• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathipark Nuus Januarie 2021

Januarie is ver verby en die amnestietydperk het tot `n einde gekom. Sedert SA Jagters  6 Januarie 2021 heropen het, was ons bedrywig met navrae en hulp in hierdie verband.

Indeling van die Nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

Nuwe Boodskappe

  1. Ou Groen Lisensies

Die gesprek met die Polisie oor `n moontlike proses om ou groen lisensies te vervang, duur steeds voort. Dit is onder ons aandag gebring dat PHASA ook in 2009 toegelaat is as `n aansoeker in die hofaansoek wat ons gebring het. Ons verwag dat ander partye ook by hierdie proses betrokke sal raak.

  1. Vuurwapenamnestie

Soos voorspel is, het baie mense die laaste paar dae van Januarie in lang toue by die Polisie gestaan om die amnestie te benut. Humeure het opgevlam oor `n proses wat die SAPD baie makliker kon gemaak het.

Ons kry steeds navrae van mense met ongelisensieerde wapens wat  nie die amnestie gebruik het nie. Geen data is nog beskikbaar oor die aantal wapens wat ingehandig is nie.

Lede wat wapens ingehandig het en aansoek gedoen het vir nuwe lisensies, moet asseblief geduldig wees. Die lisensies sal sekerlik nie vinnig uitgereik word nie.

  1. SA Jagters en Sosiale Media

SA Jagters het nou ook `n Facebook blad en Twitter rekening wat ons gebruik om `n groter teikenmark te bereik en die Vereniging te bemark. Ons het begin met die plaas van inligting oor die amnestie in Januarie en het redelike goeie blootstelling gekry. Volg ons by https://web.facebook.com/SAJagtersHunters (@SAJagtersHunters) en op Twitter by: @SAJagters

Gesels saam en deel die plasings met vriende en taklede. Die SA Jagters se bewaringsblad op Facebook is reeds bekend en word gebruik om inligting en nuus oor bewarings te deel.

  1. Skietsake

Precision Rifle Federation

Die South African Precision Rifle Federation (SAPRF) en SA Jagters het onlangs vergader en besluit om `n samewerkingsooreenkoms aan te gaan. Dit beteken dat SAPRF-lede wat by SA Jagters aansluit volle lidmaatskap voordele kan geniet. SAPRF het `n reeks unieke ghongskietoefeninge tot op 300m ontwikkel vir gebruik op SA Jagters se skietbane. SAPRF se bestaande skietoefeninge is soortgelyk aan die wat vir SA Jagters ontwikkel is tot op 300m maar by SAPRF se eie kompetisies word daar tot op 1200m geskiet. SAPRF het reeds planne om binnekort afstande verder te verleng.

Omdat SAPRF by SASSCo geregistreer is, is dit gepas dat SA Jagters met hulle saamwerk wat geleentheid bied aan SA Jagters-lede om op provinsiale, nasionale en internasionale vlak aan  langafstand ghongskietbyeenkomste deel te neem. Daar is `n opsie om by SAPRF aan te sluit en ook aan hulle skietkompetisies oor langer afstande deel te neem. Lees meer oor SAPRF hier.

Somchem Kruit

Goeie nuus vir herlaaiers is dat Rheinmetall Denel weer kruit plaaslik vervaardig na die herstel van hulle aanleg in die Wes-Kaap. Lees hier wanneer watter soorte kruit weer beskikbaar sal wees.

  1. Bewaring

Aandag alle grondeienaars, hulpbron en wildlewebestuurders

Wildboere, vee- en saaiboere  wat natuurlike habitat of wild op hul grond het, kan registreer om deel te word van SA Jagters se wildlewebestuurbelangegroep. Belangstellendes kan navrae rig aan  vanessa@sahunt.co.za

SA Jagters se Raad het besluit om `n belangegroep vir natuurlewebestuurders in die Vereniging te skep nadat `n behoefte onder  grondeienaars geïdentifiseer is. `n SA Jagters opname in 2014 het aangedui dat daar tot soveel as 1 000 grondeienaars in die Vereniging kan wees wat bykans 1 miljoen hektaar se saai-, vee- en wildplase bestuur waarop natuurlike habitat en wildbevolkings voorkom.

Die Vereniging wil spesifieke dienste oor natuurlewebestuur soos bodembeskerming, bewaring en verantwoordelike jag aan hierdie lede lewer. Hierdie dienste sal in konsultasie met belangstellende lede saamgestel word tot voordeel van wildboere en ander hulpbronbestuurders.

Van die aspekte wat reeds identifiseer is sluit in:

  • Skakeling op regeringsvlak oor wetgewing wat die wildlewesektor raak.
  • Ontwikkeling en bydra tot strategieë om hierdie groep se belange op die gebied van natuurlewebestuur en verantwoordelike benutting van natuurlike hulpbronne, insluitende jag te bevorder.
  • Bou van `n positiewe beeld van wildboere en hulpbronbestuurders en die rol wat hul in sosio-ekonomiese ontwikkeling, voedselsekuriteit en bewaring speel.
  • Ontwikkeling van riglyne vir beste praktyke en graderingstelsels wat voordelig is vir verantwoordelike wildboere.
  • Bevordering van gesonde interaksie tussen lede van die belangegroep en met kundiges.

Kommunikasie oor die jongste ontwikkeling en relevante inligting.

  1. Jagsake

Jagverslae

Ten spyte van die vele uitdagings van die 2020-jagseisoen het lede tog goed reageer op die indien van elektroniese jagverslae. Altesaam 12 142 jagverslae is voltooi waarvan 6 294 volledig voltooi is. Baie dankie aan die lede wat reeds die stelsel benut om ons van waardevolle inligting te voorsien. Lede wat nog nie die hierdie fasiliteit gebruik het nie kan gerus op hul persoonlike profiel onder aktiwiteite gaan kyk om hul 2020-jagdata te voltooi. Hierdie jagverslae tel as een van die aktiwiteite om Toegewyde Jagterstatus te handhaaf.

Jagbestemmings

Ons is besig met `n stelsel om jagbestemmings te akkrediteer vir `n projek om jaggeleenthede  aan os lede bekend te stel. Daar is ook `n baie goeie bemarkingsgeleentheid in samewerking met die SA Jagter tydskrif beskikbaar. Lede wat jagbestemmings besit wat bedryf word in ooreenstemming met die beleidstandpunte van SA Jagters kan navrae rig aan boetiek@sahunt.co.za

2019 Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap

Die Nasionale Haelgeweerskietkampioenskap waarvoor lede in 2019 gekwalifiseer het om op 28 Maart 2020 deel te neem, vind nou op 6 Maart 2021 by Wattle Spring-skietbaan plaas. Die skuts wat hiervoor gekwalifiseer het moet asseblief uitkyk vir `n spesiale nuusbrief met al die Covid-19 prosedure en protokolle.

  1. Bedankings

Die President van SA Jagters, Carl Arnold, het as president en raadslid bedank. Danie de Villiers ook as raadslid en VP Skietsake bedank het.

Soos voorsien in die Grondwet en Interne Reëls het die Raad Basie Bergh aangewys om as President te dien tot die eersvolgende Kongres wat na verwagting die einde 2021 sal plaasvind. Die Raad sal later besluit oor die moontlike koöptering van `n ander lid om die rol van VP Opleiding oor te neem.

André van Heerden is terselfdertyd aangewys as adjunkpresident en sal hierdie verantwoordelikheid saam met die portefeulje van VP Skietsake dra tot die eersvolgende Kongres.

  1. Navrae by SA Jagters Kantoor

SA Jagters ontvang baie e-pos en telefoonnavrae van lede. Alhoewel ons nie van enige lid `n blote nommer wil maak nie, maak dit tog die lewe vir ons baie makliker as lede hulle lidnommers met die navraag verskaf. Dit is die vinnigste manier om u lede-profiel tussen die 43 000 ander lede op te spoor. Ons wil die beste diens moontlik aan elke lid lewer. Help ons asseblief deur u lidnommer te verskaf wanneer u enige navraag doen.

  1. Hernuwing van Bevoegdheid

Alhoewel die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die betrokke regulasies bepaal dat bevoegdheid saam met die laaste lisensie van die tipe wapen verval (Art 13 Selfverdediging. Art 15 Geleentheidsjag en Sportskiet en Art 16 Toegewyde Jag en Sportskiet) is die praktiese standpunt van die Polisie dat die bevoegdheid soos volg verval en hernu behoort te word.

Art 13 (Handwapen of haelgeweer vir Selfverdediging) 5 jaar na die bevoegdheid uitgereik is

Art 15 en Art 16 (Enige wapen wat gelisensieer is vir geleentheidsjag of sportskiet en enige wapen wat gelisensieer is vir toegewyde jag of sportskiet) 10 jaar na die bevoegdheid uitgereik is.

Wees asseblief bewus van hierdie standpunt en doen betyds aansoek om ook u bevoegdheid te hernu. Onthou dat wanneer u aansoek doen vir enige lisensie of hernuwing van `n lisensie moet u beskik oor `n geldige bevoegdheid vir die tipe wapen waarvoor u aansoek doen vir `n lisensie.

Laat weet gerus as daar enige vrae is hieroor. Hou in gedagte dat polisiestasies nie die reëls oor die hernuwing van bevoegdheid konsekwent toepas nie.

  1. Fotokompetisie

SA Jagters se fotokompetisie vir lede gaan in 2021 voort. Die doel van die kompetisie is om “n portefeulje saam te stel van die beste foto’s wat SA Jagters se lede geneem het sodat ons dit op die webwerf, in aanbiedings en advertensies by geleenthede soos die jaarlikse kongres se gala-aand kan vertoon.

Aan die einde van elke maand sal ons foto’s kies om by hierdie portefeulje in te sluit en dit ook op www.cw.co.za publiseer. Lede sal ook erkenning in die vorm van goud, silwer of brons sertifikate ontvang. Ons beoordelaars sal ook aan die einde van die jaar kategorie en `n algehele wenner aanwys.

Ons kategorieë vir 2021 se kompetisie is:

  1. Bewaring. Enige foto’s wat bawaring in aksie uitbeeld.
  2. Plant- en Dierelewe. Enige plant- of dierelewe, insluitend lanskappe, voëls en insekte)
    Onthou asb. Dat hierdie kategorie nie foto’s van gejagte diere insluit nie. Stuur daardie foto’s gerus na die tydskrif se Bokspog. 
  3. Ons kulturele erfenis. Enige beelde wat ons land en mense se kultuur erfenis uit beeld

Lees gerus hier wat u moet doen om in te skryf.

  1. Spesiale Aanbiedings

SA Jagters het verwantskappe met verskeie handelaars wat spesiale korting aan lede bied. Sommige van hierdie verskaffers stel van tyd tot tyd spesiale aanbiedings vir `n beperkte tyd beskikbaar.

Doctari Messe

Die Doctari ivoormes-projek is weer op dreef. Die projek behels die maak van messe met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Plaas gerus u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom aangesien daar net 50 van hierdie messe beskikbaar is. 

Belangstellendes kan R5 500 in die bankrekening van SA Jagters betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar. Dit is voorwaar `n uitstekende publikasie.

Die boek is beskikbaar in A4-formaat in twee weergawes: Die een met `n gewone omslag teen R300 per boek; en `n tweede luukse weergawe met `n buffelleer omslag. Slegs 100 van die buffelleer-eksemplare teen R1000 elk sal beskikbaar wees. Plaas bestellings vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Vir bestellings, doen die volgende:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek of R1 000 vir die leergebinde weergawe) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 220 van die beperkte reeks van 500 Buck-knipmesse teen R 1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Uitverkoping SA Jagters Winkel

SA Jagters het besluit om sy klerevoorraad uit te dun en ons produkreeks te verander. Talle items is tans op `n spesiale uitverkoping. Rig navrae aan Rene by (012) 8089300 of rene@sahunt.co.za

Humansdorp Koöperasie

Humansdorp Koöperasie bied vir Februarie 2021 alle Lapua doppe en punte, sowel as alle Hornady punte en doppe teen `n addisionele 10% korting aan – dus `n aansienlike korting van 15% op hulle standaard pryse. Wanneer u die bestelling plaas, dui asseblief aan dat u `n lid van SA Jagters is.

Ondersteuning van Lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Retha van der Walt en twee ander outeurs \ het `n splinternuwe boek gepubliseer oor Fungi and Lichens of the Limpopo Province. Hierdie boek is gebaseer op Retha se navorsing oor `n hele paar jaar oor die wilde fungi en ligene wat natuurlik in die Limpopo-provinsie voorkom. `n Mens kan amper nie dink daar steeds nuwe spesies ontdek word nie. Spesies van hierdie plante wat wel in die wêreld bekend is vir die eerste keer in die Limpopo-provinsie en in die Limpopo-vallei opgespoor. Alhoewel hierdie `n wetenskaplike werk is, is dit steeds interessante leesstof. Die standaardprys is R 380 plus posgeld. Retha bied 10% korting aan lede van SA Jagters wat die prys afbring na R 342 plus posgeld. Kyk gerus hier na meer detail oor hierdie boek.
  2. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
  3. Wildsvleisresepteboek – Lede kan R50 afslag kry per eksemplaar. Ouma Leonè de Lange gee R50 afslag en skenk R50 aan SA Jagters vir elk resepteboek wat sy verkoop op https://www.ouma-se-wildsboek.co.za Gebruik die “SAHUNT” promosiekode wanneer jy die boek bestel. Die resepteboek is perfek vir die jagter, en sluit 220 resepte in om op die kampvuur te maak; omskakelingstabelle vir gewig en oondtemperature.
  4. Frikkie Bouwer een van die ouer lede van SA Jagters het klompie patrone, punte en doppies beskikbaar in die volgende kalibers: 30 06 Sprg, 308 Win, 30-30, 7X57mm. Kyk gerus hier vir meer detail.

Herhalende Boodskappe

  1. Jagsake

Jaggeleentheid geborg deur Archers Rock Safari’s

Archers Rock Safari’s borg ’n jaggeleentheid ter waarde van sowat R50 000 wat `n gelukkige lid met `n R50 kaartjie kan wen. Die jagpakket vir geweer of boogjag, of ’n kombinasie daarvan, is soos volg:

Een koedoebul tot 52 duim, een wildebeesbul tot 29 duim, twee rooibokramme tot 22 duim, een vlakvark tot 12 duim. Gratis verblyf in vyfster lodge vir twee jagters of een jagter en een gas vir vier nagte met vyf jagdae en ’n gratis spa-behandeling met alle etes, vervoer, koelgeriewe en gidse ingesluit.

Aangesien ons nie nou die jaggeleentheid kan benut nie, het Archers Rock Safari’s ingestem om hierdie geleentheid uit te stel na 2021. Diegene wat reeds `n kaartjie gekoop het, sal nie die kans verbeur nie. Vir die res, is hier nou weer `n geleentheid om deel te neem. Lees meer hier oor Archers Rock Safari’s se jaggeleentheid. By voorbaat dankie aan Archers Rock wat die jaggeleentheid aangeskuif het.

Om in aanmerking te kom vir hierdie jag:

  1. Plaas R50 of veelvoude van R50 (vir meervoudige kanse) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by ABSA, rekeningnommer 01443990077.
  2. Gebruik u eie selfoonnommer en Archers as verwysing.

Inskrywings vir hierdie trekking sluit op 30 Maart 2021. SA Jagters sal u selfoonnommer gebruik om die trekking van die gelukkige wenner van hierdie jag te doen.

Vir enige navrae oor hierdie jaggeleentheid skakel met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za.

Hierdie jaggeleentheid sal tussen Junie en Augustus 2021 plaasvind.

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters het nou 42 683 lede. Ons ledetal groei terug na 43 000.

Die Raad het besluit dat elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, kommissie van tussen R100 tot R150 per lid sal ontvang. Meer inligting is hier beskikbaar.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Takke kan ook hierdie vorms by Dorothy Ras aanvra by dorothy@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die ooreenkoms met Humansdorp Koöperasie bestaan reeds vanaf 1 November 2019 en bied unieke geleenthede aan lede van SA Jagters. Dit is `n uitstekende aanbod. Lede van SA Jagters kwalifiseer vir 5% spesiale korting op aankope van jag- en skietverwante produkte. Volg die skakel by die lys van produkte hieronder vir inligting oor afslag.

Neem asseblief kennis dat die aflewering van produkte dalk bietjie later kan plaasvind.

Om hierdie geleentheid te benut:

  1. Besoek die webwerf van Humansdorp Koöperasie by:
    1. http://firearms.humkoop.co.za/
    2. co.za en klik op die skakel vuurwapens
    3. co.za en klik op die skakel vuurwapens
  2. Kies die produk waarin u belangstel en plaas bestelling per e-pos. Die e-pos adresse word verskaf.
  3. U moet `n opbetaalde lid wees en u lidnommer verskaf. Alvorens Humansdorp Koöperasie enige korting toestaan, sal hul nagaan of u `n lid is van SA Jagters en of u ledegeld op datum betaal is. Slegs opbetaalde lede kwalifiseer vir die korting.
  4. Plaas u bestelling by Eduan du Toit, Cheryl Coetzee of Riaan Vermaak by een van die onderstaande E-pos adresse:

E-posadresse

  1. arms@humkoop.co.za
  2. ammo@humkoop.co.za

Sodra die bestelling ontvang en die rekening betaal is, sal die koöperasie die produk laat aflewer.

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar. Neem asseblief kennis dat sommige van hierdie verskaffers gesluit kan wees gedurende die inperking.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Westvaal Nelspruit
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Archers Rock Safaris
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadlock Skietstok

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles