors |
Platinum toekennings:
Die totale puntetelling vir die vlakte- en bosveld skietoefeninge (24 skote in totaal) is 720 punte. Die minimum vereiste vir die behaling van die Platinum balkie/ toekenning wat slegs tydens die Presidentskietkompetisies deur individue verwerf kan word, is ‘n totaal van minstens 610 punte (85%) uit die total van 720 punte vir die twee skietoefeninge tesame. Verder moet die skut ook minstens 290 punte (80%) uit 360 vir elke skietoefening afsonderlik behaal.
Met die nasionale Presidentskietkompetisie van 2021 het 59 skuts die Platinum toekenning verwerf wat 3 juniors en 3 dames ingesluit het. Baie geluk aan al die skuts, dit is ‘n besondere prestasie vir elkeen wat dit behaal!
Volledige Resultate
Filename | Size |
---|---|
1-Interbranch Team shoot -2021 | 38.88 KB |
2-Presidentshoot Open class 2021 | 74.59 KB |
3-Presidentshoot Juniors – 2021 | 112.39 KB |
4-Presidentshoot Ladies – 2021 | 40.54 KB |
5-Presidentshoot Seniors – 2021 | 40.2 KB |
6-Nasionale Presidentshoot Platinum – 2021 | 53.59 KB |
Deur: André van der Merwe
Bestuurder: Tak- en Skietsake