Die Minister van departement van bosbou, visserye en die omgewing het ‘n nuwe, gewysigde konsepwitskrif oor bewaring en volhoubare benutting van biodiversiteit in SA gepubliseer vir kommentaar teen 11 November. SA Jagters het kommentaar op die eerste konsepwitskrif gelewer en het verskeie uitdagings in die dokument uitgelig. Ons is veral bekommerd oor die definisies van volhoubare benutting, dat daar min klem gelê is op faselitering van die positiewe bydrae wat verantwoordelike jag en natuur- en wildlewegebiede onder bestuur van die private sektor maak tot bewaring en die wildlewe-ekonomie.
Click here for full document: Publication of draft revised White Paper for comment Gazette No 47378 of 28 October 2022