Fotografienuusbrief 23 November 2022
Nuut in dié nuusbrief:
*Fotografietoekennings vir Augustus en November
*Wenfoto en fotograaf van die jaar 2022
*Kategorie wenners en wenfoto’s 2022
*2023 Fotokompetisie
*Wenners van die foto-uitdaging #horings
*Nuwe foto-uitdaging #reptiele
*Mini foto-uitdaging #prentjiemooi
SA Jagters Amateur Fotografiekompetisie
Fotografie toekennings vir Augustus en November 2022
Augustus het 65 inskrywings opgelewer waarvan 33 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Edmund Hattingh, Boetie Kirchner en Monique Potgieter.
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: Augustus
In September het ons 70 inskrywings ontvang waarvan 44 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Rachelle van Niekerk, Steve Kloppers, Edmund Hattingh en Monique Potgieter.
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: September
Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se eerste goud-, silwer- en bronssertifikate sal binnekort op hulle lidprofiel gelaai word. Lede kan via hulle tak, goud, silwer- of bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, bestel. Lede sal ook via e-pos ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat kry vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang binnekort.
Wenfoto en fotograaf van die jaar 2022
Die wenfoto van die jaar is ‘’Chaos at the vulture hide’’, geneem deur Pierre van der Berg.
Die fotograaf van die jaar is Pierre van der Berg, Pretoria-Oos-tak. Pierre het gedurende 2022, 48 goue toekennings ontvang.
Baie geluk Pierre, jou bydrae tot die fotokompetisie en SA Jagters se fotografie portefeulje maak ʼn groot verskil en word opreg waardeer.
Klik hier om die wenfoto en ons fotograaf van die jaar te sien.
Kategoriewenners 2022
Hierdie jaar se inskrywings in fotokompetisie was van besondere kwaliteit. Vir die eerste keer was daar meer 100 foto’s wat goud verdien het en gekwalifiseer het vir kategoriewenners. Drie alombekende fotograwe buite SA Jagters was die beoordelaars en het die hoë-resolusie foto’s naamloos ontvang. Dit het hulle meer as 4 weke geneem om hulle besluit te finaliseer. Baie geluk aan die wenners en al die lede wie se foto’s onder die finaliste was.
Fauna en Flora ML/DSLR (spieëlloos en enkel lens reflekteerkameras)
Wenner: Pierre van der Berg, Pretoria-Oos
Naaswenner: Rony Horstink, Overberg
2de Naaswenner: Edmund Hattingh, Houtkapper
Fauna en Flora SMART (slimfone en tablette)
Wenner: Boetie Kirchner, Griekwaland Wes
Naaswenner: Sasha Bornman, Mopani
2de Naaswenner: Sasha Bornman, Mopani
Die Skietbaan ML/DSLR/SMART
Wenner: Pierre van der Berg, Pretoria-Oos
Naaswenner: Monique Potgieter, Sandrivier-58
2de naaswenner: Tyronne Cass, Mopani
Die Jagveld ML/DSLR/SMART
Wenner: Boetie Kirchner, Griekwaland Wes
Naaswenner: Boetie Kirchner, Griekwaland Wes
2de naaswenner: Pierre van der Berg, Pretoria-Oos
Ons het baie min inskrywings ontvang in die kategorie vir Takaktiwiteite en Bewaring ML/DSLR/SMART. Vir die toekoms sal hierdie kategorie behoue bly en vra ons lede om dit beter te ondersteun. Ons verstaan dat lede eerder foto’s in die natuurkategorie inskryf en daarom sal ons die reëls aanpas sodat die ander kategorieë beter verteenwoordiging geniet. Lede sal via e-pos ʼn digitale spogsertifikaat vir elke foto wat plasing behaal het ontvang.
Die volledige naamlys met die res van die kategorieplasings kan hier gesien word.
Die volledige webwerf album kan hier besigtig word.
Die kategorieë vir die 2023 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos *(alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
2) Fauna en Flora slimfoon/tablet *(alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
3) Takaktiwiteite en Bewaring *(die doen en late van lede op takvlak /enige bewaringsaksies of die teenoorgestelde van bewaring, soos besoedeling en strikke in die veld)
4) Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(die gebeure op die skietbaan en gedurende kompetisies. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5) Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(mense en diere in die jagveld, wat gebeur om die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
NUWE kategorie:
6) Mentorskap DSLR/spieëlloos/slimfoon/tablet *(die SA Jagters Mentorskap program kan hier besigtig word en graag wil ons die foto’s ontvang wat die program uitbeeld)
NUUT by reëls: Vir kategorie 1 en 2 (Fauna en Flora) kan lede in totaal 5 foto’s per maand inskryf, en vir kategorie 3, 4, 5 en 6 (Takaktiwiteite en Bewaring, Die Skietbaan, Die Jagveld, Mentorskap) kan lede in totaal 5 foto’s per maand inskryf. Dus kan lede in totaal 10 foto’s per maand inskryf soos uiteengesit.
NUUT by reëls: Merk epos inskrywings in die onderwerplyn met die maand waarvoor jy inskryf, byvoorbeeld soos volg: November fotokompetisie
BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
- Naam en van:
- SA Jagters-lidnommer:
- SA Jagters-tak:
- Selfoonnommer:
- E-posadres:
- Kategorie:
- Plek:
- Titel/beskrywing:
- Kamera:
- Lens: (lens inligting nie vir slimfone nie)
(Wenk: knip en plak die 10-punte lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing)
- Foto’s moet 300dpi, groter as 2MB en verkieslik kleiner as 10MB wees.
- Alle metadata moet sigbaar wees.
- Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees, geen volraamfoto’s nie.
- Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.
Die 2023 fotokompetisie open amptelik wanneer hierdie nuusbrief verskyn, en sluit op 30 September 2023. Inskrywings wat reeds ontvang is, sal volgens die kategorie ingedeel word.
SA Jagters Fotografieklub
Die Fotografieklub se aanlyn platform staan nou op 2245 lede. Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers net op Facebook.
Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.
Die Fotografieklub se Facebook-hoogtepunte verskyn op die SA Jagters webwerf onder Photography Blog hier.Kliek hier vir die Fotografieklub se etiket en Facebook-reëls.
Foto-uitdaging
#horings – Augustus/September:
Die Augustus/September foto-uitdaging se tema was #horings en sowat 150 inskrywings van die mooiste diere met horings is geplaas.
Die top 50 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Christa Heymans se foto van ʼn pragtige rooibokram geneem gedurende die goue uur van die dag.
Kliek hier om die wenaankondiging en foto op Facebook te besigtig.
#reptiele – Oktober/November/Desember:
Die volgende foto-uitdaging se tema is #reptiele. Die fotografieklub se lede het gestem vir hierdie onderwerp en die foto’s wat tot dusver ontvang is, is besonders!
Kliek hier vir die Facebook skakel. Kliek hier vir die SA Jagters webwerf skakel.
Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) foto’s van enige reptiele wat in Afrika voorkom
2) een foto per plasing/inskrywing
3) geen beperking op die hoeveelheid plasings of inskrywings per lid nie
4) deelnemer moet ‘n lid van SA Jagters en/of van die SA Jagters Fotografieklub wees
5) skryf slegs foto’s in wat jyself geneem het (jy kan nie namens iemand anders inskryf nie)
6) merk die foto #reptiele (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die Desember)
7) inskrywings moet die volgende insluit:
*opskrif/titel van jou foto
*plek waar die foto geneem is
*wanneer die foto geneem is
*kamera- of slimfoonmodel
*kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed), maar nie vir slimfone nie.
SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan inskrywings stuur na sahuntphoto@gmail.com met #reptiele in die onderwerpslyn.
Aan die einde van Desember kies die groep se admin die beste foto’s wat op die Facebook-groep se blad en in ‘n galery of die webblad sal verskyn. Lede kies die wenner. Die wenner sal vroeg in Januarie 2023 aangewys word.
Fotografieklub Bladomslag
Ongeveer elke tweede week kies die admin ʼn nuwe bladomslag vir die Fotografieklub se Facebook-blad. Lede is baie trots wanneer hulle foto’s gekies word vir die bladomslag. Dit hou die plasings van foto’s ook baie interessant. Alle foto’s wat geplaas word op die groep se blad kom in aanmerking vir die bladomslag.
Die nuutste bladomslag is deur Pierre van der Berg geneem, ʼn foto van ʼn oopbek nuuskierige waterskilpad.
Kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.
Van die vorige foto’s wat nog nie voorheen in die nuusbrief genoem was nie, is soos volg:
Kliek hier vir Stephanus Fourie se foto op Facebook en kliek hier vir Tinus Steyn se foto op die webwerf.
Kliek hier vir die 2022 Bladomslag-album wat opgedateer is.
Fotografieklub Mini foto-uitdaging
Dis somer, lekker warm en die gevoel van feestyd en vakansie is die lug. #prentjiemooi is die mini foto-uitdaging se tema. Die tema is onbeperk en fotograwe kan dit interpreteer op hul eie manier: Onthou die fotografieklub se reëls met die plasing van elke foto: opskrifte wat verduidelik, wat, waar, wanneer, kamera, ens. Daar is geen wenners nie, net ʼn geleentheid om foto’s te neem en gesellig te deel! Deel die foto’s op die Fotografieklub se blad en merk dit #prentjiemooi.
Kliek hier vir die Facebook skakel.
POPI wet op kommunikasie
SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang.
Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel gedurende kantoorure 082 553 4719.
Vriendelike groete
Marette Bennett
SAJWV-SAHGCA Fotografie administrasie en koördineerder