11 Oktober 2022
Geagte kollega
Ons September nuusbrief is paar dae laat. Ons was druk besig om die kongresdokumente voor te berei om teen 5 Oktober uit te stuur.
Ons merk ‘n groot deel van die land is erg warm, maar tog was Sutherland se temperatuur die nag van 6 Oktober nog 0°C. Ons leef in ‘n vreemde land. Hoewel damme voldoende water het, kan die verouderde infrastruktuur en wanbestuur nie in die vraag na water in stede en dorpe voorsien nie voorsien nie.
Beurtkrag en telefone
Die beurtkrag van die afgelope maand het chaos veroorsaak met SA Jagters se telefoonstelsel. Soms het nie een van die 13 inkomende lyne gewerk het nie. Alhoewel ek dit lyne noem is dit eintlik lankal radioseine. Ons het ‘n paar jaar gelede reeds oorgeskakel na ‘n radiogebaseerde telefoonstelsel omdat kabeldiefstal ons te veel diens laat verloor het.
Weens beurtkrag raak die torings se bystandbatterye pap en verloor ons ook maar diens. Dit maak ‘n mens moedeloos maar daar is nie veel wat ons kan doen om die probleem op te los nie.
Ons het ‘n aantal selfone wat die situasie effens verlig. Indien u nie op die gewone kantoornommer (012 808 9300) kan deurkom nie, probeer gerus een van die volgende nommers wat ons ook vroeër in ‘n ander e-posboodskap aan lede gestuur het.
- Ontvangs: 082 848 8547
- Vuurwapenhulplyn: 066 256 2916
- Opleiding: 082 658 6680,
- Finansies: 082 727 5158
- Jagterswinkel: 066 231 8185
Indeling van die nuusbrief
Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.
Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.
Nuwe boodskappe
- Jagsake
1.1 Buffeljaggeleentheid
Hierdie is u laaste kans om kaartjies te koop vir ons ordentlike buffeljagkompetisie wat einde Oktober sluit. Dit kan ‘n ervaring van ‘n leeftyd wees.
SA Jagters in samewerking met die SA Jagter/Hunter en Rhino Bullets bied ‘n geleentheid aan om gedurende die laaste week in November 2022, ‘n buffel in die Coutada 11 jagkonsessie in Mosambiek te jag. Alle koste is ingesluit. Meer inligting is hierbeskikbaar. Kaartjies kos R100 elk. Jy kan soveel kaartjies koop soos jy wil.
Betaal R100 of veelvoude daarvan in SA Jagters se bankrekening per EFT. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik jou Selfoonnommer en Buffel as verwysing. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
Hierdie jaggeleentheid sluit in
- Een trofee buffelbul
- Een trofee Lichtenstein Hartbees
- Een trofee Soenie
- Alle reiskoste
- Alle verblyfkoste in die jagkamp vir 7 aande
- Taksidermie dienste
1.2 2023 Jagproklamasies Wes-Kaap
Ek het verlede maand berig dat die Wes-Kaap hul jagproklamasies vir 2023 wil saamstel en dat hulle versoeke vir kommentaar gerig het. CapeNature het laat weet dat hulle bykans net van die antijag aktiviste kommentaar ontvang het. Dis juis nóú die tyd om CapeNature te ondersteun. Stuur asseblief u ondersteunende kommentaar aan sodat jagters meer kommentaar lewer as aktiviste.
Lees die kennisgewing hier. CapeNature sal steeds kommentaar aanvaar selfs al was die sluitingsdatum 30 September. Selfs al stuur u bloot ‘n boodskap om die 2022 regulasies te behou, sal dit positief bydra. Enigiemand kan hierdie geleentheid benut om kommentaar te lewer op daaglikse jagkwotas en verbode jagmetodes vir spesifieke spesies in die Wes-Kaap vir 2023.
Stuur kommentaar na stakeholderinvite@capenature.co.za
1.3 Bek-en-klouseer
Die verbod op verskuiwing van spleethoewige diere is in Oktober 2022 in die meeste distrikte en die grootste dele van die Vrystaat opgehef. Die siektebeheergebiede in KwaZulu-Natal en Limpopo bly egter van krag. Plase in die Vrystaat waar positiewe diagnoses gedoen is sal steeds onder kwarantyn bly. Boere in die beheergebiede en plase onder kwarantyn mag nie eers bulle van kampe skuif om vir die teelseisoen by die koeie te kom nie. Diere in die beheergebiede mag slegs na vervoer word na abattoirs met beide ‘n verskuiwingspermit en ‘n gesondheidsertifikaat wat deur die departement Veeartsenykunde in die betrokke provinsie uitgereik is.
Lede moet baie versigtig wees met die verskuif van enige spleethoewige diere.
- Skietsake
- 1 Browning- SA Jagters Nasionale Haelgeweerkampioenskap 2022
Die Browning SA Jagters Haelgeweerkampioenskap is afgehandel. Baie dankie aan almal wat deelgeneem . Die wenners was:
Nasionale kampioen
1.Gert Nel 92
2.Pieter Rheeder 91
3.Andre Pienaar 91
Senior manskampioen
1.Gert Nel 92
2.Pieter Rheeder 91
3.Johan Badger Eloff 88
Veterane kampioen
1.Cobus Alberts 85
2.Pieter De Wet 85
3.Wim Bornman 78
Super veterane kampioen
1.Andre Pienaar 91
2.Dave Gould 78
3.David Kruger 77
Dameskampioen
1.Sanet Van Jaarsveld 66
2.Nitha Kriel 63
3.Megan Koekemoer 60
Junior skut van die dag
1.Stiaan Rheeder 85
2.Henco van Wyk 77
Kampioenspan
- Cheetah 1: Barry Du Toit, Niekie Du Toit, Pieter De Wet, Pieter Rheeder – 352/400
- Suikerbosrand 1: Johan Eloff, Cobus Alberts, Bennie Koekemoer, Glen Matthews -316/400
- Suikerbosrand 4 : Johann Van Deventer, Wim Bornman, HJ van der Walt, Henco van Wyk – 304/400
Skuts wat SA Jagters se nasionale haelgeweerkleure verwerf
Barry Du Toit, Niekie Du Toit, Gert Nel, Johan Eloff, Pieter De Wet, Andre Pienaar, Johann van Deventer, Cobus Alberts, Pieter Rheeder, Jaco Kriel, Janneman Swanepoel en Stian Rheeder.
2.2 Nasionale Junior Skiet
Die Nasionale Junior Skietkampioenskap is die afgelope naweek op die Excalibur-skietbaan by Sandrivier 58-tak in Welkom aangebied. Die wenners in die onderskeie klasse was:
Onder 9 Veerluggeweer | Onder 13 Veerluggeweer | ||||
1 | Dian Nel | Riemland | 1 | Anelda Coetzer | Vaaldriehoek |
2 | Micah Swart | Riemland | 2 | Wijan Oberholzer | Sandrivier 58 |
3 | JP Maree | Vrystaat Sandveld | 3 | Hennie Schoeman | Sandrivier 58 |
Onder 13 PCP | Onder 13 Randslag | ||||
1 | Wijan Oberholzer | Sandrivier 58 | 1 | Ashleigh Collie | Riemland |
2 | Lilia Meaker | Riemland | 2 | Anelda Coetzer | Vaaldriehoek |
3 | Michael Kinnear | Kameeldoring | 3 | Lilia Meaker | Riemland |
Onder 16 Veerluggeweer | Onder 16 PCP | ||||
1 | Daniel Jordaan | Suikerbosrand | 1 | Daniel Jordaan | Suikerbosrand |
2 | Risa Hattingh | Suikerbosrand | 2 | Reuben Steenbergen | Suikerbosrand |
3 | Johané Coetzer | Vaaldriehoek | 3 | N J Hudson | Transvaal |
Onder 16 Randslag | Onder 18 Veerluggeweer | ||||
1 | Xander Oosthuizen | Oosrand | 1 | Jeanré van Wyk | Vaaldriehoek |
2 | Johané Coetzer | Vaaldriehoek | 2 | Zuané van Staden | Vaaldriehoek |
3 | Risa Hattingh | Suikerbosrand | 3 | Cobus Roux | Bothaville |
Onder 18 PCP | Onder 18 Randslag | ||||
1 | Douglas McFarlane | Suikerbosrand | 1 | Zuané van Staden | Vaaldriehoek |
2 | Xander van Eck | Olifants | 2 | Xander van Eck | Olifants |
3 | Mia Buys | Vrystaat Sandveld | 3 | Markus van der Vyfer | Suikerbosrand |
25 Meter Presisie Kleinkaliber | |||||
1 | Douglas McFarlane | Suikerbosrand | |||
2 | Mia Buys | Sandveld | |||
3 | Xander van Eck | Olifants |
2.3 Verdere nasionale sportskietbyeenkomste
Die datums van ander nasionale kampioenskappe is soos volg:
- Nasionale Limited Bolt Action Kompetisie (15 Oktober 2022)
- Nasionale MDS-kompetisie (19 – 22 Oktober 2022)
- Nasionale Sportskietkompetisie & IGRF (27-29 Oktober 2022)
Sterkte aan skuts met die finale voorbereiding. Rig navrae oor die sportskietkampioenskappe aan Nic Roets by (012) 808 9300 of nic@sahunt.co.za.
- Bewaring
Kommentaar op die konsepwitskrif oor bewaring en volhoubare benutting en biodiversiteit in van SA
SA Jagters het kommentaar op die konsepwitskrif oor biodiversiteit aan die departement van bosbou, visserye en die omgewing voorgelê. Die Vereniging se insette is gelewer in die gees om volhoubare bewaring en verantwoordelike benutting tot voordeel van Suid-Afrikaners moontlik te maak.
Ons is veral bekommerd oor die dubbelsinnige en swak taal en die benadering wat gevolg is. Ons het kommer uitgespreek omdat daar so baie min klem gelê is op die positiewe bydrae wat natuur- en wildlewegebiede onder bestuur van die private sektor tot bewaring en die wildlewe-ekonomie lewer.
Die witskrif bevat net enkele beleidsintervensies wat die private sektor en die gediversifiseerde wildlewegebiede en verantwoordelike jag ondersteun. Te veel melding word gemaak van die rol van toerisme, ekotoerisme en internasionale toerisme as die toonaangewers in landelike sosio-ekonomiese ontwikkeling en die ekonomiese aansporings. Hoewel toerisme ongetwyfeld ‘n belangrike rol speel, is dit kommerwekkend dat die DBWP ooglopend nie erkenning gee aan veral die betekenisvolle rol van gediversifiseerde wildlewegebiede, insluitend jag en wildvleisproduksie in voedselsekerheid, bewaring en sosio-ekonomiese ontwikkeling nie.
Voorts gee die witskrif ook nie aandag aan die ander vereistes en die verskille in die ongewingsvoetspoor van fotografie-toerisme in vergelyking met jag nie, en hoe dit die bewaringslandskap beïnvloed nie. Dit kan gesien word as ‘n doelbewuste poging om juis die debat verder te verwyder van die belangrike komponente van jag en volhoubare benutting.
Gegewe die aard en omvang van die uitdagings vervat in die konsepwitskrif, is SA Jagters van mening dat dit krities belangrik is vir die minister om toe te sien dat die konsepwitskrif herskryf word ná verdere konsultasie met belanghebbendes ten einde ‘n finale witskrif te lewer wat ‘n noemenswaardige en positiewe impak op Suid-Afrika se biodiversiteitsbewaring en volhoubare benutting maak wat alle Suid-Afrikaners met trots sal aanvaar.
- SAJWV Kongres 2022
Die kongresdokumentasie is teen 5 Oktober 2022 aan Takvoorsitters gestuur. Die Interne Reëls vereis dat dit binne drie dae na takke se afgevaardigdes gestuur word. Indien u ‘n afgevaardigde van u tak is, maak seker dat u betyds die dokumentasie van u Takvoorsitter ontvang.
- Spesiale aanbiedings
Ons deel inligting oor ‘n paar nuwe verskaffers wat spesiale korting aan lede bied.
5.1 Omchem produkte
Die Schütze Waffenpflegen (geregistreerde handelsnaam) se reeks vuurwapenreinigers is in Duitsland vir ‘n groep Suid-Afrikaanse sakelui ontwikkel om ‘n ongeëwenaarde produk van uitstaande kwaliteit plaaslik en internasionaal te bemark. ‘n Verdere voordeel is dat daar 365 dae van die jaar ‘n bestendige voorraad beskikbaar sal wees. Besoek gerus www.schutze.co.za vir produkinligting in Afrikaans.
Schütze word plaaslik deur Omchem (Edms) Bpk versprei en verpak volgens die Duitse ontwikkelingspan se kwaliteitstandaarde. Daar is tans vier produkte in die mark. CLP (Cleans, Lubricates & Protects), PCS (Pre Clean & Soften), LPO (Lubrication & Protection Oil) asook CDB (Cleaning & Degreasing Blaster). Verdere produkte sal in die komende maande beskikbaar word. Kyk gerus hier na meer detail oor produkte.
5.2 Tyremart Hatfield
Die pryse van motorbande het onlangs skerp gestyg. Tyremart in Hatfield bied aan lede addisionele 3% korting bo en behalwe die standaardkorting wat u met die aankoop van bande kan beding. Hulle sal ook gratis stikstof in bande voorsien en ‘n gratis wielsporing doen by die aankoop van bande. Sien hulle aanbod hier.
5.3 Blue Gecko Touring
Blue Gecko Touring bied 10% korting aan lede wat saam met hulle toer. Hulle bied gespesialiseerde persoonlike diens grootliks in die Wes-Kaap. Meer inligting oor die maatskappy hier beskikbaar.
5.4 Humansdorp Koöperasie
In Oktober 2022 bied Humansdorp Koöperasie steeds 10% korting aan lede van SA Jagters op die aankoop van alle Walther lope.
Herhalende boodskappe
- Lidmaatskap
Werf lede vir kommissie
SA Jagters se ledetal staan nou op 43 059.
Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.
Die Raad van SA Jagters het ingestem dat Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor is reeds voorheen per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur.
SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan ‘n verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za
- Fotografieklub
Die fotografieklub van SA Jagters lok steeds wye belangstelling. Gaan lees gerus meer hieroor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.
- Doctari-messe
Die Doctari ivoormes-projek eindig binnekort. Daar is slegs 11 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 11 messe wil bekom.
Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za
- Gedenkboek
Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is uitverkoop.
Bestellings: Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.
Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.
- Buck-knipmesse
Daar is slegs 30 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za
- Kommersiële sake
Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.
- Humansdorp Koöperasie
- Toyota SA
- Wildman Hunting and Outdoor
- Hokaai Slaghuis
- LAVA Vakuumverpakking
- Selftrack
- MAINSU Kragopwekkers
- Cens Digital Gehoorbeskerming
- Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
- Helle-messe
- Nitecore Flitse
- Fitch and Leedes
- Otterskloof
- Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
- Dovetail Wooden Boxes
- 4Deadhold Skietstok
- Die Vleishoekie Vleismark
- Thermal Imaging Warehouse
- Pangolin Vuurwapenkluise
- Reloading Technologies
- Shanin Weir Trofeefoto’s
- Omchem Produkte
- Tyremart Hatfield
- Blue Gecko Toere
Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.
Vriendelike groete
Fred Camphor
SA Jagters: HUB