Kareedouw
Chairman / Voorsitter:
Nico Herselman (082 441 2467)
e-mail / e-pos
Algemeen / Taksake
Die tak wens Matthys Lourens geluk met sy suksesvolle voltooiing van ‘n beroepsjagterkursus.
Ons wens ons lede ‘n geseënde en veilige Kers- en feestyd toe. Ons sien daarna uit om almal terug te verwelkom in 2023.
Skietaangeleenthede
Koukamma-tak se lede het deelgeneem aan ‘n Grysbok-tak skietkompetisie te Billson-skietbaan op 12 November. Baie geluk aan elkeen wat goed presteer het.
Koukamma-tak se Jaarafsluitingsvergadering en Posliga skietkompetisie is op 26 November by die Witklip-skietbaan aangebied. Skuts het deelgeneem aan handwapen, .22 geweer, haelgeweer, jaggeweer (Vlakvark) en langafstand skietdissiplines, gevolg deur die jaarafsluitingsvergadering en ‘n spitbraai.
‘n Prysuitdeling is gehou waartydens verskeie lede verdienstelikheidsertifikate ontvang het.
Vernon Scheepers het ʼn toekenning vir sy lang jare diens aan die tak ontvang. Vernon is ‘n stigterslid van die oorspronklike Koukamma Sportjagklub, wat later SAJWV se Koukamma-tak geword het. Ons was bevoorreg om die tak se jongste en oudste lid by die jaarafsluiting te verwelkom.
Die volgende trofees is oorhandig:
Toegewyde leierskap en onbaatsugtige dienslewering aan Nico Herselman
MDS skut van die jaar aan Pieter van Vuuren
Posliga skut van die jaar aan Ruthgert Herselman
Kampioenskut van die jaar aan Ruthgert Herselman.
Antoinette Kritzinger, Oscar Goncalvez, Fanie Kleu en Christo Herselman het elk ‘n Orde van die Buffel (Brons) toekenning ontvang.
Baie geluk! Ons is baie trots op elkeen se prestasies.
Koukamma-tak is ook aangewys as die Top 150 Kampioentak van 2022! Baie dankie aan elke lid wat bygedra het tot hierdie groot prestasie. Baie dankie aan al die organiseerders en helpers, veral Fanie Kleu (skietkoördineerder), Antoinette Kritzinger (trofees en sertifikate) en Nic Coetzee, Koos Havenga en hul gades vir die spitbraai. Dit was ‘n dag wat oud en jonk geniet het.
Bewaring
Die bestaande projekte gaan voort.
Program 2022/2023
28 Jan | President en Intertak skiet by Tuinroete-tak |
4 Feb | Sportskiet, Kwagga-tak |
25 Feb | President en Intertak by Koukamma |
4 Maart | MDS by Kwagga-tak |
18 Maart | President en Intertak by Grysbok-tak |
8 April | President en Intertak by Gamtoos-tak |
13 Mei | President en Intertak by Kamdebo-tak |
29 Julie | Haelgeweerskiet by Tuinroete-tak |
5 Aug | Sportskiet by Koukamma-tak |
26 Aug | Sportskiet by Tuinroete-tak |