Pretoria Oostelike Buurte
Chairman / Voorsitter:
Fritz Snyman (082 332 5781)
e-mail / e-pos
Website / Webwerf
Algemene nuus
Voorsitter/Bewaring: | Fritz Snyman | 082 3325 781 | fritz@universiteitsoord.co.za |
Ondervoorsitter | Ren Fourie | 083 2895 069 | rennici.fourie@gmail.com |
Sekretaris | Theo Potgieter | 071 323 4253 | ptaoosjagters@gmail.com |
Kommunikasie/Junior opleiding | Fanie Ungerer | 083 281 9780 | fanieungerer@yahoo.com |
Tesourier: | Pieter Herbst | 074 1381 177 | pieter@taxphacts.co.za |
Opleiding senior | Ren Fourie | 083 2895 069 | rennici.fourie@gmail.com |
Opleiding junior | Hardu Buys | 082 8505 719 | hardubuys@gmail.com |
Skietkoördineerder: | Nico du Plessis | 078 77 7397 | nicodup.jag@gmail.com |
Jagsake koördineerder | Jaco Berg | 083 409 5279 | jaco.berg@mecad.co.za |
Bewaringskoördineerder: | Ferdi Labuschagne | 072 536 1455 | sapling@mweb.co.za |
Bemarking | Jaco Herbst | 076 0458 720 | jaco@mobilemarineservices.co.za |
Trofeekoördineerder: | Andy Sutton | 083 6113 953 | asutton6@ford.com |
Haelgeweerskietkoördineerder | Etienne Phaal | 082 555 6112 | etienne.phaal@gmail.com |
Voorsitter Aardwolf studentetak | Jaco Berch | 083 409 5279 | jaco@mecad.co.za |
Algemene nuus
Teen hierdie tyd van die jaar, voel die meeste van ons se knieë al ‘n bietjie lam. Die jaar raak lank! Ek lees iewers, iemand sê baie mense ly aan “Novemberitis”. Novemberitis is amper soos artritis. Jou hele lyf is seer en styf. Dit tas ook sommer jou emosies aan. Jy voel moeg en uitgeput.
Jou sosiale filters is vol gate en die nerwe lekker dun.
Gelukkig is Novemberitis seisoenaal en nie terminaal nie. Na ‘n bietjie Vitamine SEE met soutwater en sand sal die meeste van ons weer perdfris en springlewendig wees.
Daarom hier aan die einde van die jaar, ‘n laaste paar reëlings:
WhatsApp-groepe
Soos die baie van u reeds weet hens vinnig en maklik met ons lede kan kommunikeer. Die groep is so opgestel dat slegs aJagdmins ‘n plasing kan maak. Lede kan ook slegs na “admins” antwot die komitee ‘n reuse poging aangewend om die meeste van ons lede (2 463) deel van ‘n SA Pta- Oos WhatsApp groep te maak. Die voordeel hiervan is dat oord. Ons onderneming is om hierdie platform te gebruik om so min as moontlik, maar so effektief moontlik met lede te kommunikeer. Om deel te word van een van die groepe maak die link o op op jou foon.. (https://chat.whatsapp.com/I0alGTngYVrLyS3fQ6IoQh)
Pta-Oos Takhemde vir 2022
Alle lede wat hemde bestel het kan dit kom afhaal by die pretskietdag op 19 November of by die jaareindfunksie later die dag by Nyathipark.
Indien lede nie die pretskiet kan bywoon nie, kontak vir Jaco Herbst by jacoh1@gmail.com
Wilde-Ooste Pretskiet
Saterdag, 19 November 2022 om 7:30 by Out There Adventures
Ons het hierdie jaar hande gevat met Wildebees en bied meer as R10 000 se pryse aan.
Die fooi vir die skuts is R50pp vir die dag om al die skietoefeninge te skiet. Vroue en juniors skiet gratis.
Almal moet die register en die vrywaringsvorm by aankoms voltooi. Dit gaan groot pret wees, moet dit nie misloop nie!
Prysuitdeling en Jaareindfunksie
Saterdag, 19 November 2022 om 13:00 by Inyathi Park
Pretoria-Oos-tak wil erkenning gee aan al ons topskuts van die afgelope jaar by ons prysuitdeling en jaareindfunksie.
Dit beloof om ‘n heerlike kuier geleentheid te wees.
Vleispakkies sal te koop wees teen R100 per volwassene en R40 per kind. Vure, bykosse en slaaie word voorsien.
Bring jou eie eetgerei, drinkgoed en sommer die hele gesin. Bespreek asb. voor 15 November jou ete.
Maandelikse lede-aand
As gevolg van die jaareindfunksie sal daar hierdie maand geen lede-aand wees nie.
Datums van skietdae en lede-aande vir 2023
Vir ‘n lys met al die belangrike datums vir volgende jaar hou die kalender op die webwerf dop.
Ons sien u graag by ons Pretskiet en Jaareindfunksie, anders groete en seën vir die feestyd.