• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathipark Nuus October 2019

SA Jagters se jaarlikse hoogtepunt, die NTVF en Kongres, het op 1 en 2 November plaasgevind. Met die opening van die NTVF het ds. Zet Roberts bykans hartstogtelik gebid vir reën. Ds. Fanie Willers het met die opening van die Kongresdinee op Vrydagaand dieselfde gedoen. Wonder bo wonder so teen 21:00 het `n regte hoëveld donderstorm uitgesak met heerlike sagte reën vir die res van die nag. Ons is diep dankbaar vir die reën wat ook op ander plekke in die land geval het  

Ek is `n paar dae laat met die nuusbrief sodat ek kan berig oor die verrigtinge van die Kongres en al die daaropvolgende gebeure. Ons sal die November nuusbrief ook uitstuur net voordat die kantoor in Desember sluit.

NTVF en Kongres 2019

Die NTVF het op Vrydagoggend 1 November 2019 om 07h00 begin en goed afgeloop. Die aand is afgesluit met die Kongresdinee wat bygewoon is sowat 450 mense bestaande uit takverteenwoordigers en ander gaste. Verskeie toekennings is ook gemaak. Toekennings foto’s op Google Photos.

Baie dankie aan Fitch and Leedes wat vir ons die Gin Bar geborg voor die dinee begin het.

Die Kongres het om 06:00 op 2 November 2019 met `n vroeë ontbyt afgeskop, en die Kongres (Algemene Jaarvergadering) het om 07:00 begin. Die verrigtinge het glad verloop. Sien meer op Google Photos

Onder die belangrikste sake wat aangespreek is, was die goedkeuring van SA Jagters se geouditeerde finansiële state, `n klompie wysigings aan die Grondwet en Interne Reëls,en dan die verkiesing van twee raadslede.

Baie geluk aan Danie de Villiers wat herkies is as Visepresident opleiding en aan Danie Momberg wat verkies is as Visepresident Jagsake. Dankie dat julle bereid is om tyd en aandag te skenk aan SA Jagters en sy lede.

Gewere

Die trekking van die wenners van die twee gedenkgewere wat Ralph Badenhorst gebou het, iss gedoen en die gelukkige wenners is in kennis gestel.

Dr A Jacobsz (061939) van Pretoria-0os-tak het die 9,3 X 62  gewen en mev Elize Barnett (082496) wat die sekretaresse is by Rietbok-tak het die 7 X 57 gewen. Elize was as afgevaardigde by die Kongresdinee teenwoordig en baie verras toe haar naam bekendgemaak is. Dr Jacobsz was net so verras met sy prys.

Baie dankie aan elke lid wat deelgeneem het. Baie dankie ook aan Ralph Badenhorst Geweersmiddiens vir die bou van die twee pragtige gewere. Julle het jul eie en SA Jagters se naam hoog gehou met die kwaliteit van hierdie wapens.

Gedenkboek

By die Kongresdinee het Herman Jonker, redakteur van ons gedenkboek, op `n baie interessante wyse gepraat oor hoe die geskiedenis van `n vereninging soos SA Jagters behoue behoort te bly. Dit was insiggewend om te hoor hoe hy as skrywer dink oor die geskiedenis van SA Jagters.

Ons vier vanjaar ons 70ste bestaansjaar met hierdie gedenkboek wat die ontstaan en geskiedenis van die Vereniging boekstaaf. Dit bevat feite, vertellings, foto’s en interessanthede uit `n vergange era. Die boek wat teen vroeg in 2020 beskikbaar behoort te wees, sal `n waardige plek op enige lid se koffietafel of boekrak kan inneem.

Dit is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede meer luukse weergawe met `n buffelleeromslag waarvan net 100 eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Gaan kyk hier vir `n voorsmakie van die boek se Voorwoord en Bladsye.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Die rekeningnommer is 01443990077.
  2. Gebruik u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak baie seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
  3. Bewaring

SA Jagters is op die jongste vergadering van die Raad van die IUCN as lid toegelaat en ons is nou volwaardige lede van hierdie internasionale bewaringsliggaam.

Bek-en-klouseer is in die afgelope week positief diagnoseer in die omgewing van Molemole, op `n plaas in die Dendron-omgewing wat redelik ver buite die tradisionele verspreidingsgebied is.

Lede wat dalk oorweeg om in hierdie gebied te gaan jag moet in gedagte hou dat streng beperkings geld op die vervoer van enige vleis uit die omgewing.

Jagsake

Danie Serfontein en Albert Basson, die twee lede wat eerste betaal het om elkeen `n buffelkoei te jag, het `n baie suksesvolle buffeljag beleef. Danie het selfs die geleentheid gekry om `n seekoei ook te jag.

Die gelukkige wenner van ons Tiervisvangkompetisie, Stoffel Cronjé en sy span se avontoor is nou ook iets van die verlede. Die son was warm maar hul het wel daarin geslaag om `n paar tiervisse te uitoorlȇ.

Ons hoop om meer soortgelyke geleenthede vir lede te bekom.

Skietsake

Die groot nuus so laat in die jaar is dat SA Jagters van 28 tot 31 Oktober 2019 die International Gallery Rifle Federation se Wêreldkampioenskap op die Excalibur-skietbaan in Welkom aangebied het en ook loshande `n hele paar medaljes gewen het. `n Kopie van André van Heerden, die VP Skietsake se verslag wat die volledige uitslae verskaf, is hier beskikbaar.

Baie geluk aan elkeen van ons skuts wat uitsonderlik presteer het. Die Limited Bolt Action Nasionale Span het skoonskip gemaak en boonop in die individuele kompetisie die eerste en tweede plekke verwerf. Baie geluk aan Bertus Bekker en Herman Nieuwoudt. Alewyn Conradie het ten spyte van die feit dat hy nie die nasionale span gehaal het nie, die derde plek verwerf. Baie geluk aan hierdie manne met hulle uitstekende skietprestasie.

In die IGRF kleinkaliber individuele afdeling het die eerste, tweede en derde plekke gegaan aan Nico Roets, Flippie van Tonder en Deon de Villiers onderskeidelik. Baie geluk aan die drie man wat die naam hoog gehou het.

Suid-Afrika het die IGRF Kleinkaliber Spanskiet gewen. Baie geluk aan Riaan Kunneke, Annemarie van Tonder, Flippie van Tonder, Nico Roets en Hercules Louw met hulle prestasie

Nico Roets was die wenner van die IGRF Senterslag Ope klas. Baie geluk Nico.

Die IGRF Senterslag Standaard afdeling is ook gewen deur die SA Span. Baie geluk aan Gerrie de Beer, Hein Strauss, Hercules Louw, Flippie van Tonder en Deon de Villiers met hulle puik prestasie.

Taksuksesse

`n Nuwe afdeling is op die SA Jagters webwerf onder takke bygevoeg met die opskrif Taksuksesse/Branch Accomplishment, waar ons blootstelling gee aan  takke se suksesverhale. Takke kan voorstelle stuur aan André van der Merwe by andrevdm@sahunt.co.za

Lees gerus hier waar daar reeds suksesverhale van vier takke geplaas is.

Spesiale Korting aan lede van SA Jagters op aankope

Die groot nuus van die maand is dat Humansdorp Koöperasie `n ooreenkoms met SA Jagter gesluit het wat sedert 1 November 5% afslag bied op jag- en skietverwante produkte aan alle lede van SA Jagters. Ander spesiale aanbiedinge sal van tyd tot tyd beskikbaar wees. Hierdie aanbiedinge is uitsluitlik vir opbetaalde lede van SA Jagters beskikbaar.

Humansdorp Koöperasie bied in November  `n spesiale openingsaanbod van 10% korting op Zastava gewere aan SA Jagters-lede.

Meer inligting is beskikbaar onder  die afdeling oor kommersiële sake elders in die nuusbrief.

Handaflewering van die SA Jagter

Ons het voorheen berig dat die SA Jagter-tydskrif per hand by u woonadres kan aflewer. Hierdie aflewering is baie meer betroubaar as die Poskantoor. Ons kan ongeveer 10 000 lede se aflewering van die SA Jagter meer betroubaar maak deur die tydskrif per hand by die huisadres in groter dorpe en stede te laat aflewer.

Om te verseker dat u die tydskrif ontvang, kyk of u woonadres korrek is op die lede-administrasiestelsel en stuur dan `n e-pos na admin@sahunt.co.za

Indien u enige probleme ervaar met die handaflewering van u tydskrifte stuur `n e-pos na admin@sahunt.co.za en verduidelik wat die probleem is. Ons sal Media24 vra om aandag daaraan te gee.

Die Sewentigste herdenking van SA Jagters

Die onderskeie projekte wat verband hou met die sewentigste verjaardag van SA Jagters is reeds beskryf.

Juwele

Daar is nog enkele juweliersware beskikbaar in die reeks juweliersware wat Maryna de Klerk van M2 Juweliersware vervaardig het uit ivoor afkomstig van Nico van Rooyen versameling. Elke stuk is gemerk met `n nommer en prys.

Gaan kyk hier vir foto’s van die juwele.

Skakel Realda Goosen by (012) 808 9300 en verskaf die nommer van die stuk of stukke waarin u belangstel. Die persone wat eerste bestel en betaal, sal die juwele kry.

Messe

Daar is steeds goeie belangstelling in die beperkte reeks van 500 messe wat teen R 1 000 elk beskikbaar gestel is. Dit is Buck-knipmesse met ivoorinlegsels op die hef en SA Jagters se logo op die lem graveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Lidmaatskap

Die ledetal van SA Jagters bly konstant op 42 233 opbetaalde lede teen 11 November 2019 nadat klompie lede geblok is weens laat of nie-betaling van ledegeld.

Werf lede vir kommissie

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad het ook besluit om `n aantal agente op kommissie aan te stel om lede te werf. Lede wat weet van iemand wat nie `n lid is van SA Jagters nie, wat gereeld reis en mag belangstel om lede vir SA Jagters teen kommissie te werf, kan hulle besonderhede soos kontaknommers, fisiese adres, die gebiede waar hy/sy gereeld reis en by welke geleenthede hy/sy lede sou kon werf, stuur na fredc@sahunt.co.za. Ons het nog baie min belangstelling gehad in hierdie proses.

Toegewyde Status

Vir lede met toegewyde status (beide jag en sportskiet) is daar `n laaste kans om aktiwiteite vir die jaar op die aanlyn lede-administrasiestelsel te registreer om hulle status te behou. Die behoud van u vuurwapens kan afhanklik raak van hierdie status.

Uit die 16 884 toegewyde jagters het 3 150 nog nie genoegsame aktiwiteite geregistreer om hul status te behou nie.

Uit die 11 430 toegewyde sportskuts, het 2 058 lede nog nie genoegsame aktiwiteite geregistreer om hul status te behou nie.

Ivoorprojek

Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 100 messe verkoop.

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Vuurwapenlisensies wat verval het

Die Minister van Polisie se poging om `n amnestie af te kondig het by die tweede geleentheid steun gekry in die Portefeuljekomitee op Polisie in die Parlement. Die feit dat die voorgestelde amnestie ondersteun is lei tot baie onsekerheid en die wanbegrip dat daar nou wel amnestie afgekondig is. Dit is bloot nie korrek nie.

Die Portefeuljekomitee het wel die amnestievoorstel ondersteun en die moontlike datum aangedui as 1 Desember 2019 tot einde Junie 2020.

Voordat die datums van `n amnestie afgekondig kan word moet die Minister die reëls en voorwaardes bekend maak en ook die goedkeuring daarvoor in die Algemene Vergadering verkry. Ons twyfel of hierdie aksies voor 1 Desember 2019 afgehandel sal word.

Ons raad aan lede met wapens waarvan die nuwe lisensies reeds verval het, bly steeds soos volg: Bêre u wapen veilig in u kluis vir die oomblik en doen verder niks nie. Ons verwag dat `n amnestie wel aangekondig sal word maar dit sal waarskynlik eers in 2020 gebeur.

Maak asseblief seker dat u bevoegdheid ook hernu word soos nodig. Alhoewel die Wet en Regulasies lees dat die bevoegdheid geldig bly tot die laaste lisensie van die betrokke tipe wapen verval, is daar DFO’s wat vereis dat bevoegdheid t.o.v. Artikel 13 Lisensies (Selfverdediging) slegs vir 5 jaar geldig is en Artikel 15 en 16 Lisensies (Jag en Sportskiet) slegs vir 10 jaar geldig is.

Indien u onseker is vra gerus oor geldigheid van u bevoegdheid en doen betyds aansoek om u bevoegdheid te hernu.

Fotokompetisie

Die doel van ons fotokompetisie is om `n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedinge en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Die beoordelaars het die foto’s beoordeel en aangekondig dat dr Willem Kok se foto van `n padda op `n waterlelie vanjaar se wenner is. Hy ontvang dus `n nuwe kamera wat Canon SA geborg het.  

Kyk gerus hier vir die beste foto’s van die jaar.

Kommersiële sake

Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bepaal dat slegs lede van SA Jagters 5% spesiale korting ontvang op `n reeks jag- en skietverwante produkte. Kliek hier vir meer inligting oor die lys van produkte waarop die korting van toepassing is.

Vir November geld `n spesiale aanbod van 10% korting op die aankoop van alle Zastava-gewere in kalibers van .22 tot 458 Win Mag.

  1. Besoek die volgende webtuistes vir meer inligting oor Humansdorp Koöperasie se produkte:
    1. humkoop.co.za
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Bestellings kan telefonies of per e-pos geplaas word.
  3. U moet `n opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf sodat Humansdorp Koöperasie kan nagaan of u wel `n lid is en u ledegeld op datum betaal is.
  4. Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die volgende telefoonnommers of e-posadresse:
    1. Telefoonnommers
      1. (042) 2910431
      2. (042) 2951501
  • iii. (042) 2951082
  1. E-posadresse
    1. arms@humkoop.co.za
    2. ammo@humkoop.co.za

Sodra die Koöperasie betaling ontvang het, sal die produk versend word.

Die volgende leweransiers bied ook spesiale voordele aan lede van SA Jagters.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit  
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

HuntEx

HuntEx2020 vind volgende jaar van 24 tot 27 April 2020 plaas. Tref betyds reëlings om hierdie skou te besoek.

SA Jagters se kantoor sluit

SA Jagters is `n geregistreerde werkgewer en is wetlik verplig om verlof aan werknemers toe te staan. Dit is vir baie jare reeds die praktyk dat die kantoor van SA Jagters tussen ongeveer 16 Desember en ongeveer 6 Januarie sluit.

Ons het verlede jaar vir `n effens langer periode gesluit en van ons lede was ongelukkig daaroor.

Ons stel lede vroegtydig in kennis dat die kantoor van SA Jagters op 11 Desember 2019 sluit (nie 13 Desember soos ek verlede maand berig het nie) en weer sal open op 6 Januarie 2020. Indien u in Desember enige dokumentasie sou benodig, maak asseblief seker dat u betyds daarvoor aansoek doen.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles