Mafikeng
Chairman / Voorsitter:
Rudolph van der Walt (083 300 2937)
e-mail / e-pos
Voorsitter | Rudolph van der Walt | 083 300 2937 | rudolph@selenane.co.za |
Ondervoorsitter | Ruan Pretorius | 082 923 5962 | apexfarming@gmail.com |
Sekretaresse | Hester King | 082 215 2495 | hester@ionline.co.za |
Tesourier | Amelia van der Walt | 083 513 9607 | amelia@selenane.co.za |
Senior Opleiding | Gary Graham | 072 446 9044 | gagraham87@yahoo.com |
Junior opleiding | Charles Kinnear | 083 395 5048 | crkinnear@gmail.com |
Asst junior opleiding | Gavin Bremner | 083 310 0623 | gavinb@cbc-mafikeng.co.za |
Skietkoördineerder | Ruan Pretorius | 082 923 5962 | apexfarming@gmail.com |
Bewaring | Rusty Hustler | 083 469 3242 | rhustler@outlook.com |
Asst bewaring | Johan Vice | 083 452 3559 | ybdrilling@gmail.com |
Kommunikasie | Heinrich Lotz | 082 894 8745 | heinrich.lotz@bigenafrica.com |
Sosiale Koördineerder | Ruan Pretorius | 082 923 5962 | apexfarming@gmail.com |
Asst Sosiaal | Megan Pretorius | 082 712 3822 | mvanas42@gmail.com |
Trofee Koördineerder | Frank Bartl | 082 490 7337 | frankbartl565@gmail.com |
Gekoopteerde lid | JR Raath | 082 258 6698 | raathjr@gmail.com |
Gekoopteerde lid | Jaco Marais | 079 732 1966 | lsjmarais@yahoo.com |
Algemene Nuus
Kameeldoring-tak is behoorlik geseënd met ‘n baie bedrywige tyd: nie net deur die boere wat kan ploeg en plant nie, maar ook is ons skietdae goed bygewoon. Ledegetalle het goed toegeneem na die pandemie.
ʼn Nuwe bestuur is op 16 September 2022 tydens ons algemene jaarvergadering verkies. Baie geluk ook aan almal. Die aand is afgesluit deur ‘n gesellige ete en kuier.
Ere-lidmaatskap is toegeken aan Connie Conradie, FAnus Booysen, Gerhard Marais, Joe elliers,Nic Oosthuizen en Rusty Hustler.
Die program vir 2023 sal binnekort beskikbaar wees. Die Kameeldoring-tak wens elke lid ‘n gessende Kerstyd toe. May u veilig reis waarheen u ookal gaan. Ons sien uit na ‘n wonderlike 2023 met baie aktiwiteite en skietdae.
Indien u van iemand weet wat wil aansluit by die Kameeldoring-tak, skakel Hester King by 0822152495 vir meer inligting.
Kontak ook vir Hester indien daar veranderinge aan enige lid se besonderhede aangebring moet word.
Lede word aangemoedig om op die SAJWV ledelys hulle besonderhede na te gaan. Lidmaatskapaansoekvorms is ook aanlyn beskikbaar.
Takaktiwiteite en algemene inligting word voortdurend deur WHATSAPP aan Kameeldoring-tak se lede verskaf.
Indien u nie op die WhatsApp groep is nie, skakel Heinrich Lotz by 0832745067.
Die maandelikse nuusbrief word ook op ons Facebook-blad geplaas sodat almal die tak se komende aktiwiteite kan sien.
Ons plaas ook foto’s en inligting van die vorige maand se gebeure.
Skietaangeleenthede
Kameeldoring-tak het op 19 November die jaarlikse Lapua skietdag aangebied. Meer as 50 skuts het deelgeneem en sowat 120 teikens is geskiet. Die dag is afgesluit met die jaarlikse prysuitdeling waar skuts vereer is vir hul harde werk deur die jaar. Daarna is daar op eg Suid-Afrikaanse wyse om die vure gekuier terwyl die legendariese Tish vir vermaak gesorg het.
Uitslae van die Lapua-skietdag is beskikbaar op versoek aangesien die lys te lank is om hier in te sluit.
Ons gee net enkele van die algehele wenners:
Randslag algehele wenner: Zander Nienanber (86)
Senterslag algehele wenner: Jaco Marais (48)
Opleiding
Opleiding vir nuwe baanoffisiere vind op 2 Desember plaas, terwyl bestaande baanoffisiere oop verfrissingsopleiding kan ondergaan.
Toegewyde Sportskutopleiding is aanlyn beskikbaar.
ʼn Nuwe sportskiethandleiding met slegs die toepaslike sportskietopleidingsmateriaal is ontwikkel.
Lede kan die kies om die opleiding elektronies of by die tak te doen. Doen navraag by die tak vir die opleidingskoste.
Lede met toegewyde jagterstatus wat ʼn praktiese skietkomponent insluit, kry ‘n grasieperiode van drie maande om die
skiettoets af te lê indien die tak se skietbaan gesluit is.
Kontak Sean Baker by 0836483370 of David Wiese by 082 334 6872 vir enige inligting oor opleiding en die gepaardgaande koste.