Balfour
Chairman / Voorsitter:
Gerhard Harmse (084 206 4452)
e-mail / e-pos
Bestuurskomitee
Voorsitter | Gerhard Harmse | 084 206 4452 |
Ondervoorsitter | Pieter de Villiers | 082 895 8442 |
Tesourier | Theo Pretorius | |
Sekretaris | Lemont Kriel | |
Skietkoordineerder | Chris du Plessis | |
Senior opleier | Pieter de Villiers | |
Junior opleier | Ignatius Ellis | |
Junior opleier | Willie du Plessis | |
Trofeebeampte | Ruan Botha | |
Bewaring | Theo Pretorius | |
Skietbaan | Chris Diedericks | |
Gekoopteerde lid | Frikkie Botha | |
Sosiaal |
Algemene nuus
Skietaangeleenthede
Ons is baie dankbaar vir die goeie opkoms by die takskiet op 14 Maart 2020.
Die oggend is begin met ‘n handwapenposliga, gevolg deur ‘n vlakvark- en gemsbokskietoefening op 400 meter volgens die rooijakkalsskietoefening se reëls. In die vlakvarkskietoefening het Robbie Hall, Pieter de Villiers en Gerhard Harmse onderskeidelik eerste en derde plekke geskiet. In die gemsbokskietoefening het Henk Calitz ʼn eerste plek behaal, en Theo Pretorius en Kirri Krugel het gesamentlik 2de geëindig. Gerhard Harmse en Pieter de Villiers het eerste plekke in die posliga handwapen SG01 -A/B/C geskiet.
Baie dankie aan ons baanoffisier en baanbeamptes wat dien gedoen het tydens die takskiete.
Duiker-tak wens ons streekskietspanne alle voorspoed toe vir die 2020 seisoen.
Ons moedig lede aan om hulle gades en juniors aan te spoor om deel te neem aan hierdie gesinsaktiwiteit. Sluit aan en raak betrokke.
Skietbaanontwikkeling
Duiker-tak het toestemming gekry om die skietbaankompleks verder te ontwikkel. Tydens ‘n spesiale bestuursvergadering op 16 Maart 2020, is ‘n kontrakteur goedgekeur om ‘n verdere skietbaan op te rig vir handwapen- en randslagdissiplines. Die skietbaan behoort binne die volgende paar weke gereed te wees. Ons wil weer eens ons dank betuig aan Kierrie Krugel wat ingestem het om grond af te staan vir hierdie ontwikkeling.
Toekomstige skietdae
Duiker-tak se volgende takskietdae vind plaas op 9 Mei.
Ons begin die oggend met n inskietgeleentheid waarna ons posligas, juniors en jaggebaseerde skietoefeninge aanbied.
Ons nooi die eggenote en juniors om te kom deelneem asook enige belangstellendes uit die gemeenskap. Ons wil graag almal akkommodeer.
Besoekers is ook welkom.
Voëljag geleentheid
Duiker-tak se bestuur sal duifskietgeleenthede op sosiale media kommunikeer.
Dankie aan Gert le Roux wat aan Duiker-tak se lede die geleentheid bied om duiwe op sy grond te kom skiet.
Bemarking
Tak-hemde, -hoede en -handdoeke kan bestel word by Paulette.
Bewaring
Duiker-tak het 20 inheemse bome laat aanplant om met stofbeheer in die Balfour-omgewing te help.
Program 2020
07-Apr | Bestuursvergadering |
09-Apr | Ledevergadering |
11-Apr | Takskietbyeenkoms |