• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Fotografie Nuus 2 September 2021

Fotografie Nuus 2 September 2021

Die SA Jagters Fotografieklub is goed op dreef en die ledetal groei daagliks. Die SA Jagters Fotografieklub is oop vir alle lede van SA Jagters, asook familie en vriende wat die SA Jagters se belangstelling en waardes deel. Kliek hier om by die Facebook groep aan te sluit en nooi gerus mense uit om aan te sluit.

Die Fotografieklub se Julie foto-uitdaging tema was #Big3. Lede het meer as 150 foto’s van olifante, buffels en renosters vir die uitdaging gedeel. Admin het die top 20 fotos gekies en lede het gestem vir hulle gunsteling foto. Die wenner van die beste #Big3 foto was Sarel van der Westhuizen. Baie geluk Sarel, jou boekprys, Insider’s Guide to Top Wildlife Photography Spots in South Africa deur Shem Compion, voorsien deur SA Jagters, is op pad na jou toe.

Kliek hier om die top 20 #Big3 fotos op Facebook te besigtig.

Kliek hier om Sarel se ’Olifant in die stof foto op Facebook te sien.

Die tema vir die Augustus foto-uitdaging was #blomme en meer as 180 foto’s van die mooiste blomme ontvang.

Kliek hier om die top 30 #blomme fotos op Facebook te besigting. Die wenner van die #blomme foto-uitdaging is nog in die stem proses. Die Fotografieklub lede stem op Facebook vir die beste foto word die 4de September op Facebook aangekondig.

Die September foto-uitdaging se tema is #voëls:

Die foto-uitdaging se reëls is eenvoudig:
*dit moet `n foto van `n voël of ‘n groep voëls wees,
*merk die foto #voëls (sodat die admin dit maklik kan vind aan die einde van die maand),
*sluit die foto se inligting – waar, wanneer, kamera of slimfoonmodel en kameraverstellings (F-stop, ISO, sluiterspoed) by die foto in.

Die prys vir die September foto-uitdaging is die pragtige boek: Insider’s Guide How and where to Photograph Birds in Southern Africa.

Klier hier vir meer inligting op Facebook.

SA Jagterslede wat ook nie aan Facebook behoort nie en ook aan die uitdaging wil deelneem kan ‘n e-pos stuur na sahuntphoto@gmail.com vir meer inligitng, of stuur fotos met #voëls in die onderwerplyn, saam met al die foto-inligitng en persoonlike inligting.

Fotografieklublede se fotos kom ook in aanmerking om op die groep se Facebook bladomslag te verskyn. Elke 2 weke kies die admin `n nuwe bladomslag. Die admin soek fotos wat eenvouding maar treffend is, horisontaal, met genoegsame spasie vir bewoording. Kliek hier oor hoe om in aanmerking te kom vir die bladomslag.

Die nuuste bladomslag is die pragtige flamink foto van Pieter Johan Du Plessis. Kliek hier hierdie besondere foto te besigting.

Die vorige bladomslag was die pragtige blom en skoenlapper foto van Borrie Andries Bornman. Kliek hier https://web.facebook.com/groups/httpswww.cw.co.za/permalink/3112380715744527 om hierdie besondere foto te besigting.

Eersdaags sal al die fotogallerye hier bo genoem, ook op die SA Jagters webblad verskyn.

SA Jagter Fotografie-opleiding

Deel van die inisiatief om fotografie in die Vereeniging te bevorder is opleiding. Gereeld word daar fotowenke op die Fotografieklub se blad geplaas. Kliek hier en volg die #fotowenke skakels om al die wenke te lees. Binnekort sal die fotowenke ook op die webblad verskyn onder fotofrafie.

Die 2de aanlynsessies met die tema ‘’Plaasing, knip en komposisie’’ het reeds plaasgevind met 20 deelnemers oor 2 sessies. Die volgende aanlynsessie met die tema `Beligtingsmodes’ (exposure modes) vind plaas Vrydag, 16 September vanaf 19h00 tot 21h00 en word herhaal Saterdag, 17 September vanaf 15h00 tot 17h00 via Zoom. Om te registreer vir die aanlynsessie, stuur `n epos aan sahuntphoto@gmail.com met die datum van jou keuse. Aanlynsessies is gratis vir SA Jagters lede en Fotografieklub lede.

Werkswinkels sal vanaf Oktober aangebied word, maar onderhewig aan die Covid-19 omstandighede. Datums sal einde September bekend gemaak word. Die bestuur het ‘n aansienlike 25% afslag vir SA Jagters-lede beding. Die twee-dag werkswinkel kos R2800 vir lede en R3800 vir nie-lede. Dus is dit voordelig vir familie en vriende om aan te sluit by die Vereniging om hierdie voordeel te kan benut. Slegs agt mense sal per werkswinkel akkommodeer word. Plek is dus beperk en belangstellendes moet vroegtydig `n kennis van belangstelling aan Marette Bennett stuur om teleurstelling te voorkom. Takke wat groepbesprekings wil doen, moet ook Marette Bennett kontak. SA Jagters-lede wat individuele private opleiding verkies, kom in aanmerking vir 15% korting op die gewone prys van R4800-00. Belangstellendes en navrae kan `n epos stuur na Marette Bennett sahuntphoto@gmail.com of skalel in kantoorure by 082 553 4719.

Vir inligting oor wie die aanbieders is en om hulle werk te besigtig kliek hier Marette Bennett, Brett Stanley en Refined Edges Wildlife Photography and Training.

SA Jagters Fotokompetisie

Die SA Jagters Fotokompetisie het vir Julie weer `n rekordgetal inskrywings ontvang waarvan 35 foto’s erkenning ontvang het. Die bestuur van die SA Jagters Amateur Fotokompetisie het besluit om die DSLR en mirrorless kameras se fotos en slimfoonfoto’s in 2 verskillende afdelings vir elke kategorie te plaas. Dit sal voortaan ook so hanteer word. Die hoofafdeling is die DSLR (digital single lens reflective) of mirrorless (spieëllose) kameras se inskrywings.

9 Goue DSLR erkennings is uitgereik aan die volgende lede Edmund Hatting, Sarel van der Westhuizen, Sasha Mulder, Rachelle van Niekerk en Mienkie Liversage. Daar was ook 13 silwer erkennings, 9 brons erkennings, en 4 hoogs aanbeveelde erkennings. In die selfoonkategorie, het 2 inskrywings silwer toekennings ontvang en 2 brons. Die foto’s kan hier gesien word.

Augustus se fotokompetisie-inskrywings word nog beoordeel en die toekennings sal binnekort aangekondig word.

Die kategorieë vir inskrywings is soos volg:
1) Bewaring in aksie (DSLR of slimfoon)
2) Plant- en dierelewe (DSLR of slimfoon)
3) Ons kulturele erfenis (DSLR of slimfoon)


Kliek hier vir die reëls en meer inligting hier.

Stuur Inskrywings na sahuntphoto@gmail.com met die volgende inligting:
1) Naam en van
2) SA Jagters-lidnommer
3) Kontaktelefoonnommer
4) Kategorie waaronder die foto ingeskryf is
5) Titel en beskrywing van die foto
6) Plek waar die foto geneem is
7) Kamera en lens model / slimfoonmodel
8) Metadata mag nie geblok word nie
9) Geen handtekening, watermerke, filters of rame toegelaat.
10) Fotos moet 2 megabyt of groter wees

Alle fotografie navrae word gerig aan Marette Bennett per e-pos sahuntphoto@gmail.com of skakel in kantoorure 082 553 4719.

Vriendelike groete,

Marette Bennett

SAJWV-SAHGCA Fotografie Administrasie en koördineerder

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles