• Home
    • SA Hunters’ Policy and Position Statements
      Conservation Initiatives
      Working Groups
      Biodiversity Economy
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Legislation and Policy Framework
      Research and Innovation
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      International Engagements
      Conservation Committee
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Awards
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Tinyarhi Trust
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      News
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
      Media Resources
    • Hunting News
      Hunting Articles
      Hunting Licenses and Proclamations
      Pig Meat Transport Permits
      SAHGCS Hunters' Guild
      SAHGCS Hunters's Code
      Hunting Destinations
      International Affairs
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.
    • Shooting Exercises
      Shooting News
      Shooting Articles
      Shooting Competitions and Awards
      Shooting Groups
      Reloading
    • What We Offer
      Defending Your Rights
      Fire-arm License Applications
      Fire-arm License Renewals
      Dedicated Status
      Dedicated Sport Shooter Status
      Motivations and Endorsements
      Reloading
      Position on Lead Ammunition
      Shop
      SA Jagters-Hunters Winkel
      FAQ's
      Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit.

Aktiwiteite by SAJWV takke

Die vindingryke oplossings wat takke landwyd vind om te verseker dat hul diens lewer aan hulle lede is verstommend. Vrystaat Sandveld by Soutpan is een van die plattelandse takke wat primêr ’n boeregemeenskap bedien. By hierdie tak is ’n skietdag meer as net ’n paar manne wat saam kom op ‘n skietbaan. Hele families word betrek en na die skiet word die braaivleisvure aangesteek en ’n kort ledevergadering word gehou waar die lede ingelig word oor die jongste verwikkelinge binne die tak, die SAJWV ens . ’n Vergadering by ’n skietdag, sal die meeste stedelike takke vra? Om die vraag te verstaan moet mens besef dat die meeste stedelike takke hul skietdag op ’n Saterdag en ’n ledevergadering op ’n weeksaand het. Vir boere wat dikwels ver moet ry na hul takaktiwiteite op grondpaaie en met die veiligheidsituasie op plase is dit nie altyd prakties om in die aand weg te wees van die plaas en hul families nie. Die Vrystaat Sandveld tak en ander plattelandse takke het dus ’n oplossing gevind vir hul unieke probleem!

Uit bogenoemde raak dit duidelik dat die takke van die Vereniging in meer as een opsig van mekaar verskil. Vir ’n lid wat elke dag van die week in ’n kantoor in die stad werk is dit heerlik om eenkeer ’n maand op die skietbaan te kom en dan wil hy verkieslik fokus op die skiet en gesels met sy vriende en is ’n vergadering die laaste ding waaraan hy wil dink. ’n Tweede kuier saam by ’n ledevergadering op ’n weeksaand is tot ’n mate makliker om by te woon as dit vergelyk word met die omstandighede van die boere. By die Oos-Rand tak woon tot 300 lede so ’n vergadering by op ’n weeksaand om te gaan luister na ’n gasspreker of ’n aanbieding oor wildsvleisresepte of om te kyk na ’n demonstrasie van wildsvleisverwerking en na die tyd heerlik saam te kuier om ’n braaivleisvuur met “jagstories.”

By die Marico Bosveld tak by Rustenburg word die skietbaan ook gebruik as spil waarom alle aktiwiteite draai, maar hier word dit ’n stap verder gevoer deur samewerking met al die ander “skietgroepe” in die gemeenskap soos Praktiese Pistool en Boogskiet. Vir die rede is hierdie tak se skietdae ’n kombinasie van jaggeweer, praktiese handwapenskiet, haelgeweer, randslaggeweer, luggeweer en selfs boogskiet, m.a.w. elke denkbare skietsport word hier aangebied op ’n skietbaan wat deurlopend ontwikkkel word. Dit is dan ook geen verrassing dat die tak se bywoning deur lede van skietdae in vergelyking tot die totale hoeveelheid lede van die tak die hoogste van al die Vereniging se takke is nie!

Elkeen van die Vereniging se takke is uniek wat hulle omstandighede en lede betref, maar daar is raakpunte. Suid Afrikaanse jagters deel ‘n kultuurgeskiedenis op ‘n opwindende kontinent so ver dit jagters betref, en vir daardie rede het hulle ‘n gemeenskaplike belang en passie vir die natuur, vuurwapens en jag. Deur te fokus op die belange en dit aan op ‘n interressante wyse te bied, kan takke hul lede effektief bedien.

Gedurende Maart 2014 is twee nuwe takke van die SAJWV gestig: Tak no 72 van die SAJWV is te Secunda gestig op Dinsdag, 4 Maart 2014. Die tak staan bekend as die Houtkapper tak en hulle takkenteken is die Kuifkop houtkapper. Die Houtkapper tak bedien die Secunda, Evander, Kinross, Trichardt, Leandra, Eendrag, Charl Cilliers en Devon gebied en vorm deel van die Mpumalanga Suid streek van die SAJWV. Die skietbaan van die Houtkapper tak is op die plaas Holfontein, 10 km wes van Trichardt langs die N17.

Tak no 73 van die SAJWV is te Vanderkloof gestig op Saterdag, 22 Maart 2014. Die tak sal bekendstaan as die Bloukrans tak en hulle takkenteken is ‘n Witkruisarend in vlug met die Vanderkloof damwal in die agtergrond. Die Bloukrans tak bedien die Vanderkloof, Petrusville, Hopetown, Luckhoff, Koffiefontein en Orania gebied en vorm deel van die Vrystaat streek van die SAJWV. Die skietbaan van die Bloukrans tak is op die plaas Bloukrans in die Luckhoff distrik, van Rikus Stander, een van die takbestuurslede.

Albei die takke het ten tye van hul versoek om ‘n tak te stig, nog nie ‘n skietbaan gehad nie. ‘n Lewensvatbare skietbaan is ‘n voorvereiste vir takstigting. Vir die twee gemeenskappe was dit ‘n uitdaging en nie ‘n probleem nie en gedurende die periode wat hulle as satelliettakke bedryf is, het hulle met groot entoesiasme hul eie skietbane gebou en van meet af het hulle goeie bywoning van skietdae gerapporteer. Dit is besonderse toewyding en toon weereens waarom SA Jagters op takvlak so suksesvol is – ons lede het ‘n passie vir die Vereniging en laat niks in hul pad kom om ‘n doelwit soos takstigting te bereik nie.

Op Kathu in die Noord Kaap is die Gamagara tak met een van die mooiste skietbane in die land – ‘n 1000m “Bisley” tipe skietbaan – met elkeen van die skietpunte ‘n grasperk en ‘n ten volle ontwikkelde klubhuis en braai fasiliteite. Dit word alles deur die Sishen myn in stand gehou vir die mynpersoneel. ‘n Entoesiastiese lid van die tak was instrumenteel in die stigting van die tak en ‘n staaltjie wat hy my ‘n paar jaar gelede vertel het, is wat my betref tipies van wat deurlopend in die Vereniging gebeur. The volgende is in breë trekke wat hy my vertel het gedurende ‘n besoek aan die Kathu satelliettak. ‘n Paar jaar gelede toe hy 25 jaar oud was, is sy moeder oorlede en hy het gesoek vir ‘n stokperdjie om sy Pa mee besig te hou, iets wat hulle saam kon doen.

Volgens Jaco Goosen het die twee van hulle gholf en visvang probeer en hulle het geeindig by jag en het nog nooit weer teruggekyk nie. Die geleentheid om in die natuur te wees, om te skiet en jag en soms net saam in die natuur te wees, of saam by takaktiwiteite, het hulle laat besef hoe baie hulle daarvan hou. Ek was bevoorreg om hulle saam te sien, die band tussen pa en seun wat so bekend en so kosbaar is. Intussen is Jaco se Pa oorlede, maar ek weet dat Jaco aangename herinneringe het van die tye saam met sy Pa. Hierdie gedeelde tye en belangstellings gebeur by elkeen van die takke van SA Jagters, is dit nie iets wat ons moet koester en op voortbou nie?

Aan elke persoon by die takke wat hulle tyd vrylik gebruik om die takke te bestuur en aktiwiteite aan te bied, dit is baie moeilik om u behoorlik te bedank, ek gaan steeds probeer! Dit is as gevolg van u dat ons sukses stories sien soos die paar wat ek hierbo aangedui het (daar is baie ander), u maak die verskil, klein of groot, DANKIE! Die takke van die Vereniging is gebou op u bydraes, u bywoning van skietdae, ledevergaderings, gemeenskapsprojekte ens. Die takke, die lede en elkeen van hul aktiwiteite is die hartklop van SA Jagters!

Share This Article

Share on whatsapp
Share on facebook
Share on linkedin

More Articles