Geagte kollega
Hoe vinnig verander die wêreld waarin ons leef en die lewe soos ons dit dag tot dag ervaar. Twee weke terug, op 16 Maart het ek die eerste Spesiale Nuusbrief oor Koronavirus en die moontlike impak daarvan na lede uitgestuur. Die eerste drie gevalle was toe positief getoets en vanoggend staan die getal positiewe toetse reeds op 1 326. Vandag, slegs 14 dae later is die RSA in afsluiting met net noodsaaklike dienste en ondernemings wat in bedryf is. Die land is stil. Niemand van ons weet wat die toekoms regtig inhou nie en die moeilikste aspek om mee saam te leef is juis die onsekerheid. Dit is die werklikheid waarin ons vandag leef.
Wanneer ons kyk na die geskiedenis van RSA en die wêreld dan is daar tog `n paar ligpunte wat hoop gee. In elke enkele geval het die RSA en ook die wêreld na gebeure met massiewe impak (soos twee wêreldoorloë, die Groot Griep van 1918, en die Depressiejare van 1930 tot 1933) anderkant uitgekom, wel met letsels, maar sterker en beter geraak as voorheen. Dit sal met Koronavirus ook gebeur. Ons sal anderkant uitkom en ons sal sterker en beter raak vorentoe.
1.SA Jagters en Korona-virus (COVID 19)
In die nuusbrief het ons die keuse om net swartgallige nuus te kommunikeer (gloom and doom) of om lede te ondersteun met bietjie inligting wat dalk kan help. Ek kies doelbewus om laasgenoemde te doen. Ons mag dalk net een klein onderneming help met hierdie inligting of een lid om die moeilike tyd effens draagliker te maak.
Skrywe van die Staatspresident.
Die Staatspresident se boodskap aan die nasie oor radio en TV op Maandag, 30 Maart, `was deurgaans een van hoop en dankbaarheid vir die mate waartoe die meeste landsburgers bydra deur gehoor te gee aan die oproep tot afsluiting en inperking. Baie dankie vir die bydrae wat u as lid hiertoe lewer, dit word opreg waardeer. U sal `n kopie van die Staatspresident se brief hier kry as u die volledige teks wil lees. Die Staatspresident het ook `n hele reeks maatreëls afgekondig om individue en ondernemings te help in hierdie moeilike tyd. Ek gee inligting oor `n sommige van die maatreëls hieronder:
Werkloosheidsversekering
Spesiale werkloosheidsversekeringvoordele is beskikbaar gestel vir werkgewers wat werknemers moes huis toe stuur of dalk moes afdank, of vir werknemers wat nie kan werk nie en wat glad nie, of nie ten volle betaal word nie. Die basiese riglyne oor dié hulp is hier beskikbaar en verskaf inligting oor die proses.
Belastingverligting
Werknemer Belastingaansporing (Employee Tax Incentive) vir werkgewers word uitgebrei. Dit was aanvanklik slegs van toepassing op werknemers tussen 18 en 29 jaar maar word nou uitgebrei om u toe te laat om ook die vorige bedrag te eis (indien dit nie voorheen geëis is nie).
Vir die volgende 4 maande vanaf April 2020, kan werkgewers R500 per werknemer terugeis vir elke werknemer wat minder as R6 500 per maand verdien. Dit word toegelaat deur middel van `n aftrekking deur die LBS stelsel.
20% van die LBS wat normaalweg voor of op die sewende dag van die volgende maand betaalbaar is, is uitgestel vir die volgende 4 maande om ondernemings se kontantvloei te verbeter.
`n Reëling getref dat voorlopige belasting teen meer gunstige terme betaal kan word met aanvanklik slegs 15% in Augustus 2020, 50% in Februarie 2021 en die laaste 35% in September 2021.
`n Klompie riglyne oor die belastingverligting is hier beskikbaar.
Skuldverligting vir klein ondernemings
Die President het bevestig dat `n Solidariteitsfonds gestig is waartoe verskeie groot ondernemings reeds groot bedrae bygedra het. Daar is nog nie veel detail beskikbaar oor die toeganklikheid van hierdie fonds nie maar enkele riglyne is reeds bekendgestel. Vroeër berigte dat toegang tot die fonds beperk sou wees tot ondernemings wat aan sekere BBBEE vereistes voldoen, was onwaar. Alle klein ondernemings wat aan spesifieke vereistes voldoen, kwalifiseer vir hulp. Lees hier meer daaroor..
- Vuurwapenamnestie
Die vuurwapenamnestie is ou nuus. By die inwerkingtreding van die inperkingstyd het die Polisie ons meegedeel dat die amnestie opgeskort sal word vir die duur van die drie weke inperking. Geen verdere inligting is beskikbaar nie. Ons glo die amnestie sal uiteindelik verleng word.
Rig enige navrae oor die amnestie aan Petrus Swart by (012) 8089300 of by petrus@sahunt.co.za
- Vuurwapenlisensie-aansoeke
Die Polisie het bevestig dat hulle gedurende die inperkingstyd geen aansoeke vir nuwe of hernuwing van vuurwapenlisensies sal ontvang nie, aangesien alle polisielede nou ander dienste moet verrig. Indien u lisensie in hierdie tyd verval en u nie betyds vooraf aansoek gedoen het vir die hernuwing daarvan nie, maak asseblief seker dat u onmiddellik na die ophef van die inperking u aansoek om hernuwing van die lisensie indien.
- Jagsake
Vir sommiges skep Covid-19 se inperking wel meer tyd tot ons beskikking vir ander take wat soms afgeskeep word, soos om herlaaitoerusting skoon te maak en ammunisie te herlaai, en aandag te gee aan die res van u jagtoerusting.
Gebruik `n sagte borseltjie of lenspen om u teleskoop se lense skoon te maak. Hou die teleskoop onderstebo sodat stof kan afval, begin aan die middel van die lens te borsel en werk sirkelgewys na die buitekant van die lens. Wanneer al die sigbare stof verwyder is kan u nou die lens liggies met `n skoon mikrovesellappie afvee.
Gaan alle leertoerusting soos gordel, messkede, ammunisiehouer, jagstewels ensovoorts na vir moontlike uitdroging wat die leer hard maak en tot krake kan lei. Daar is `n wye verskeidenheid produkte op die mark vir die doel. Gewone baba-olie werk ook goed en maak die leer sag en waterdig. Slyp ook nou u jagmes.
Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safaris
Archers Rock Safaris borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket wat vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan beskikbaar is, is soos volg:
Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.
Die jag is beskikbaar in die Gravelotte-omgewing tussen 1 Julie en 30 Oktober 2020. Lees meer hier oor Archers Rock Safaris se jaggeleentheid.
Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:
- Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
- Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.
Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 15 Junie 2020. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.
Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za
Buffeljag
SA Jagters het die kans om weer soos verlede jaar ’n klompie buffeljaggeleenthede (buffelkoeie) te bekom. Omdat die belangstelling in hierdie jaggeleenthede groot was, het die Raad besluit om ’n waglys te hou van individue wat in hierdie geleenthede mag belangstel. Plaas asseblief u naam op die waglys as u in aanmerking geneem wil word vir so `’n geleentheid om ’n buffelkoei te mag jag.
Dit kos R500 per individu om u naam op die waglys te kry. Plaas R500 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077. Gebruik u eie selfoonnommer en Buffelkoei as verwysing.
Vir enige navrae oor hierdie moontlike geleenthede skakel asseblief ook met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za
- Skietsake
Skietsake nuus is vir die oomblik doodstil, bloot omdat alle aktiwiteite opgeskort is.
Uitnodiging na Australië
Die Sport Shooters Association of Australia het laat weet dat hulle Big Game Rifle Shoot uitgestel word. Die skietkomitee monitor hierdie uitnodiging. Ons sal lede op die hoogte hou van enige verdere verwikkelinge.
- Bewaring
SAJWV se Namakwa-tak het besluit om aktief betrokke te raak om stropery van skaars en bedreigde plante hok te slaan. Die onwettige handel in skaars plante en reptiele het geweldig toegeneem in die laaste dekade. Dit is veral `n groot probleem in die semi-woestyngebiede soos Namakwaland en die Richtersveld waar hoë diversiteit van sukkulente en spesiaal-aangepaste en unieke plante voorkom. Hoewel Suid-Afrika slegs 2% van die wêreld se oppervlak beslaan, het ons 46% van die wêreld se vetplante, waarvan die meeste in hierdie gebiede voorkom. Meer as 900 van hierdie plantspesies is bedreig en die onwettige handel daarin is vermoedelike groter as die van renosterhoring. Tussen April en Desember 2019 was daar ongeveer 29 hofsake in Namakwaland waar 48 mense gearresteer is en boetes van meer as R4 miljoen opgelê vir diefstal en smokkel van skaars en bedreigde plante en reptiele.
Gedurende Maart 2020 het Namakwa-tak saam met Lizanne Nel, die bestuurder bewaring, `n werkwinkel by Sendelingsdrif in die Richtersveld aangebied waar bewaringsdepartemente van die Wes- en Noord-Kaap, SANParke, SANBI, die Groen Skerpioene, polisielede van verskeie veediefstaleenhede en ander belanghebbendes die top prioriteite geïdentifiseer het om stropery die hok te slaan. Hulle het ook beraadslag hoe SA Jagters en lede saam met ander organisasies kan werk om bewaringsinisiatiewe te bevorder.
Namakwa-tak het reeds meer as R100 000 beskikbaar gestel om drie van die parke in die gebied te ondersteun met noodsaaklike bewaringstoerusting. Geld is ook bewillig om `n gebou op te rig in die kwekery in die Richtersveld Nasionale Park waar gekonfiskeerde bedreigde plante gehuisves sal word saam met ander voorbeelde van die bedreigde plantspesies in die gebied. Dit sal as een van die genebanke dien vir die plantspesies saam met ander kwekerye met volledige habitat info, sodat plante gekweek kan word vir moontlike hervestiging. `n Meer volledige artikel oor die inisiatief sal binnekort in die SA Jagter tydskrif verskyn.
Paneel van kundiges
n Versoek vir insette oor die bestuur en hantering, teël, jag en handel in olifante, leeus, luiperds en renosters wat `n bydrae kan lewer tot die evaluering van bestaande praktyke, regulasies en beleid, is op 27 Maart deur die Minister van Omgewingsake (DEFF) gepubliseer. Skriftelike voorstelle, wetenskaplike inligting, sosio-ekonomiese inligting en enige ander relevante inligting kan binne 60 dae aan die Paneel van Kundiges wat deur die Minister aangestel is, gestuur word. Vir volledige inligting is daar `n kopie van die kennisgewing hier beskikbaar en ook op SA Jagters webwerf.
Stuur voorleggings submission2HLP@environment.gov.za
Rig navrae aan me Pamela Singh by 012 3998740 of prsingh@environment.gov.za
- Tydskrifte
Beide die SA Jagter en Magnum is ongelukkig ook onderhewig aan die beperkingsmaatreëls met die nasionale inperking. Die tydskrifte sal daarom eers na die afsluit van die inperkingstyd gedruk en afgelewer kan word. Waar u normaalweg die SA Jagter en/of die Magnum voor die einde van April sou verwag, wees asseblief gewaarsku dat dit eers later teen ongeveer middel Mei versprei sal kan word indien die inperking wel teen 20 April 2020 ten einde loop.
Media 24 het goedgunstiglik aangebied om gratis elektroniese kopieë van die tydskrifte aan lede van SA Jagters wat intekenare is beskikbaar te maak deur middel van elektroniese koepons. Indien u tydskrif normaalweg in harde kopie afgelewer word en u sou `n elektroniese kopie wil ontvang skakel asseblief met Michel Schoeman by michel@sahunt.co.za
- Opleiding
SA Jagters bied in samewerking met die Wildlife College opleiding aan in die jag van gevaarlike wild. Net lede met toegewyde jagterstatus kwalifiseer. Slegs ses deelnemers per kursus word toegelaat om persoonlike aandag aan elke kursusganger te verseker. Dit kos R4 000 per persoon per kursus en sluit opleiding van twee spesies per kursus in. Die eerste twee kursusgangers wat betaal, bepaal die spesies vir daardie spesifieke kursus, byvoorbeeld “Olifant en Buffel”. Opleiding is beskikbaar vir Olifant, Buffel, Leeu, Luiperd, Seekoei en Krokodil.
Die Wildlife College verskaf die volgende toerusting: `n Kampkombuis, kampstoele, kookgerei, eetgerei, messegoed en `n braairooster. `n Veilige stoorfasiliteit vir kruideniersware is beskikbaar om dit teen bobbejane te beskerm. Ander geriewe sluit in `n watertenk, toilet, stort en sonkraglanterns. Let wel: kursusgangers moet self vuurmaakhout, ys, yskas, voedsel en drinkgoed bring. In sommige gevalle word verblyf verskaf, terwyl kursusgangers by ander kursusse self verblyf moet verskaf.
Kursus tipe 1: Die ses kursusgangers bly in drie tente wat elk toegerus is met twee kampbeddens en matrasse.
Kursus tipe 2: Die ses kursusgangers voorsien hulle eie tente, matrasse, kampbeddens of mobiele verblyf.
Vir navrae en besprekings, tree in verbinding met Liesel by (012) 808 9325 of liesel@sahunt.co.za
Vir die brief met meer inligting insake die kursus kliek op hierdie skakel.
NB: Belangstellendes moet oor toegewyde jagterstatus beskik. Nee ook kennis dat as gevolg van die inperkingsmaatreëls is alle kursusse wat vir April 2020 geskeduleer is gekanselleer.
Kursusdatums vir 2020
28 – 31 Mei (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
4 – 7 Junie (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
25 – 28 Junie (x 4 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
6 – 9 Julie (x 6 plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)
9 – 12 Julie (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)
13 – 16 Julie (x 6 plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)
16 – 19 Julie (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)
20 – 23 Julie (x 6 plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)
23 – 26 Julie (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)
27 – 30 Julie (x 6 plekke oop) (Maandag 12h00 tot Donderdag 12h00) (Tipe 1)
30 Jul – 2 Augustus (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 1)
6 – 9 Augustus (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
27 – 30 Augustus (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
3 – 6 September (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
24 – 27 September (x 6 plekke oop) (Donderdag 12h00 tot Sondag 12h00) (Tipe 2)
Verskaf die volgende inligting met bespreking en betaling van die kursusfooi:
- Naam en van
- Lidnommer
- Nommer van Toegewyde Jagterstatus
- Telefoonnommer
- Voorkeurdatum vir bespreking
Kyk na `’n kort video wat `’n idee gee oor die aard van die opleiding.
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R 100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap begin plaas by `n verskeidenheid handelaars. Kyk uit vir die geleenthede wat dalk hier mag voordoen. Indien u tak van die pakkies inligting sou wou kry, laat weet asseblief vir Dorothy Ras by dorothy@sahunt.co.za
- Ivoorprojek
Die Doctari ivoormes-projek is weer goed op dreef nadat ons effe agter geraak het met bestellings en aflewerings. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien slegs 150 messe in hierdie projek gemaak word. Daar is reeds 100 messe verkoop.
Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie loop reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Kyk asseblief na die aanbod, dit is uitstekend.
Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bepaal dat slegs lede van SA Jagters 5% spesiale korting sal kry op aankope van `n hele reeks van jag- en skietverwante produkte. Gaan na die skakel by die lys van produkte hieronder om te kyk waarop die korting geldig sal wees.
Vir April geld die volgende spesiale aanbod: Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte eers na die opskorting van die inperkingstydperk kan plaasvind.
Enige Lothar Walther loop 10%+5% = 15% korting
Enige Bartlein en Broughton loop 5%+5% = 10% korting
Hornady doppe en punte vir herlaai 5%+5% = 10% korting
Lapua doppe en punte vir herlaai 5%+5% = 10% korting
Om hierdie geleentheid te benut:
- Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
- http://firearms.humkoop.co.za/
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- co.za en klik op die skakel vuurwapens
- Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
- U moet `n opbetaalde lid wees en u moet u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
- Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:
E-pos Adresse
Sodra die bestelling geplaas het en die rekening betaal is, sal die Koöperasie die produk per koerier of in sekere gevalle met `n logistiekverskaffer stuur. Dit sal eers na afloop van die inperkingstyd kan gebeur.
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat die meeste van hierdie verskaffers gesluit sal wees gedurende die inperkingstydperk.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Westvaal Nelspruit
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- Die Wildshoekie Vleismark
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Archers Rock Safaris
- Dovetail Wooden Boxes
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
- HuntEx 2020
Met die implementering van die inperkingstyd in RSA moes ons noodgedwonge die datums van HuntEx verskuif. Die risiko was bloot net te groot dat ons nie die skou sou kon aanbied nie.
HuntEx 2020 word daarom vanjaar van 28 tot 30 Augustus 2020 aangebied. Tref betyds reëlings om hierdie skou te besoek. Die skou sal op elkeen van die drie dae oop wees van 08h00 tot 18h00. Koop asseblief vooraf u kaartjie vir toegang aanlyn by www.huntex.net
- Gedenkboek
Die inperkingsmaatreëls het ook die druk van die gedenkboek vertraag. Die finale produk is by die drukkers en sal sodra die inperking opgehef word gedruk word.
Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R 300,00 per boek; en `n tweede meer luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Vir bestellings, doen die volgende:
- Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.
- Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak asseblief baie seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
- Fotokompetisie
SA Jagters se fotokompetisie vir lede gaan in 2020 voort. Die doel van die kompetisie is om `’n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedings en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.
Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.cw.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang. Kyk gerus hier op ons webwerf na Februarie en Maart se finaliste.
Ons borg het weer `’n nuwe kamera as prys vir die algehele wenner beskikbaar gemaak. Die prys sal tydens ons kongres gala-aand aan die einde van die jaar oorhandig word. Ons probeer ook om meer pryse vir die verskillende kategoriewenners te kry.
Ons kategorieë vir 2020 se kompetisie is:
- Ons Erfenis. Enige landskap, plant- of dierelewe (insluitend voëls en insekte) wat ons land of buurlande se natuurlike erfenis uitbeeld.
- Die Jagter. Foto’s wat mense of diere se jag ervarings en aksies uitbeeld. Onthou asb. dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog.
- Die mens in die natuur. Enige foto’s waar mense interaksie met die natuur het.
Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB