• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Reëls en Aansoekprosedure vir Toegewyde Jagterstatus

Die verwerwing van Toegewyde Jagterstatus wat SA Jagters toeken, voldoen aan die statutêre bepaling van Wet 60 van 2000 soos gewysig. Lede wat hierdie status verwerf het, mag ingevolge Artikel 16 van hierdie Wet meer as vier vuurwapens vir jagdoeleindes besit.

  • Toegewyde Jagterstatus is geskik vir lede wat gereeld jag en aan takaktiwiteite deelneem.
  • Let wel: Ingevolge die beleid van SA Jagters, word Toegewyde Jagterstatus slegs toegeken aan lede 16 jaar en ouer.
  • Lede jonger as 16 jaar mag wel die opleiding voltooi maar mag slegs aansoek doen vir  die Toegewyde Status wanneer hulle 16 jaar oud word en die Toegewyde Status aansoek sal daarom slegs ontvang, verwerk en die Toegewyde Status uitgereik word nadat die lid 16 jaar oud geraak het.

Aansoekprosedure vir Toegewyde Jagterstatus

  1. Lede wat die voorgeskrewe kursus vir Toegewyde Jagterstatus wil aflê, kan die senior opleier van hul tak kontak om vir opleiding te registreer.
  2. Nadat lede die eksamen vir Toegewyde Jagterstatus suksesvol voltooi het, moet hulle die praktiese SAJWV-skiettoets aflê.
  3. Die Tak se opleidingsbeampte stuur die eksamenuitslae en die lid se voltooide en getekende aansoekvorm na die nasionale kantoor wat die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus sal uitreik.
  4. Met die ondertekening van die aansoekvorm onderneem die lid om aan die minimum voorgeskrewe vereistes van die Wet te voldoen en die aktiwiteitsvereistes van SA Jagters na te kom ten einde Toegewyde Jagterstatus te behou.
  5. Lede word per SMS verwittig dat Toegewyde Status toegeken is en dat hulle die sertifikaat van die aanlyn lede-administrasiestelsel kan aflaai en druk.
  6. Die takke bepaal self die kursusfooi wat  die koste van die handleiding, lapwapen, registrasie en uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus insluit.
  7. SA Jagters erken Toegewyde Jagterstatus wat lede by ‘n ander geakkrediteerde vereniging verwerf het mits sy/haar lidmaatskap by die spesifieke vereniging op datum is en die opleiding deur sodanige vereniging deur SA Jagters erken word. Die lid moet SA Jagters se voorgeskrewe aansoekvorm vir die uitreiking van Toegewyde Jagterstatus voltooi en dit saam met die bewys van lidmaatskap van die geakkrediteerde vereniging, ‘n afskrif van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus, en bewys van betaling van die eenmalige R250 administrasiefooi stuur aan dedicated@sahunter.co.za SA Jagters sal die aansoek verwerk en die Toegewyde Jagterstatus uitreik.
  8. Persone wat Toegewyde Jagterstatus verwerf het by ’n vereniging waarvan die opleiding nie deur SA Jagters erken word nie, moet eers SA Jagters se voorgeskrewe eksamen vir Toegewyde Jagterstatus aflê (recognition of prior learning) om aan SAJWV se gestelde vereistes te voldoen. Geen kursusfooi is betaalbaar nie, maar ‘n eenmalige administratiewe koste van R250 word gehef vir die uitreiking van die sertifikaat vir Toegewyde Jagterstatus.
  9. Die lid se ledegeld by SA Jagters moet op datum betaal wees voordat Toegewyde Jagterstatus uitgereik kan word.
  10. Lede wat 70 jaar en ouer is, kwalifiseer outomaties vir Toegewyde Jagterstatus sonder om die kursus te voltooi. Die eenmalige administratiewe fooi van R250 is wel van toepassing vir die uitreiking van Toegewyde Jagterstatus. Sodanige lede voltooi slegs die aansoekvorm vir Toegewyde Jagterstatus en stuur dit saam met die bewys van betaling van van die eenmalige R250 administrasiefooi aan dedicated@sahunt.co.za

Vereistes vir die Handhawing van Toegewyde Jagterstatus

Die Wet op die Beheer van Vuurwapens bepaal dat ‘n geakkrediteerde vereniging ‘n stelsel moet hê waarvolgens toegewyde status toegeken en bestuur word. SA Jagters vereis dat lede met Toegewyde Jagterstatus jaarliks voor of op 31 Oktober ‘n aktiwiteitsverslag indien om toegewyde status te behou. Diegene wat  nalaat om aktiwiteite te registreer en dus versuim om aan die bepalings van die Wet te voldoen, se Toegewyde Jagterstatus sal gekanselleer word.

  • Toegewyde Jagters moet aan enige twee jagverwante aktiwiteite per jaar deelneem om Toegewyde Jagterstatus te behou, bv. ‘n jagtog en die bywoon van ‘n amptelike SA Jagters sosiale byeenkoms of skietaktiwiteit (tak- en streek-skietdag).
  • Amptelike SA Jagters aktiwiteite soos bv. takvergaderings, tak-skietdae en enige ander amptelike Tak- of skietbyeenkoms word deur middel van die takke se rekenaartablet op rekord geplaas.
  • Dit is lede se eie verantwoordelikheid om inligting oor jagtogte en skietaktiwiteite by ‘n ander geakkrediteerde vereniging op die aanlyn lede-administrasie stelsel aan te bring sodat dit deel kan uitmaak van die vereiste jaarlikse aktiwiteitsverslag.
  • Die aktiwiteite moet voor 31 Oktober van elke jaar gerapporteer word.
FilenameSize
A Microsoft Word file 4A – Toegewyde Status Aktiwiteitsverslag Mei 2020205.28 KB
A Microsoft Word file 5A – Toegewyde Status Geen-Aktiwiteitsverslag Mei 2020202.99 KB
A Microsoft Word file Aansoekvorm vir Toegewyde Jagter en Sportskut Status 2020798.5 KB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles