• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Generaal de la Rey-tak Kopskietkompetisie

NWK Retail Kopskietkompetisie in samewerking met Generaal de la Rey-tak

Die Generaal de la Rey-tak op Lichtenburg het op Saterdag, 26 Oktober 2019 die NWK Kopskietkompetisie vir die vyfde keer aangebied op die Dirk van Schalkwyk-skietbaan buite Lichtenburg. Hierdie unieke skietkompetisie is oor 200m geskiet op volgrootte kopteikens van ‘n blesbok, rooibok en springbok (drie skote per bok) waarop ‘n sirkelteiken getrek is met ‘n V5, 5, 3, 1 en -1  tellings – sien aangehegte foto’s. Die skuts kry een proefskoot (nie verpligtend nie) op die diamantteiken vir ‘n totaal van 10 skote (daarvan is nege skote tellers) in ses minute vir ‘n potensiële telling van 45 punte.


Hierdie kompetisie word geskiet oor skiettafels en elke skut kry ‘n x-bag en een plat sandsakkie wat agter onder die geweerkolf gebruik kan word as standaard toerusting vir elke skut en dit is al wat gebruik kan word – geen ander eie toerusting soos bi-pods, sandsakke ens. nie. Geen spotting scopes, windmeters, selfone, voorbeelde van die teikens of enige ander notas word op die skietpunt toegelaat nie. Die inskrywings word beperk tot 15 aflossings van 28 skuts elkeen vir ‘n totaal van 420 deelnemers/teikens, met die eerste 8 of 9 aflossings gereserveer vir die eerste inskrywing van elke skut en in die aflossings daarna, kan skuts ‘n tweede, derde of meer keer inskryf.  Die kompetisie is baie gewild en al 420 teikens word nie net elke jaar verkoop nie, dit word sommer baie gou uitverkoop.


NWK Retail het met die idee van ‘n Kopskietkompetisie vorendag gekom en die teiken, waarvan hulle die kopiereg besit, in-huis ontwerp. Sedertdien borg NWK Retail die unieke kompetisie en vanjaar was die eerste prys ‘n Tikke T3 Super Varminter in 222 Rem kaliber met ‘n Hawke Frontier FFP 5-25 x 56 teleskoop en ‘n stel Warne teleskoop ringe.


Gedurende die dag het daar ‘n matige tot sterk wind van agter gewaai (tailwind) – dit het twee probleme veroorsaak, die wind het soos die dag gevorder het al sterker begin waai – na skatting (onthou windmeters was verbode) ongeveer 25 tot 30 km per uur teen 13h00 tot 14h00 toe die laaste aflossings geskiet is en die windrigting het deurentyd gewissel van ongeveer seweuur (van links agter) na vyfuur (van regs agter). Ek het self die dag deelgeneem en in aflossings 6 en 10 geskiet en kan getuig dat dit fyn skiet geverg het vir ‘n breinskoot. Die groot aantal  -1 tellings en misskote op die dag dui op die moeilikheidsgraad van die kompetisie. Die reëls word streng toegepas en daar mag net ‘n maksimum van drie telskote na elke bok se kop geskiet word, minder is nie ‘n probleem nie, meer as drie beteken ‘n diskwalifikasie. Daar is ook net een proefskoot toegelaat, meer as een en die gevolg is ‘n diskwalifikasie. Dit is maklik om tred te verloor terwyl jy skiet en daar was heelwat diskwalifikasies as gevolg daarvan. Ten spyte daarvan het die skuts wat die dag goed gevaar het ongelooflike goeie tellings geskiet! 


Resultate van die drie verskillende klasse – uit ‘n totaal van 45 punte:

Resultate vir die Kopskietkompetisie van 2019 geskiet oor 200m:

  • Totale aantal skote: 3 330
  • Totale aantal doodskote (V5,5,3 en 1 tellings) = 1 668 (50%)
  • Totale aantal kwes- en misskote (-1 tellings en mis skote) = 1 662 (50%)

Resultate vir die Kopskietkompetisie van 2018 geskiet oor 243m:

  • Totale aantal skote: 3 672
  • Totale aantal doodskote (V5,5,3 en 1 tellings) = 1 118 (30%)
  • Totale aantal kwes- en misskote (-1 tellings en mis skote) = 2 554 (70%)

Resultate vir die Kopskietkompetisie van 2017 geskiet oor 228.6m:

  • Totale aantal skote: 3 339
  • Totale aantal doodskote (V5,5,3 en 1 tellings) = 1 530 (46%)
  • Totale aantal kwes- en misskote (-1 tellings en mis skote) = 1 809 (54%)

Die Kopskietkompetisie se resultate oor die afgelope drie jaar lewer baie interessante en bruikbare statistiek vir jagters – die belangrikste daarvan is die feit dat ten minste een uit elke 2 skote ‘n kwes- of misskoot is! Kopskote is altyd ‘n kontroversiële onderwerp en veroorsaak lekker besprekings rondom die kampvuur – hou in gedagte ‘n kopskoot is nie goed genoeg nie, dit moet ‘n breinskoot wees om ‘n dier dood te skiet. By vlaktewild mag dit relatief maklik wees om ‘n beplande breinskoot wat ‘n kwesskoot (horing af, in die bek, neus of gorrel) geword het, reg te maak en die dier met ‘n tweede skoot dood te skiet omdat hulle redelik deurlopend sigbaar is in die vlaktes en dikwels vinnig met ‘n voertuig opgevolg en doodgeskiet kan word. In bos- of bergagtige jagterrein word ‘n beplande breinskoot wat ‘n kwesskoot geword het ‘n nagmerrie-ondervinding om die dier op te spoor en uit sy lyding te verlos. Ongelukkig is dit ook waar dat baie diere wat onder dié omstandighede gewond word eers dae of weke later doodgeskiet word of dood in die veld gekry word.


Wat die Kopskietkompetisie onderstreep is dat breinskote op diere groot risiko inhou en dat dit met die nodige omsigtigheid benader moet word. Vergelyk die omstandighede tydens die Kopskietkompetisie………..:

  • Die afstand is bekend;
  • Die skuts skiet oor ‘n skiettafel vanuit ‘n dooierus skietposisie;
  • Op ‘n teiken wat in teenstelling met ‘n lewendige bok se kop nie beweeg nie en
  • Die skut het ruim tyd met ses minute vir nege telskote en een proefskoot;

met die omstandighede in die jagveld……….:


Breinskote word elke dag suksesvol op wild geskiet, maar baie breinskote op wild loop ook elke dag skeef in die veld. Die volgende boodskap wat duidelik blyk uit die Kopskietkompetisie is die volgende: Indien jy besluit op ‘n breinskoot, maak seker dat jy alles in ag neem vir ‘n suksesvolle doodskoot (breinskoot) nl.:

  • Jou skietvaardighede/vermoë om die breinskoot suksesvol te skiet;
  • die akkuraatheid van jou geweer-/teleskoop-/ammunisie-kombinasie;
  • die afstand na die dier;
  • jou skietposisie;
  • ondersteuning vir jou geweer:
  • die weersomstandighede (bv. die wind);
  • beweeg die dier se kop of is dit stil ens.

Ope Wenners

Ope klas v.l.n.r.: Wynand Spies (1 ste), Liaan Lotter (2 de), Theo Rabe (NWK Hoof Uitvoerende Beampte), Jean Faurie (3 de)

Dames Wenners

Dames klas v.l.n.r.: Carla Lotter (1 ste), Theo Rabe (NWK Hoof Uitvoerende Beampte), Althea Markram (2 de), Alice le Roux (3 de)

Junior Wenners

Junior klas v.l.n.r.: Chanel van der Watt (1 ste), Theo Rabe (NWK Hoof Uitvoerende Beampte), Jayden Flattery (2 de), Daniel Markram (3 de)

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles