• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Inyathi Park Nuus Februarie 2022

Februarie was skielik `n besige maand met `n paar spesiale nuusbriewe. Omdat ons verstaan dat jaggeleenthede belangrik is vir ons lede probeer ons die inligting so gou moontlik by u kry. Vergewe maar as daar te veel boodskappe kom, ons sal nie onnodig aanstuur nie.

Belangrike inligting en boodskappe verskyn eerste in die nuusbrief en herhalende inligting verder aan.

Lede wat min tyd het om te lees, kan dus op die eerste deel van die nuusbrief fokus vir nuwe inligting en die res vir later los.

Nuwe boodskappe

  1. Jagsake

Omdat ons lede nou begin regmaak vir jaggeleenthede bespreek ons jagsake eerste in hierdie nuusbrief.

Jag van Olifante, Renosters en Luiperds

Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het in `n verklaring die kwotas vir jag en uitvoer van trofeë vir olifante, luiperds en renosters vir 2022 bekendgemaak. Daar sal vanjaar 10 luiperds, 150 olifante en 10 swartrenosterbulle gejag mag word. Dié kwotas is in 2021 bekendgestel maar na die jagseisoen gesluit het en dit is net so oorgedra na 2022. Die volledige persverklaring van Omgewingsake is hier beskikbaar.

Provinsiale Jagpakkette

Noord-Wes Parke bied op 1 April ‘n openbare veiling van 100+ jagpakkette aan. Lees die  advertensie soos ons dit ontvang het hier. Die finale katalogus van beskikbare jagpakkette sal aan lede beskikbaar gestel word sodra ons dit van die Provinsie ontvang.

SA Jagters se geakkrediteerde jagbestemmings

SA Jagters bied vanjaar weer aan lede wat eienaars is van jagbestemmings die geleentheid om hul jagte te bemark. Maak kontak met Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za vir verdere besonderhede indien jy deel wil wees van SA Jagters se geakkrediteerde jagbestemmings. Die sperdatum vir registrasie is 13 Maart 2022, sodat inligting oor hierdie jagpakkette en bestemmings voor die jagseisoen aan lede gestuur kan word.

Jag van Sandpatryse

SA Jagters bied aan 10 lede die geleentheid om van 30 Maart tot 3 April 2022 by Askham twee spesies sandpatryse wettig tydens een jaggeleentheid te jag. Hierdie jag kan slegs een keer per jaar aangebied word.

Die jagseisoen vir die Gevlekte Sandpatryse (Burchell Sandpatryse – Pterocles Burchelli) eindig op 31 Maart, en dié van Kelkiewyne (Namakwa Sandpatryse – Pterocles Namaqua) begin op 1 April. Hierdie jaggeleentheid maak dit dus moontlik om twee spesies sandpatryse met een geleentheid te jag. Op 30 en 31 Maart sal die Gevlekte sandpatrys gejag kan word en die Kelkiewyn van 1 tot 3 April. Die reëls oor daaglikse getalbeperkings en die jagseisoen van die onderskeie voëlspesies, sal streng toegepas word.

Die koste beloop R9 775 (BTW ingesluit) per jagter en sluit 5 nagte selfsorgverblyf en 5 dae se jagregte in. Jagters is verantwoordelik vir hul eie vervoer na die jagbestemming sowel as hulle eie etes. Beddegoed, handdoeke en kombuisgeriewe word voorsien.

Tydens hierdie jag is daar ook ‘n geleentheid om springbokramme in die duine te jag teen addisionele koste. Die voëls vlieg slegs sekere tye van die dag. Jagters wat springbokke wil jag kan dus die res van die dag daarvoor benut.

Ons kan slegs tien (10) persone op hierdie jaggeleentheid akkommodeer. Belangstellendes word versoek om so gou moontlik hulle plekke te bespreek by Boetie Kirchner by boetiek@sahunt.co.za. Die eerste tien mense wat bespreek en betaal sal aanvaar word.

Navorsing oor Afrika Varkpes

Ons het lede versoek om deel te neem aan die navorsingsprojek van UP se fakulteit Veeartsenykunde oor die verspreiding van Afrika Varkpes. Hierdie studie het bevind dat binne die beheerde gebied hoë vlakke van teenliggame gevind is in bloedmonsters op 9 uit die 10 plase wat in die studie ingesluit is. In plase buite die beheerde gebied is teenliggame gevind in 4 uit 9 plase wat in die studie ingesluit is. Hoe vlakke van teenliggame is gevind in monsters afkomstig uit Mokala Nasionale Park naby Kimberley, terwyl geen teenliggame gevind is in monsters afkomstig van Addo Olifantpark nie.

Alhoewel dit blyk dat die vlakvarke in die Oos-Kaap nog skoon kan wees en nie Afrika Varkpes dra nie het die studie tog bewys dat Afrika Varkpes reeds redelik ver buite die aanvanklike beheerde gebied voorkom en dat die siekte dus wel verder deur die land versprei. Die volledige verslag is hier beskikbaar.

  1. Skietsake

Skuts neem tans weekliks deel aan verskeie Tak- en Streekskietgeleenthede. Geniet die geleentheid om weer `n slag redelik vryelik deel te neem.

Die IGRF-span wat in Mei 2022 in Bisley aan die IGRF Wêreldkampioenskap gaan deelneem is gekies en die aansoek vir hulle nasionale kleure is ingedien. Baie geluk by voorbaat aan die 5 manne en vroue met hulle prestasie. Ons hou saam met julle duim vas vir hierdie geleentheid.

  1. Streekbyeenkomste

Vir die laaste paar jaar bied ons jaarliks streekbyeenkomste aan wat bestuurspanne in Takke en lede in die onderskeie streke bywoon. By hierdie geleentheid word heelwat gesels oor die manier waarop SA Jagters sy sake bedryf en bestuur. Die streekbyeenkomste begin vanjaar op Maandag 13 Maart en behoort teen middel April afgehandel te wees. Maak gerus kontak jou Takbestuur vir enige vrae of kwessies wat hulle by hierdie geleentheid in u streek kan bespreek.

  1. HuntEx

Ons het reeds in Februarie die goeie nuus gedeel dat HuntEx vanjaar voortgaan. Die Polisie het HuntEx gegradeer as `n lae risiko skou. Daar is baie min wat ons nou kan keer om wel die uitstalling te hou. Daar is klaarblyklik nog verskil in die Kabinet oor Covid-19 se rampbestuurstatus. Al wat ons nou kan keer is wanneer die Kabinet die land weer vir `n nuwe vlaag Covid-19 wil inperk. Hou asseblief die naweek van 22 tot 24 April 2022 beskikbaar en kom kuier vir ons by HuntEx. Let asseblief op dat enkele Takke in hul eie nuusbriewe die datum vir HuntEx foutief verskaf het. Die datum hierbo verskaf is die korrekte een.

  1. Bewaring

Renosterstropery

Volgens die jongste verslag van die Departement Bosbou, Visserye en die Omgewing het die aantal renosters wat in die laaste jaar gestroop is, afgeneem. Die stroop van renosters in parke het wel afgeneem, maar dit het toegeneem op privaat grond. Met CITES wat internasionale handel in renosterhoring verbied, is die opsies vir befondsing van teenstroopoperasies vir privaateienaars uiters beperk. Die getal renosters in die Kruger Nasionale Park het aansienlik afgeneem terwyl die getal in privaat besit toegeneem het.

Renosterbewaring is in `n krisis en meer moet gedoen word om die privaat eienaars van renosters te ondersteun. Lees die departement se volledige persverklaring hier.

Teenstropingsoperasies

Bewaringspanne by verskeie takke het vanjaar reeds `n aantal gebiede in hulle omgewing te voet vir strikke gefynkam. Deur strikke te verwyder, red hierdie vrywilligers diere van `n stadige pynlike dood. Lede word versoek om by takke se bewaringsinisiatiewe betrokke te raak.

Bontebok NDF

SA Jagters en ander rolspelers in die wildbedryf het onlangs by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) se werksessie insette gelewer vir proses om te bepaal wat die potensiële impak is van internasionale handel in Bontebok en Bontebokprodukte. Hierdie inligting sal bydrae tot die opstel van internasionale handelsbeleid vir die Bontebok.

Projek vir Volhoubare Wildbedryfekonomie (Sustainable Wildlife Economies Project)

SA Jagters en van ons lede in die Oos-Kaap het aan fase 1 van die SWEP (Sustainable Wildlife Economies Project) deelgeneem. Fase 2 skop nou af in Limpopo Provinsie.

Ons bedank lede in die Oos-Kaap wat aan fase 1 deelgeneem het. Alle lede wat belangstel in die voorlopige resultate van fase 1 wat aandui hoe grondeienaars (wildplase en gemengde plase) bydra tot bewaring, werkskepping en die ekonomie, kan gerus hier daarna kyk.

Die SWEP projek (

https://www.youtube.com/embed/xLm6OVQenmM?wmode=transparent of 074 529 9983.

  1. Toegewyde Jagter- en Sportskutstatus

Lede met toegewyde jagter- en/of sportskutstatus word herinner om aktiwiteite aan te meld en gereeld by te werk op SA Jagters se aanlyn lede-administrasiestelsel. Hulle kan ook die App gebruik wat vir die doel ontwikkel is om tred te hou van aktiwiteite wat jaarliks teen 31 Oktober op rekord moet wees om hul status te behou.

  1. Versoek van Voortrekkermonument

Die Vootrekkermonument is besig met opgradering van die museum. `n Deel van die monument sal voortaan ook Suid-Afrika se ryk wildlewegeskiedenis uitbeeld. Hulle versoek dat individue wat volledige gemonteerde trofeë kan skenk of leen, dit beskikbaar maak vir die uitstalling. Lede wat `n items het om te skenk of leen, kan met Jaco Celliers by jaco@kultuurtuiste.org.za in verbinding tree.

Herhalende boodskappe

Die volgende groep is boodskappe wat u reeds voorheen ontvang het.

  1. Fotografieklub

Die fotografieklub van SA Jagters kook reeds weer vroeg in die nuwe jaar. Gaan lees gerus meer hier oor die klub, geleenthede vir opleiding om beter foto’s te neem en maandelikse kompetisies en pryse. Hierdie verslag verskaf ook inligting oor die beste foto’s van die jaar en die Fotograaf van die Jaar.

  1. Spesiale aanbiedings

Doctari-messe

Die Doctari ivoormes-projek word binnekort beëindig. `n Beperkte reeks messe is gemaak met hewwe uit ivoor afkomstig van olifante wat Nico van Rooyen gejag het. Daar is slegs 25 van hierdie messe oor. Plaas u bestellings so gou moontlik om teleurstellings te voorkom as u een van die laaste 25 messe wil bekom.

Belangstellendes kan R5 500 in SA Jagters se bankrekening betaal. Die rekening is by Absa en die rekeningnommer is 01443990077; met takkode 632005. Gebruik die verwysing Mes en u selfoonnommer. Stuur ook die betalingsbewys aan admin@sahunt.co.za

Gedenkboek

Die gedenkboek is steeds beskikbaar in A4-formaat teen R300 per boek. Die leergebinde weergawes is reeds uitverkoop.

Bestellings:

  1. Plaas die korrekte bedrag (R300 vir die gewone boek) elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters. Die rekening word gehou by Absa en die rekeningnommer is 01443990077.

Gebruik net u Lidnommer en Boek as verwysing. Maak seker dat u lidnommer korrek is anders kan ons nie die bestelling uitvoer nie.

Buck-knipmesse

Daar is slegs 76 van die beperkte reeks Buck-knipmesse teen R1 000 elk beskikbaar. Hierdie knipmesse het ivoorinlegsels op die hef met SA Jagters se logo op die hef gegraveer. Plaas die R1 000 elektronies oor na die bankrekening van SA Jagters by Absa, rekeningnommer 01443990077. Gebruik u lidnommer en Knipmes as verwysing. Stuur die betalingsbewys saam met u lidnommer en kontakbesonderhede aan Realda Goosen by realda@sahunt.co.za

Humansdorp Koöperasie

In Maart 2022 bied Humansdorp Koöperasie alle Hornanady produkte teen 10% korting aan lede van SA Jagters.

Thermal Imaging Warehouse

Thermal Imaging Warehouse is `n aanlyn winkel wat spesialiseer in wye verskeidenheid hoë kwaliteit elektroniese verbruikerstoerusting. Produkte van welbekende handelsmerke soos Bose, Bushnell, DJI, Beyerdynamic, Flir, Garmin, HikMicro, Olight en Umarex is beskikbaar teen die beste pryse in Suid-Afrika. Alhoewel Thermal Imaging Warehouse `n aanlyn winkel is, bied hulle ook produkdemonstrasies aan op uitnodiging van kliente landwyd sodat die klient die werkverrigting van die produk in die geografiese omgewing waar dit gebruik sal word, kan sien. Hierdie handelaar is bereid om te waarborg dat geen handelaar in RSA beter pryse op sy produkreeks sal aanbied nie.

 

Ondersteuning aan lede

Baie van ons lede is erg geraak deur die Covid-19-omstandighede. Hieronder is inligting van geleenthede wat ons lede aan ander lede bied om mekaar te help.

  1. Goeie droë bosveld vuurmaakhout is beskikbaar teen `n billike prys in die Pretoria-omgewing. Meer detail hier.
  1. Lidmaatskap

Werf lede vir kommissie

SA Jagters se ledetal staan nou op 43 707.

Elke lid of tak wat 10 of meer lede per jaar vir SA Jagters werf, ontvang kommissie van tussen R100 tot R150 per lid. Meer inligting is hier beskikbaar.

Die Raad van SA Jagters bied ook aan dat elke Tak wat lede wie se lidmaatskap weens wanbetaling opgeskort, oortuig om te betaal, ook die bostaande kommissie sal ontvang. Meer inligting hieroor sal per afsonderlike e-pos aan Takvoorsitters gestuur word.

SA Jagters het weer aansoekvorms vir lidmaatskap aan `n verskeidenheid handelaars verskaf. Vorms is beskikbaar by Dorothy Els by dorothy@sahunt.co.za

  1. Kommersiële sake

Die volledige lys van diensverskaffers wat spesiale pryse aan lede van SA Jagters bied is hieronder beskikbaar.

  • Humansdorp Koöperasie
  • Toyota SA
  • Wildman Hunting and Outdoor
  • Hokaai Slaghuis
  • Die Wildshoekie Vleismark
  • LAVA Vakuumverpakking
  • Selftrack
  • MAINSU Kragopwekkers
  • Cens Digital Gehoorbeskerming
  • Uitlaatstelle van De Graaf Autosentrum in Van der Hoffweg Pretoria
  • Helle-messe
  • Nitecore Flitse
  • Fitch and Leedes
  • Otterskloof
  • Cassie Nienaber – Ladingontwikkeling en Herlaai
  • Dovetail Wooden Boxes
  • 4Deadhold Skietstok
  • Thermal Imaging Warehouse

Kliek hier vir meer inligting oor enige van die bogenoemde voordele.

Vriendelike groete

Fred Camphor

SA Jagters: HUB

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles