• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathi Park Nuus November 2022

7 Desember 2022

Geagte kollega

Indeling van die nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res later lees.

Nuwe boodskappe

  1. Buffeljagkompetisie

Die gelukkige wenner van ons Buffeljagkompetisie, Lawrence Meintjies, het inderdaad die geleentheid gekry om in die Coutada 11 konsessie in Mosambiek te gaan jag en elkeen van sy pryse gejag. Hy het ‘n buffelbul, Lichtenstein hartebeesbul en Soeni-ram gejag in die week wat hy daar was. Lees meer oor sy ervaring in een van die komende uitgawes van die SA Jagter. Daar is ook heelwat foto’s en beeldmateriaal beskikbaar op die SA Jagter Facebook-blad.

Baie dankie aan elkeen van u wat ons so wonderlik ondersteun het met hierdie projek. Volgende jaar maak ons dalk weer so.

  1. SA Jagterswinkel

SA Jagters se winkel wat jare lank reeds by Inyathipark sake doen, is onlangs verbeter en is sedert 14 November 2022 weer in bedryf. Ons samewerking met Humansdorp Koöperasie bring ‘n meer uitgebreide reeks produkte en daar is goeie spesiale aanbiedinge beskikbaar.

Ondersteun asseblief u eie winkel – daar mag dalk net ‘n klompie handige kersgeskenke beskikbaar wees. Lede wie se ledegeld tot op datum betaal is, ontvang 10% korting op enige aankope by ons eie winkel. Kyk gerus op ons webblad en die winkel se Facebook-blad vir die beskikbare produkte.

  1. Fotografieklub

Vanjaar se inskrywings in die fotokompetisie was besonder goed. Vir die eerste keer was daar meer as 100 foto’s wat goud verdien het en gekwalifiseer het as kategorie-wenners. Drie baie bekende fotograwe buite SA Jagters was die beoordelaars en het die hoë-resolusie foto’s sonder enige identifikasie ontvang. Dit het hulle meer as 4 weke geneem om hulle besluit te finaliseer. Baie geluk aan die wenners en al die lede wie se foto’s onder die finaliste was.

Die wenfoto van die jaar is ‘’Chaos at the vulture hide’’, geneem deur Pierre van der Berg. Hy is ook die fotograaf van die jaar en is ‘n lid by Pretoria-Oos-tak. Pierre het gedurende 2022, 48 goue toekennings ontvang. Baie geluk Pierre, jou bydrae tot die fotokompetisie en SA Jagters se fotografieportefeulje maak ‘n groot verskil en word opreg waardeer. Klik hier om die wenfoto en ons fotograaf van die jaar te sien.

Die nuutste fotografienuusbrief is reeds uitgestuur waarin die 2022 kategorie-wennners, wenfoto van die jaar en fotograaf van die jaar bekendgestel is. Kliek hier vir die nuusbrief in Afrikaans en hier vir die nuusbrief in Engels. 

  1. Beurtkrag, swaar weer en telefone

Alhoewel die beurtkrag wel verminder is, ervaar ons gereeld swaar weer met heelwat donderweer in Pretoria wat steeds enkele probleme met SA Jagters se telefoonstelsel veroorsaak. Indien u nie op die gewone kantoornommer (012 808 9300) kan deurkom nie, probeer gerus een van die volgende selfoonnommers:

  • Ontvangs: 082 848 8547 
  • Vuurwapenhulplyn: 066 256 2916 
  • Opleiding: 082 658 6680,
  • Finansies: 082 727 5158  
  • Jagterswinkel: 066 231 8185
  1. SA Jagters se kantoor sluit oor Desember

Net soos alle ander werknemers, verdien SA Jagters se lojale personeel ook ‘n blaaskans. Omdat die Vereniging se aktiwiteite gedurende Desember en oor Kersfees stil raak, sluit ons die kantoor op 14 Desember 2022, en heropen op 9 Januarie 2023, sodat ons personeel verlof kan neem.

Die rekenaarbediener (server) sal vanaf 20 Desember 2022 tot 4 Januarie 2023 afgeskakel word vir instandhoudingswerk. Dit is die enigste tydperk wanneer lede nie bedien sal kan word nie. Personeel sal navrae en versoeke vir endossemente, of soortgelyke versoeke tot 20 Desember 2022 en weer vanaf 4 Januarie 2023 hanteer.

  1. Skietsake 2023

Die Streekskietprogram vir 2023 (Sportskietkompetisies ingesluit) en die Universele Reëls en skietkompetisiereëls is nou beskikbaar vir inligting oor die jaggebaseerde skietkompetisies kliek hier:

  • Presidentskiet
  • Intertak Spanskiet
  • Uitdaag Spanskiet

Reëlings vir die streek sportskietkompetisies volg later. Die sagteware ondergaan nodige veranderinge om die skietkompetisies te ondersteun. Ons stuur hierdie detail aan sodra dit beskikbaar is.

  1. Bewaringsnuus

7.1. Beleidstandpunte oor Omgewing

Die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing het ‘n paar nare foute gemaak in die hersiene konsepwitskrif, wat dikwels die basis vorm vir nuwe wetgewing. Ons voorreg om te jag word bedreig, nie net deur die wet op die beheer van vuurwapens nie maar soms ook deur dwase standpunte en stappe van sogenaamde bewaringsbewustes.

In die konsep witskrif is die term well-being aan diere toegedig wat dit soos volg definieer: “The holistic circumstances and conditions of an animal or population of animals which are conducive to its physical, physiological and mental health and quality of life, including its ability to cope with its environment.” Hierdie term is ook ingesluit waar die beleid handel met volhoubare of verantwoordelike gebruik van natuurlike hulpbronne.

Hoe op dees aarde verwag die departement om die geestelike gesondheid te beoordeel van ‘n hoender wat geslag word, of van ‘n swerm sprinkane wat gewasse bedreig en doodgespuit word? Hierdie gekheid spruit uit die druk van diereregte groepe. SA Jagters het ernstige beswaar aangeteken hierteen en ons standpunt in ‘n persverklaring uitgereik. Dit is hier beskikbaar.

7.2. Jagluiperd opname

Die staat se bewaringstrategie maak dikwels nie voldoende voorsiening daarvoor dat die meeste roofdiere buite parke op private en gemeenskapsgrond voorkom nie, en dat hierdie grondeienaars (en nie die regering nie) die rentmeesters is wat habitat vir hierdie diere bewaar, dikwels teen groot koste weens vee- en wildverliese.

Ons nooi lede en grondeienaars uit om deel te neem aan ‘n nasionale opname oor jagluiperds om te bepaal waar vrylopende jagluiperds in die land voorkom. Hierdie opname is ‘n inisiatief deur twee universiteite, die Cheetah Trust en Ashia Cheetah Conservation, met die ondersteuning van SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging. Inligting wat verskaf word, word vertroulik hanteer.

Die ondersteuning van grondeienaars en wildlewebestuurders is noodsaaklik om ons toe te rus om sinvolle strategieë te ontwikkel wat tot voordeel van jagluiperds is, maar terselfdertyd die konflik tussen boere en roofdiere op grondvlak aanspreek. Hierdie is ‘n geleentheid vir lede om die feite deur te gee. Die vraelys is hier beskikbaar.

Ons versoek lede om ons te help om sinvolle inligting te bekom deur die vraelys te voltooi wanneer hulle jagluiperds waarneem.

Herhalende boodskappe

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 42 724.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters het ingestem dat Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor is reeds voorheen per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan ‘n verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

  1. Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek eindig binnekort. Daar is slegs 7 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 8 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

  1. Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is uitverkoop.

Bestellings: Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

  1. Buck-knipmesse

Daar is slegs 17 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadhold Skietstok
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • Thermal Imaging Warehouse
  • Pangolin Vuurwapenkluise
  • Reloading Technologies
  • Shanin Weir Trofeefoto’s
  • Omchem Produkte
  • Tyremart Hatfield
  • Blue Gecko Toere

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles