Fotografienuus 20 Junie 2022
Nuut in dié nuusbrief:
*Fotografie toekennings vir April en Mei
*Wenners van die foto-uitdaging #mytuisdorp
*Nuwe foto-uitdaging #koud
*Mini foto-uitdaging #lekkereet
SA Jagters Amateur Fotografiekompetisie
April het 60 inskrywings opgelewer waarvan 28 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Taryn Engelbrecht, JN Wright en Edmund Hatting.
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: April
In Mei het ons 53 inskrywings ontvang waarvan 41 foto’s toekennings verwerf het. Baie geluk aan die volgende lede wat goud in verskillende kategorieë verdien het: Pierre van der Berg, Rachelle van Niekerk, Ronny Horstink, Leon du Plessis en Renier Groenewald
Die skakel om die album op die webwerf te besigtig: Mei
Lede wie se foto’s goud, silwer of brons verdien, se eerste goud-, silwer- en bronssertifikate word op hulle lidprofiele gelaai. Lede ontvang ook via e-pos ʼn afsonderlike digitale spogsertifikaat vir elke foto wat ʼn toekenning ontvang. Lede kan via hulle tak, goud, silwer- of bronsbalkies, soortgelyk aan die skietbalkies, bestel.
Die kategorieë vir die 2022 Amateur Fotokompetisie is soos volg:
1) Fauna en Flora DSLR/spieëlloos (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
2) Fauna en Flora slimfoon (alles in die natuur eie aan Suider Afrika)
3) Takaktiwiteite en Bewaring DSLR/spieëlloos/slimfoon (die doen en late op takvlak / bewaringsaksies of die teenoorgestelde van bewaring, soos besoedeling en strikke in die veld)
4) Die Skietbaan DSLR/spieëlloos/slimfoon (die gebeure op die skietbaan en gedurende kompetisies. ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
5) Die Jagveld DSLR/spieëlloos/slimfoon (mense en diere in die jagveld, maar nie foto’s van gejagte diere nie. Stuur gerus foto’s van trofee- en gejagte diere aan Bokspog in SA Jagter/SA Hunter by bokspog@sahunter.org ONTHOU vuurwapen- , skietbaan- en jagveiligheid moet deurgaans gehandhaaf word met die neem van foto’s)
Die beskrywing van die temas en die bygewerkte reëls is hier beskikbaar.
BAIE BELANGRIK: Stuur slegs een foto per e-pos-inskrywing en die onderstaande inligting moet elke inskrywing vergesel:
- Naam en van
- SA Jagters-lidnommer
- SA Jagters-tak
- Selfoonnommer
- E-posadres
- Kategorie waarvoor jy inskryf
- Plek waar die foto geneem is
- Titel van die foto
- Kamera en lensmodel (lens inligting nie vir slimfone nie)
(Wenk: knip en plak die 9-punte lysie hierbo in jou e-pos vir elke inskrywing) - Foto’s moet 300dpi en groter as 2MB en verkieslik kleiner as 10MB wees.
- Alle metadata moet sigbaar wees.
- Slimfoonfoto’s moet op die skaal 3:4 geneem wees. Ons aanvaar geen volraamfoto’s nie.
- Slimfoonfoto’s moet sonder filters en spesiale effekte geneem wees.
SA Jagters Fotografieklub
Die Fotografieklub se aanlyn platform staan nou op 2116 lede. Die Fotografieklub se amptelike doen en late is vir eers op die Facebook-platform. Kliek hier om by die Facebook-groep aan te sluit en nooi gerus mense uit.
Die Fotografieklub se Facebook-hoogtepunte verskyn op die SA Jagters webwerf onder Photo blog hier.
Kliek hier vir die Fotografieklub se etiket en Facebook-reëls.
- Foto-uitdaging
#mytuisdorp – April/Mei:
Die April/Mei foto-uitdaging se tema was #mytuisdorp en sowat 60 foto’s inskrywings is geplaas.
Die top 25 galery is hier op Facebook en hier op die SA Jagters webwerf te sien.
Die wenner van die uitdaging is Rachelle van Niekerk, met ‘n fantastiese van 2 uile op ‘n waterspil naby Hartswater, teen ‘n skouspelagtige sonsak toneel. Kliek hier om die wenaankondiging en foto op Facebook te besigtig.
#koud – April/Mei:
Die Junie/Julie foto-uitdaging se tema is #koud. Ons almal kry koud, maar dit beteken nie ons hou op om fotos te neem nie! Die koue bied ’n geleentheid om iets anders om vas te vang. Dalk die spierwit jagveld of skietbaan, yskristalle aan plantegroei of ‘n draad, wys ons wat jy doen om warm te bly.
Kliek hier vir die Facebook skakel. Kliek hier vir die SA Jagters webwerf skakel.
Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
1) dit moet ʼn foto van enigiets wees wat volgens jou, jou tuisdorp uniek maak: die natuurlewe, die mense, jou werksplek, die kultuur, landmerke, monumente, ens.
2) een foto per plasing/inskrywing,
3) geen beperking op die hoeveelheid plasings of inskrywings per lid nie,
4) deelnemer moet ‘n lid van SA Jagters en/of van die SA Jagters Fotografieklub wees,
5) die foto moet deur jouself wees,
6) merk die foto #koud (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
7) inskrywings moet die volgende insluit:
*opskrif/titel van jou foto
*plek waar die foto geneem is
*wanneer die foto geneem is
*kamera- of slimfoonmodel
*kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed), maar nie vir slimfone nie.
SA Jagterslede wat nie ʼn Facebook-profiel het nie, maar ook aan die uitdaging wil deelneem, kan inskrywings stuur na sahuntphoto@gmail.com met #koud in die onderwerpslyn.
Aan die einde van Julie, dus is daar weer meer tyd vir hierdie uitdaging, kies die groep se admin die beste foto’s wat op die Facebook-groep se blad en in ‘n galery of die webblad sal verskyn. Lede kies die wenner. Die boekprys vir die wenner van die foto-uitdaging, geborg deur SA Jagters, sal in Augustus aangekondig word.
- Fotografieklub Bladomslag
Plus/minus elke 2de week kies die admin ʼn nuwe bladomslag vir die Fotografieklub se Facebook-blad. Lede is baie trots wanneer hulle foto’s gekies word vir die bladomslag. Dit hou die plasings van foto’s ook baie interessant.
Ons soek horisontale foto’s wat eenvoudig dog treffend is met genoeg spasie vir bewoording. Lede is welkom om hulle foto’s te deel en te merk #bladomslag of #coverpic.
Die nuutste bladomslag is die deur Marius Taljard geneem, kliek hier om die foto op Facebook te besigtig.
Van die vorige foto’s wat nog nie voorheen in die nuusbrief genoem was nie, is soos volg.
Kliek hier vir Rachelle van Niekerk se foto van die 2 uile teen sonsak op Hartswater op Facebook.
Kliek hier vir Stephnie Maree se foto van haar tuisdorp Clarens op Facebook.
Kliek hier vir die 2022 Bladomslag-album wat opgedateer is en hier vir die 2021 Bladomslag-album op die webwerf.
- Fotografieklub Mini foto-uitdaging
Dis koud en ons hou van bederf en lekker eet. Deel met ons wat maak julle in die kombuis, langs die braaier of in die veld. Enige fotos van kosmaak, braai, bak en brou gedurende die koue maande. Daar is geen wenners nie, net ‘n geleentheid om foto’s te neem en gesellig te deel! Deel die foto’s op die Fotografieklub se blad en merk dit #lekkereet. Klier hier vir die Facebook skakel.
POPI wet op kommunikasie
SA Jagters lede kan hier hulle nuusbriefopsies bestuur om te verseker dat hulle die maandelikse fotografienuusbrief ontvang. Die nuusbrief sal nog net ʼn paar keer onder algemeen verskyn, maar sal mettertyd onder die nuuskategorie Photography uitgestuur word.
Rig alle fotografie-navrae aan Marette Bennett by sahuntphoto@gmail.com of skakel gedurende kantoorure 082 553 4719.
Vriendelike groete
Marette Bennett
SAJWV-SAHGCA Fotografie administrasie en koördineerder