• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

SA Jagters President se Kersboodskap: Desember 2022

PRESIDENT SE KERSBOODSKAP 2022

Die jaar 2022 en sy uitdagings het ons dikwels laat voel soos reisigers in ʼn woestyn of ʼn dor landstreek. Kersfees wil ons herinner dat God ons raaksien op hierdie reis. God kom deur Jesus na ons woestynland. Elke jaar met Kersfees is dit weer soos reëntyd in die woestyn en kom daar nuwe hoop en groei. Netso bring Jesus ook in my en jou woestyn nuwe hoop en groei. Ons is elke jaar van voor af bly, omdat Sy geboorte vir ons wat vasval en magteloos voel oor die uitdagings om ons, nuwe lewe en nuwe krag gee.

Dit is ook hoekom jy opgewonde en bly kan voel oor Kersfees. Dis nie net ʼn mooi droom te midde van ʼn nagmerrie nie. Dis ʼn viering van God se groot genade en hoop.

Op hierdie pad wat vir ons soms soos ʼn reis deur ʼn woestyn voel, gee Hy vir ons die krag om mekaar te help en aan te spoor en om deur die Suid Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging die reis te kan voortsit.

Die Raad, bestuur en personeel van die Suid Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging wens jou en jou familie ʼn Geseënde Kerstyd toe. Mag die Here julle seën en julle paaie gelyk maak.

Met hierdie geleentheid bedank ek elke lid van die Vereniging vir u tyd en opofferings, bydraes en lojaliteit. Die wonderlike gesindhede wat daar heers waar SA Jagters se lede bymekaar is, die wyse waarmee ons mekaar bemoedig, en veral hoe u die Suid Afrikaanse Jagters en Wildbewaringsvereniging dien, is ongelooflik. Baie dankie daarvoor!

Ons sien saam uit na 2023. Hiermee ook my beste wense vir die toekoms. Mag 2022 se terugslae en suksesse die begin wees van nuwe hoogtes vir 2023 en daarna.

Dit is my gebed dat die Here elkeen van u en u families sal seën in alles wat u doen in 2023.

Kersgroete

Basie Bergh

President

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles