Die SA Jagters Fotografieklub is goed op dreef en die ledetal groei daagliks. Die SA Jagters Fotografieklub is oop vir alle lede van SA Jagters, asook familie en vriende wat die SA Jagters se belangstelling en waardes deel. Kliek hier om aan by die Facebook groep aan te sluit and nooi gerus mense uit om aan te sluit.
Die klub se Junie-foto-uitdaging tema was #stofpad. Lede het meer as 120 foto’s van `n stofpad, grondpad, tweespoorpad, sandpad, modderpad vir die uitdaging gedeel. Die wenner van die beste #stofpad foto was Martiens Enslin. Baie geluk Martiens, jou boekprys, Kalahari Photo Tips deur Hannes Lochener, voorsien deur SA Jagters, is op pad na jou toe. Kliek hier om Martiens se #stofpad foto te sien.
Die tema vir die Julie foto-uitdaging is #big3. Die uitdaging se reëls is eenvoudig:
*dit moet `n foto van `n olifant, buffel of renoster wees
*merk die foto #big3 (sodat admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand)
*sluit die foto se inligting – waar (renosters net provinsie), wanneer, kamera of slimfoonmodel en kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) by die foto in.
Die prys vir die Julie-foto-uitdaging sal later die maand op die blad bekend gemaak word.
Opleiding is een van die voordele van klublidmaatskap. Die eerste aanlyn-opleidingsessie met die onderwerp Fokus en sluiterspoed gaan op Vrydag 16 Julie van 19:00 tot 21:00 en weer op Saterdagmiddag van 15:00 tot 17:00 aangebied word. Die eerste gedeelte van die sessie is `n lesing oor die onderwerp en tweede gedeelte is in die vorm van `n vraag-en-antwoord sessie. Bywoning is gratis, maar lede moet vooraf registreer deur `n e-pos na sahuntphoto@gmail.com te stuur waarin hulle ook aandui watter een van die twee sessie hulle wil bywoon.
Enige klub navrae kan aan sahuntphoto@gmail.com gestuur word.
SA Jagters Fotokompetisie
Die SA Jagters Fotokompetisie het in Junie `n rekordgetal inskrywings ontvang waarvan 34 foto’s erkenning ontvang het. Die bestuur van die SA Jagters Amateur Fotokompetisie het besluit om die DSLR en mirrorless kameras se fotos en slimfoonfoto’s in 2 verskillende afdelings vir elke kategorie te plaas. Dit sal voortaan ook so hanteer word. Die hoofafdeling is die DSLR (digital single lens reflective) of mirrorless (spieëllose) kameras se inskrywings.
Goue DSLR erkennings is aan Edmund Hatting, Leon du Plessis, Mienkie Liversage en Tommy Liversage toegeken. Daar was ook 12 silwer DSLR erkennings, 5 brons DSLR erkennings, en 2 DSLR hoog noemenswaardige erkennings. In die selfoonkategorie, het 4 inskrywings silwer toekennings ontvang, 4 brons en 1 hoogs noemenswaardig. Die foto’s kan hier gesien word.
Die kategorieë vir inskrywings is soos volg:
1) Bewaring in aksie (DSLR of slimfoon)
2) Plant- en dierelewe (DSLR of slimfoon)
3) Ons kulturele erfenis (DSLR of slimfoon)
Kliek hier vir die reëls en meer inligting hier.
Stuur Inskrywings na sahuntphoto@gmail.com met die volgende inligting:
1) Naam en van
2) SA Jagters-lidnommer
3) Kontaktelefoonnommer
4) Kategorie waaronder die foto ingeskryf is
5) Titel en beskrywing van die foto
6) Plek waar die foto geneem is
7) Kamera en lens model / slimfoonmodel
8) Metadata mag nie geblok word nie
9) Geen handtekening, watermerke, filters of rame toegelaat.
10) Fotos moet 2 megabyt of groter wees
Fotografie opleiding
Om fotografie verder binne die vereniging te bevorder, het die bestuur van SA Jagters die bekende natuurfotograwe Marette Bennett en Brett Stanley van Refined Edges Wildlife Photography and Training genader om hul kennis tydens werkwinkels met lede te deel. Tommy en Miekie Liversage het in Maart die fotografiekursus `n toetslopie gegee en was aangenaam verras. Die foto’s wat hulle daarna in die Kgalagadi geneem het, is uit die boonste rakke en van glanstydskrifgehalte.
Vanweë die derde vlaag Covid-19 sal werkswinkels eers later in die jaar aangebied word wanneer dit weer veilig sal wees om so te doen. Die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs agt mense sal per werkswinkel akkommodeer word. Plek is dus beperk en belangstellendes moet vroegtydig `n kennis van belangstelling aan Marette Bennett stuur om teleurstelling te voorkom. Takke wat groepbesprekings wil doen, moet ook Marette Bennett kontak. SA Jagters-lede wat individuele private opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys. Belangstellendes en navrae kan `n epos stuur na Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com of skalel by 082 553 4719.
Vriendelike groete,
Marette Bennett
SAJWV-SAHGCA Fotografie Administrasie en koördineerder