• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Nasionale Intertak Spanskietkompetisie 2018

Die SA Jagters, nasionale Intertak Spanskietkompetisie het plaasgevind op Saterdag, 18 Augustus 2018 op die Meerkatgat skietbaan van die Vrystaat Sandveld tak wat ook die gasheertak vir die dag was.

Op Saterdag, 18 Augustus 2018 het Vrystaat Sandveld tak die nasionale SA Jagters Intertak Spanskietkompetisie op die Meerkatgat skietbaan aangebied. Dit was relatief koud met sterk wind van 20 tot 30 km/uur skuins van agter wat die skuts se vermoë om daarvoor voorsiening te maak, goed getoets het.  

Baie geluk en baie dankie aan die Vrystaat Sandveld tak vir hulle gasvryheid, aandag aan detail en vriendelike administratiewe personeel en die afsluiting met ‘n heerlike ete en prysuitdeling – dit was besonders! Basie Berg (Vise President: Jagsake) was weer die hoofbaanoffisier en met sy gemaklike en vriendelike styl het hy verseker dat alles glad verloop op die skietbaan in terme van dissipline, veiligheid en die gladde verloop van die dag. Baie dankie aan Basie en die span baanbeamptes wat heeldag gewerk het in koue en winderige toestande om die skietkompetisie vir die skuts moontlik te maak.

Gedurende 2018 het 198 spanne op streekvlak gekompeteer om uitgenooi te word as een van die Top 30 spanne na die nasionale Intertak Spanskietkompetisie van 2018. Net 50 skuts kan per aflossing deelneem en daarom is die 150 skuts (30 spanne van 5 skuts elk) in drie aflossings opgedeel.  Aflossing 1 se 50 skuts het aangetreë en die dag afgeskop met die 3 skote op die 300 m vlakte skietoefening op die springbok teiken, daarna het hul teruggestaan en aflossing 2 het ‘n beurt gekry en daarna aflossing 3. Daarna het die skuts na die 200 m skietpunt beweeg waar aflossing 1 weer eerste aangetree het. Op die wyse is elke skietoefening afgewissel waar die 3 aflossings elkeen geleentheid gekry het om so na as moontlik in dieselfde weerstoestande (temperatuur, mirage en wind) te skiet. Na voltooiing van die vlakte skietoefening was daar ‘n kort pouse waarin die baanoffisiere ‘n ruskans gekry het en toe is die bosveldskietoefening gedoen en teen 14h30 is die laaste skote geskiet.

Baie geluk aan Pretoria Oos se Swartwitpens span wat die kompetisie gewen het en die vyf skuts het elkeen ‘n R4 000 geskenkbewys van Dave Sheer, Pretoria ontvang. Pretoria Oos het die kompetisie in die afgelope tien jaar vierkeer gewen – baie geluk met ‘n merkwaardige prestasie! Schweizer se Laksmanne was in die tweede plek met elkeen ‘n R2500 geskenkbewys van Humansdorp Koöperasie en Generaal de la Rey Molon Labe span was in die derde plek met elkeen ‘n R1500 geskenkbewys van Humansdorp Koöperasie. Daar is ook 15 geskenkbewyse ter waarde van R10 000 van Humansdorp Koöperasie op ‘n gelukstrekking uitgedeel.

Wildehonde toekenning:
Die SA Jagters Raad het die nuwe Wildehonde Intertak Spanskiettoekenning goedgekeur vir implementering reeds in 2018. Daar is op die naam Wildehonde besluit vir die spanskiettoekenning aangesien Wildehonde in die natuur moet saamwerk/jag om te oorleef. Die Intertak Spanskiet het ‘n unieke kultuur en om die skietkompetisie te wen moet al vyf skuts in die span saamwerk/skiet en elkeen moet ‘n top telling behaal. Die kwalifiserende standaard is ‘n minimum van 3240 (90%) uit die totaal van 3600 vir die span en ‘n minimum van 1530 (85%) uit die totaal van 1800 vir elkeen van die  skietoefeninge. Hierdie toekenning word op streek en nasionale vlak toegeken en elke spanlid van die kwalifiserende span kry individueel erkenning daarvoor. Baie geluk aan Pretoria Oos se Swartwitpens span en Schweizer se Laksmanne is die eerste spanne wat die nuwe toekenning verwerf gebaseer op die Intertak Spanskietkompetisie van 2018 se resultate hieronder. Op streekvlak het 7 spanne vir die Wildehonde toekenning gekwalifiseer. Die reëlings i.v.m. die toekenning op streek en nasionale vlak sal met die skuts gekommunikeer word gedurende Oktober 2018.       

Borge:

Baie dankie aan ons hoofborg, Dave Sheer, Pretoria vir die borgskap van R20 000 aan die Kampioenspan. Die ander geskenkbewyse ter waarde van R30 000 is met behulp van ander donasies by die Humansdorp Koöperasie gekoop en ons bedank graag ook die Koöperasie vir hulle samwerking in die verband. SA Jagters lede kan gerus die twee wapenhandelaars ondersteun en hulle so bedank vir hulle bydrae tot SA Jagters.

Toerusting gebruik deur die wenspan:

 Flippie van TonderHercules LouwJohan GrieselMarco SchoemanHenna du Plessies
Kaliber6.5×47 Lapua6.5 Creedmoor308 Win260 Rem6.5×47 Lapua
AksieBarnardHowaRemmingtonTikkaSabatti
LoopKriegerHowa VarmintWaltherTikka Super VarmintSabatti
KolfEie ontwerpHowa Euro varmintGRSTikkaSabatti
TeleskoopNightForce NSXLynx LX3Lynx LX3Lynx LX3Schmidt & Bender PMII
Vergroting8-32×565-30×565-30×565-30×565-25×56
Koeël139gr Lapua Scenar140gr Nosler CC168gr Nosler CC139gr Lapua Scenar123gr Lapua Scenar

 
Pretoria Oos: Swartwitpense: v.l.n.r. Henna du Plesssis, Marco Schoeman, Hercules Louw, Flippie van Tonder, Johan Griesel


Schweizer Laksmanne: André van Heerden (Vise President: Jagsake), Johan Coetzee, Jaco van Zyl, Abraham Oosthuizen, Tielman Nieuwoudt, Jacques Moolman


Genl de la Rey Molon Labe: André van Heerden (Vise President: Jagsake), Riaan Kriel, Thys Goosen, Jan Haasbroek, Michelle Laing en Walter Laing

Vir volledige resultate sien onderstaande dokument

FilenameSize
An Adobe Acrobat file National Interbranch Team Shooting Competition 201842.12 KB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles