Die herfs is in die lug en die Witstinkhoutbome begin blare afgooi. Die manne begin al meer met koorsagtigheid gewere skoonmaak, patrone laai en teleskope stel.
Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.
Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.
Nuwe Boodskappe
- Ou Groen Lisensies
Verlede maand het ek berig dat beide PHASA en die versamelaarsvereniging tot die gesprek met die Polisie oor die herroep van ou groen lisensies toegetree het. In die afgelope week het Safecitizen, `n burgerregte organisasie wat verantwoordelike vuurwapenbesit bevorder, ook tot die debat toegetree en die gesprek met die Polisie na `n veel wyer deel van die samelewing uitgebrei.
- Navraag oor uitreik van Vuurwapenlisensies
Ons kry steeds kommentaar van lede en die publiek oor die lang wagtyd vir die uitreik van vuurwapenlisensies. Die Sentrale Vuurwapenregister is oorval met aansoeke en kan nie die volume aansoeke hanteer nie. Die SVR het op 15 Februarie 2021 `n persverklaring uitgereik waarin hulle aandui dat hulle minstens 120 werksdae nodig het om `n lisensie aansoek te verwerk en `n lisensie uit te reik.
Die maklikste manier om navraag te doen oor vordering met die uitreik van vuurwapenlisensie-aansoeke, is om die stelsel op die Polisie se webwerf te gebruik. Lees die instruksies en volg die stappe hier om `n idee te gee waar die aansoek in die stelsel is.
- Vuurwapenlisensies wat verval
Ons kry ook nog baie navrae van lede sowel as lede van die publiek oor wat hulle te doen staan met lisensies van vuurwapens wat verval het. Die heel belangrikste is om te voorkom dat lisensies verval deur betyds om hernuwing aansoek te doen.
SA Jagters kan nie iemand help wie se vuurwapenlisensie reeds verval het nie. Diegene sit dus met `n onwettige vuurwapen waarmee hy/sy inderwaarheid niks kan doen nie. U kan nie eers die wapen by `n handelaar indien nie. `n Vuurwapen waarvan die lisensie verval het, is onwettig in u besit. Al wat u kan doen is om die wapen by die Polisie in te handig vir vernietiging. Moet dit nie gebruik of daarmee rondry nie.
Ons herinner lede weer om die lede-administrasiestelsel op ons webwerf te benut om sulke ongemaklikheid in die toekoms te vermy. U persoonlike profiel op die lede-administrasiestelsel maak voorsiening daarvoor dat lede hul vuurwapenlisensies se inligting soos onder andere die vervaldatum daarop kan insleutel. Die stelsel waarsku lede betyds indien een of meer van u lisensies verval sodat u betyds vir hernuwing kan aansoek doen.
- Hernuwing van Bevoegdheid
Alhoewel die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die betrokke regulasies bepaal dat bevoegdheid saam met die laaste lisensie van die tipe wapen verval (Art 13 Selfverdediging. Art 15 Geleentheidsjag en Sportskiet en Art 16 Toegewyde Jag en Sportskiet) is die praktiese standpunt van die Polisie dat die bevoegdheid soos volg verval en hernu behoort te word.
Art 13 (Handwapen of haelgeweer vir Selfverdediging) 5 jaar na die bevoegdheid uitgereik is
Art 15 en Art 16 (Enige wapen wat gelisensieer is vir geleentheidsjag of sportskiet en enige wapen wat gelisensieer is vir toegewyde jag of sportskiet) 10 jaar na die bevoegdheid uitgereik is.
Neem kennis hiervan en doen betyds aansoek om bevoegdheid te hernu. Onthou dat wanneer u aansoek doen vir enige lisensie of hernuwing van `n lisensie moet u beskik oor `n geldige bevoegdheid vir die tipe wapen waarvoor u aansoek doen vir `n lisensie.
Laat weet gerus as daar enige vrae is hieroor.
- SA Jagters en Sosiale Media
Deur middel van ons Facebook en Twitter bereik SA Jagters `n groter teikenmark om die Vereniging te bemark.
In Maart en April verskaf ons `n inligting oor van die dienste wat SA Jagters aan sommige van sy lede bied. Kyk gerus hierna. Volg ons by https://web.facebook.com/SAJagtersHunters (@SAJagtersHunters) en op Twitter by: @SAJagters
Gesels saam en deel dit met vriende en lede. Die SA Jagters se bewaringsblad op Facebook is reeds bekend en deel inligting en nuus oor bewaringsaktiwiteite.
- Skietsake
Streekskietkompetisies
Die Streekskietkompetisies vorder goed. Die afgradering van Covid-19 na vlak 1 laat toe dat groter groepe skuts op skietbane byeen kan kom. Die aanvullende instruksies en gewysigde protokol vir hierdie doel is geruime tyd reeds uitgestuur. Die skietaktiwiteite tel ook mooi op.
Heelwat skuts voldoen reeds aan die vereistes om streekskietkleure te verwerf. Baie geluk! Hierdie kleure word kwartaalliks toegeken. Die eerste toekennings word teen einde Maart 2021gemaak. Baie sterkte aan hierdie skuts met die voorbereiding vir die Nasionale Sportskietkampioenskap van 28 tot 30 Oktober.
Sportskuts wat nog vir Streek Sportskietkleure in aanmerking wil om, kan aan enige van die SA Jagters se Streekskietgeleenthede deelneem.
Somchem Kruit
Goeie nuus vir herlaaiers is dat Rheinmetall Denel weer kruit plaaslik vervaardig ná die herstel van hulle aanleg in die Wes-Kaap. Lees hier wanneer watter soorte kruit weer beskikbaar sal wees
2019 SA Jagters Browning Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap
Die 2019 SA Jagters Browning Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap het op 6 Maart by die Wattle Spring-skietbaan plaasgevind. Baie dankie aan Pretoria-Oos-tak wat die geleentheid aangebied het.
Die baanuitleg was baie uitdagend en puik tellings is behaal. Baie geluk aan die volgende wenners
Topskut
Mr André Pienaar Lid 010991 (veteraan) 94 kleie
Senior Mans
Mr M A I Mcgee Lid 017240 94 kleie
Dames
Me M Oosthuyzen Lid 092128 79 kleie
Veterane
Mr A Pienaar Lid 010991 94 kleie
Super veterane
Mr VVI Pitchers Lid 071625 83 kleie
Juniors
Mr HD Labuschagne Lid 075385 83 kleie
Dit is vanjaar die eerste keer dat die streekhaelgeweerskietgeleenthede in 14 streke regoor die land aangebied word. Dit skep geleentheid om SA Jagters Streek Haelgeweerkleure en SA Jagters Nasionale Haelgeweerkleure te verwerf. `n Skuts wat op streeksvlak 85% puntetelling behaal, kwalifiseer vir Streekskleure. Om SA Jagters Nasionale Haelgeweerkleure te verwerf moet `n skut wat reeds op streeksvlak gekwalifiseer het die 85% op die 2021 Nasionale Haelgeweer Kampioenskap op 18 September 2021 herhaal. Skuts word slegs uitgenooi na die Nasionale Haelgeweerkampioenskap indien hul aan ten minste een Streek haelgeweerbyeenkoms deelgeneem het en onder die top 150 skuts op die ranglys verskyn. Kyk gerus op die nasionale skietkalender vir `n skietbyeenkoms naby jou.
- Jagsake
Jaglisensies en Permitte
Lede wat hierdie jagseisoen wil gaan jag, moet seker maak dat hulle die nodige lisensies en permitte bekom. Lees hier vir meer inligting. Cape Nature het ook `n baie insiggewende riglyn vir die Wes Kaap saamgestel wat hier beskikbaar is.
Jagverslag
Ons herinner lede om hul jagverslae op die aanlynstelsel te voltooi. `n Volledige jagverslag tel as een van die aktiwiteite wat jaarliks nodig is om toegewyde jagtersstatus te behou. Die jagverslae sal teen einde April op SA Jagters se toepassing beskikbaar wees.
Jagbestemmings
Eienaars van jagbestemmings wie se boerdery en jagpraktyke in pas is met die beleidstandpunte van SA Jagters en wat belangstel om deel te raak van die SA Jagters geakkrediteerde jagbestemmings kan Boetie Kirchner kontak by boetiek@sahunt.co.za
- Bewaring
Natuurbestuurbelangegroep
Lede word weer herinner aan die inisiatief van SA Jagters om `n belangegroep vir lede te skep wat gesonde natuurbestuurspraktyke en verantwoordelike jagbestemmings bevorder.
SA Jagters se Raad het besluit om “n belangegroep vir natuurbestuurders te skep nadat “n behoefte onder grondeienaars identifiseer is. `n Opname in 2014 het aangedui dat daar tot soveel as 1 000 grondeienaars in die Vereniging kan wees wat bykans 1 miljoen hektaar se saai-, vee- en wildplase bestuur waarop natuurlike habitat, skaars spesies en wildbevolkings voorkom. Die Vereniging wil spesifieke dienste oor natuurlewebestuur aan hierdie lede lewer wat gefinaliseer sal word in konsultasie met belangstellende lede.
Van die aspekte wat reeds geïdentifiseer is, sluit in:
- Skakeling op regeringsvlak oor natuurbestuurverwante wetgewing en permitte wat die wildlewesektor raak
- Ontwikkeling en bydra tot strategieë om hierdie groep se belange op die gebied van natuurbestuur, verantwoordelike benutting, insluitende jag, te bevorder
- Bewusmaking van bewaringsinisiatiewe waarby lede kan inskakel vir spesies soos aasvoëls, ouvolk, swartpootkat, luiperds, uile ens.
- Bou van “n positiewe beeld van wildboere en hulpbronbestuurders en die rol wat hul in sosio-ekonomiese ontwikkeling, voedselsekuriteit en bewaring speel
- Ontwikkeling van riglyne vir beste praktyke en graderingstelsels wat voordele mag inhou vir grondeienaars
- Bevordering van gesonde interaksie tussen lede van die belangegroep en kundiges
Grondeienaars of wildlewebestuurders wat nog nie registreer het nie, kan registreer deur `n epos te stuur aan lizanne@sahunt.co.za
- Bedankings
Die Kommissie van Ondersoek wat aangestel is om ondersoek te doen na die redes waarom die President en VP Opleiding bedank het, en die geldigheid van die prosedures wat die Raad gevolg en om aanbevelings te doen, se taak is afgehandel.
Die Kommissie het bevind dat:
- daar geen onregmatige optrede was aan die kant van die Raad nie. Die kommissie het trouens die mening uitgespreek dat dit gerusstellend is om te sien dat die Raad sy optrede en inhoud van korrespondensie telkens vir regsmening verwys het om seker te maak dat daar korrek oopgetree word;
- die twee betrokke raadslede uit eie oorweging bedank het;
- die saak as afgehandel beskou is en geen verdere optrede vereis nie;
- Die Kommissie het wel aanbevelings gedoen oor wysigings aan die Grondwet van SA Jagters, die Interne Reëls en die Dissiplinêre Prosedure.
Die Raad sal hierdie aanbevelings bestudeer en wysigings aanbring soos nodig.
- Toegewyde Status
SA Jagters het 12 349 toegewyde jagters en 10 819 toegewyde sportskuts wat nog nie genoegsame aktiwiteite registreer het vir 2021 om hulle toegewyde status te behou nie. Lede word herinner om aktiwiteite te registreer om te voorkom dat ons enigeen se toegewyde status teen die einde van 2021kanselleer.
Herhalende Boodskappe
- Fotokompetisie
Die Vereniging stel vanjaar `n nuwe beoordelingstelsel vir die SA Jagter Amateur Fotokompetisie in werking. Beoordelaars sal die foto’s volgens die temas van die jaar se kompetisie beoordeel en deur middel van `n puntestelsel konstruktiewe terugvoer aan die fotograwe gee om lede aan te moedig om hulle vaardighede te verbeter.
Erkenning vir sertifikate is soos volg: 60-74% Brons, 75 – 89% Silwer, 90-100% Goud.
Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf en hoe die reëls vir die kompetisie werk
Verlede maand se foto’s kan hier op ons webwerf gesien word
Kategorieë vir die 2021 Kompetisie
- Bewaring in Aksie – Foto’s wat bewaringsaksies en gemeenskapsdiens deur lede of die tak uitbeeld.
- Plant- en Dierelewe – Foto’s wat plant- of dierelewe, insluitend landskappe, voëls, reptiele en insekte uitbeeld. Onthou asseblief dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie.
- Ons kulturele erfenis – Foto’s wat die kultuurerfenis van ons land en sy mense oor die totale spektrum uitbeeld.
Fotografie werkswinkels
Om fotografie verder te bevorder beplan SA Jagters om fotografie werkswinkels op streek- en takvlak aan te bied. Opleiding sal op 3 vlakke plaasvind: beginner, gevorderd en meesters, of `n kombinasie van die drie vlakke. Lede sal `n sertifikaat van voltooiing ontvang.
Om ons te help met die beplanning en implementering van die werkswinkels, vra ons dat takke en lede wat belangstel, om `n epos na sahuntphoto@gmail.com te stuur met die volgende inligting: naam en van, streek en tak, kontaknommer, vlak van opleiding (fotografiekennis).
- Spesiale Aanbiedings
SA Jagters het verwantskappe met verskeie handelaars wat spesiale korting aan lede bied. Sommige van hierdie verskaffers stel van tyd tot tyd spesiale aanbiedings vir `n beperkte tyd beskikbaar.
Media 24 Produkte
Media 24 bied `n spesiale aanbod aan SA Jagters-lede van R75 per maand vir toegang tot Netwerk 24 se volle pakket publikasies. Kry meer inligting oor die aanbod hier.
Adventure Afrika Tydskrif
Die meeste buitelewe, reis- en kampeertydskrifte het verlede jaar gesneuwel met die Covid 19 inperking, of die publikasie daarvan is ernstig ingekort. Twee jong entrepreneurs het die dapper stap gewaag om in hierdie marksegment `n nuwe tydskrif te begin en het Adventure Afrika geloods. Die intekenfooi is gewoonlik R430 vir 12 uitgawes, maar lede van SA Jagters kan teen slegs R350 vir 12 uitgawes inteken. Lees meer hier.
Adventure Afrika is `n opwindende, nuwe en veelsydige 4×4, kampeer, en lewenstyl tydskrif. Die vyfde uitgawe is propvol avontuur en reise regoor die land en die kontinent. Teken in voor die einde van Maart vir `n kans om `n vakansie te wen vir twee mense na Mapesu Private Wildtuin naby Mapungubwe. Stuur `n e-pos aan mary@4x4afrika.com vir meer inligting (gebruik SAJ/Subs in titel).
Doctari Messe
Die Doctari ivoormes-projek is weer op dreef. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien daar net 50 van hierdie messe beskikbaar is.
Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
Gedenkboek
Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Vir bestellings, doen die volgende:
- Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
Buck-knipmesse
Daar is slegs 220 van die beperkte reeks van 500 Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za
Uitverkoping SA Jagters Winkel
SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan Rene by (012) 808 9300 of rene@sahunt.co.za
Humansdorp Koöperasie
Humansdorp Koöperasie bied vir April 2021 grootmaat ammunisie aan Takke en lede teen spesiale pryse. Plaas u bestelling deur die Tak aan om die afslag te kry. Wanneer u die bestelling plaas, dui asseblief aan dat u `n lid van SA Jagters is. Die volgende is beskikbaar:
Lapua .22 ammunisie in SK, SK Standard Plus en SK Magazine
9 mm Par ammunisie in Sellier en Bellot, ZVS en Winchester
7,62X51 (308 Win) FMJ – hier is heelwat surplus ammunisie teen redelike prys beskikbaar
Ondersteuning aan Lede
Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.
- Retha van der Walt en twee ander outeurs \ het `n splinternuwe boek gepubliseer oor Fungi and Lichens of the Limpopo Province. Hierdie boek is gebaseer op Retha se navorsing oor `n hele paar jaar oor die wilde fungi en ligene wat natuurlik in die Limpopo-provinsie voorkom. `n Mens kan amper nie dink daar steeds nuwe spesies ontdek word nie. Spesies van hierdie plante wat wel in die wêreld bekend is vir die eerste keer in die Limpopo-provinsie en in die Limpopo-vallei opgespoor. Alhoewel hierdie `n wetenskaplike werk is, is dit steeds interessante leesstof. Die standaardprys is R 380 plus posgeld. Retha bied 10% korting aan lede van SA Jagters wat die prys afbring na R 342 plus posgeld. Kyk gerus hier na meer detail oor hierdie boek.
- Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
- Wildsvleisresepteboek – Lede kan R50 afslag kry per eksemplaar. Ouma Leonè de Lange gee R50 afslag en skenk R50 aan SA Jagters vir elk resepteboek wat sy verkoop op https://www.ouma-se-wildsboek.co.za Gebruik die “SAHUNT” promosiekode wanneer jy die boek bestel. Die resepteboek is perfek vir die jagter, en sluit 220 resepte in om op die kampvuur te maak; omskakelingstabelle vir gewig en oondtemperature.
- Oom Fanie Combrink, vir baie lank die eienaar van Magnum Arms in Nelspruit saam met sy seun Eugene het, na hy afgetree het, nou `n boekie geskryf bekend as die “Handboek vir die Jagter”. Hierin spreek Oom Fanie met `n leeftyd se ervaring van jag, gewere bou en patrone laai `n wye reeks onderwerpe aan soos gewere en die onderdele daarvan, teleskope, ammunisie, vorm en konstruksie van koeëls. Die boekie lees maklik en Oom Fanie is behoorlik op sy stukke met sy verduideliking van redelike komplekse fisika-beginsels.
Die boekie is beskikbaar teen R170 aan lede van SA Jagters en oom Fanie versoek dat `n paar lede saam bestelings moet plaas om koerierkoste te spaar. Takke kan dalk bestellings plaas vir groepe lede. Bestellings kan geplaas word by faniecombrink@gmail.com
- Jagsake
Jaggeleentheid geborg deur Archer’s Rock Safari’s
Archer’s Rock Safari’s borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan, is soos volg:
Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.
Aangesien ons nie nou die jaggeleentheid kan benut nie, het Archer’s Rock Safari’s ingestem om hierdie geleentheid uit te stel na 2021. Diegene wat reeds `n kaartjie gekoop het, sal nie die kans verbeur nie. Vir die res, is hier nou weer `n geleentheid om deel te neem. Lees meer hier oor Archer’s Rock Safari’s se jaggeleentheid. By voorbaat dankie aan Archer’s Rock wat die jaggeleentheid aangeskuif het.
Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:
- Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
- Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.
Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 30 Maart 2021. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.
Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za.
Hierdie jaggeleentheid sal tussen Junie en Augustus 2021 plaasvind.
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
SA Jagters het nou 43 543 lede.
Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Takke kan ook hierdie vorms by Dorothy Ras aanvra by dorothy@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bestaan reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Dit is `n uitstekende aanbod. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir 5% spesiale korting op aankope van jag- en skietverwante produkte. Volg die skakel by die lys van produkte hieronder vir inligting oor afslag.
Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte dalk bietjie later kan plaasvind.
Om hierdie geleentheid te benut:
- Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
- http://firearms.humkoop.co.za/
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
- U moet `n opbetaalde lid wees en u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
- Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:
E-posadresse
Sodra die bestelling ontvang en die rekening betaal is, sal die koöperasie die produk laat aflewer.
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat sommige van hierdie verskaffers gesluit kan wees gedurende die inperking.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Westvaal Nelspruit
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- Die Wildshoekie Vleismark
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Archers Rock Safaris
- Dovetail Wooden Boxes
- 4Deadlock Skietstok
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB