• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathi Park Nuus Julie 2022

Die jagseisoen loop goed sover en ons het paar interessante verwikkelinge om met lede te deel. 

Indeling van die nuusbrief

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

Nuwe boodskappe

  1. Buffeljaggeleentheid

SA Jagters in samewerking met die SA Jagter/Hunter en Rhino Bullets bied `n geleentheid aan om gedurende die laaste week in November 2022, `n buffel in die Coutada 11 jagkonsessie in Mosambiek te jag. Alle koste is ingesluit. Meer inligting is hier beskikbaar. Kaartjies om hiervoor in aanmerking te kom, kos R100 elk. Jy kan soveel kaartjies koop soos jy wil.  

Betaal R100 of veelvoude daarvan in SA Jagters se bankrekening per EFT. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik jou Selfoonnommer en Buffel as verwysing. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Hierdie jaggeleentheid sluit in

  • Een trofee buffelbul
  • Een trofee Lichtenstein Hartbees
  • Een trofee Soenie
  • Alle reiskoste
  • Alle verblyfkoste in die jagkamp vir 7 aande
  • Taksidermie dienste

Kyk gerus na die detail beskrywing van die volledige prys by die skakel wat hierbo verskaf is.

  1. Voëljaggeleentheid

SA Jagters bied aan `n groep van agt lede die geleentheid om tarentale en fisante in die Koppies omgewing in die Vrystaat te jag. Die beskikbare datums is 26 – 28 Augustus en 2 – 4 September 2022.

Verblyf word verskaf in `n ou Sandsteen-plaashuis met krag en water. Bring jou eie kos en drinkgoed, eetgerei, kampbed en beddegoed. Vrystaat jaglisensies vir veerwild is by SA Jagters se hoofkantoor by Inyathipark beskikbaar teen R210 elk.

Dit kos R1 000 per persoon vir 2 nagte vir `n groep van 8 individue. Die gebied van ongeveer 1 500 ha bestaan meestal uit mielielande en bloekombos. Daar is nog nie vanjaar daar gejag nie. Indien die weer dit toelaat, sal die mielies in Augustus gestroop word.

Belangstellendes kan navrae rig aan Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za

  1. Kennisgewing vir die SAJWV Kongres 2022

SA Jagters se jaarlikse kongres word as virtuele vergadering via Zoom op 5 November 2022 om 08:00 vanaf die kantoor van SA Jagters te Inyathipark in Pretoria gehou. Die belangrike datums en onderwerpe waarvan kennis gegee word, is die volgende:

  • Die sluitingsdatum vir indien van beskrywingspunte vir die Kongres is 5 September 2022.
  • Die sluitingsdatum vir indien van nominasies vir toekennings wat SA Jagters aan lede en nie-lede maak, is 31 Augustus 2022.
  • Die sluitingsdatum vir indien van nominasies vir verkiesing van Raadslede is 20 September 2022.
  • Die sluitingsdatum vir die registrasie van afgevaardigdes na die kongres is 20 September 2022.
  • Die stel met volledige kongresdokumente sal op die laaste teen 5 Oktober 2022 aan Takvoorsitters gestuur word om aan takke se afgevaardigdes te versprei.

Herhalende boodskappe

Die volgende groep is boodskappe wat u reeds voorheen ontvang het.

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub van SA Jagters lok steeds wye belangstelling. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

  1. Spesiale aanbiedings

Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek eindig binnekort. Daar is slegs 20 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 20 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop.

Bestellings:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 58 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 43 115.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters het ingestem dat Takke wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort is, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor is reeds voorheen per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Aansoekvorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Spesiale aanbod Humansdorp Koöperasie

In Augustus 2022 bied Humansdorp Koöperasie 10% korting aan lede van SA Jagters op die aankoop van alle Walther lope

Nuwe verskaffers van herlaaitegnologie

In Augustus 2022 het `n nuwe verskaffer toegetree met `n aanbod aan lede van SA Jagters. Reloading Technology help herlaaiers goedkoper en meer akkuraat herlaai deur middel van hulle uitgloei-apparaat (annealing machine) teen 10% korting. Sien Reloading Technologies se volledige advertensie op die webwerf hier.

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadhold Skietstok
  • Die Vleishoekie Vleismark
  • Thermal Imaging Warehouse
  • Pangolin Vuurwapenkluise
  • Reloading Technologies

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles